Derduisende SA’ners met ‘skelmpies’ dalk ontbloot

'n Skermskoot van die webtuiste.

‘n Skermskoot van die webtuiste.

Derduisende Suid-Afrikaners wat geregistreer is op ʼn webwerf waar getroudes ʼn ‘skelmpie’ kan soek, se besonderhede kan moontlik bekend gemaak word ná ʼn kuberaanval.

Avid Life Media (ALM), wat die webwerf ashleymadison.com besit, het bevestig dat kuberkrakers toegang tot die persoonlike inligting van sy kliënte gekry het. Die kuberkrakers dreig nou glo om die inligting bekend te maak. Die webtuiste ashleymadison.com moedig buite-egtelike verhoudings aan en het glo sowat 40 miljoen lede regoor die wêreld.

RDM berig intussen tot 175 000 Suid-Afrikaners is op dié webtuiste geregistreer. Volgens ALM is ʼn tegnologieveiligheidsfirma aangestel om die saak te ondersoek.

KrebsonSecurity, wat eerste berig het oor die kuberaanval, het gesê die kuberkrakers is ʼn groep wat na hulself verwys as “The Impact Team”. Die kuberkrakers dreig glo om al die persoonlike inligting bekend te maak indien die webtuiste nie totaal verwyder word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

tinkerbell ·

Publiseer die name…….. huwelik is daar om ge eerbied te word. Nie om agter eggenote se rug te rinkink nie !!

Marius ·

Ek hoop hulle maak die name bekend want my vrou dink mos ek kan nie ñ skelm kry nie…

Susan ·

Ek stem saam Publiseer die name sodat almal wat skelm verhoudings het n les geleer kan word .
Wonder hoeveel egskeidings dan ?? Hoekom trou of in verhouding wees as jy n skelm streek in jou het .

Francois ·

Susan en Charlotta..Kan julle met sekerheid se jou man is onskuldig…of is dit JUIS hoekom julle vra hulle moet nie name publiseer?

Korrelkop ·

As ‘n man honger is gaan nie eers dit hom stop nie. Dis verbasend dat eggenotes (manlike en vroulik) oor die draad eet.

Paula ·

Niks wat in die donker gedoen word sal in die donker bly nie!!! Als kom uit op n manier. Sies aan die mense wat getroud is en verneuk. Julle is pateties.

korrelkop ·

Jip Paula… Pateties met ‘n yslike glimlag. ‘n Mens kan dit onwettig maak, maar nie onpopuler nie. S.P.I.K.

Vic ·

Pateties, lafhartig en oneerlik. Nie mans genoeg om n openlike lewe te lei nie. Nie mans genoeg om te se ek’s nie gelukkig in die verhouding nie, ek soek iets meer. Nie mans genoeg om te skei voor jy n nuwe verhouding begin nie. As jy n harem wil aanhou, doen dit openlik. Maar nee. Sondag sit ons in die kerk. Sondagaand sit ons op die internet. Lamsakkig.

korrelkop ·

Vic se vrou was ook op die site? Ek dink hy reageer net te erg..

Paplepel ·

Ek het eendag êrens gelees die mense wat ander agter die deur soek staan gewoonlik self daar…..
As ek julle is sal ek nie so haastig wees om te vra dat die name gepubliseer word nie.

Sonja ·

Publiseer die name!GROOT JA. Dink baie van hulle worry nou, dit bly nooit n geheim nie. Praat van ondervinding – net vergeet om n boodskap te “delete”.

piet pomp ·

My vrou is niks, maar nou gaan my skelmpies van mekaar uitvind.

scalla ·

Publiseer maar die name, my vrou is in elk geval so vol draadwerk, ek het al n paar skelmpies huistoe gebring en sy hou nie van een van hulle nie.

Tonginniekies ·

Scalla, my vrou het ‘n pool boy gekry om die swembad skoon te hou. Ons het nie ‘n swembad nie. Dink jy ek moet worry?

CF ·

Tonginniekies
dis nou goed gese,ek het so gelag toe ek dit lees.
Skerp man skerp

Tonginniekies ·

Dol definisies:
Stress – Vrou is swanger
Angs – Skelmpie is swanger
Paniek – Altwee is swanger – Gaan na dieselfde voorgeboorte klasse toe

Lagmypapie ·

hahahahahahahahahahahahahahahahah. Geregtigheid. Dis toe nie nét ‘n mite nie;-)

vertel dit soos dit is ·

Ai dit sal wonderlik wees as die name bekend kan word !!!!! Alles wat in die donker gedoen word sal in die lig geopenbaar word.

Korrelkop ·

Meeste mense is op die site onder ‘n skuilnaam. En as jy ‘n gesig-foto hier plaas, is jy plein dom!

magriet ·

en almal wat hier kommentaar gelewer het sou presies dieselfde gevoel het as hul lewensmaat lid was van die webtuiste en nou met die sak patats vorendag moes kom?

Paul ·

Baie beter as om die laaste een te wees wat die nuus by jou vriende hoor omdat hulle jou kastig nie wou seermaak nie.

Se Maar Net ·

Hoekom getroud bly as jy wil rond neuk?? Magtig man staan jou man of vrou en se dat jy nie meer in die huwelik wil wees nie. Dan het jy nie nodig om soos ‘n “op hitte” hond te loop en jag nie!! Ek glo as jy in ‘n huwelik is, sal jy graag wil weet dat die persoon met wie jy getroud is wel “getrou” is. En nie soos ‘n skelm rond voeter nie!!!

neelsie ·

Doen dit asb!!
Egbreek word te ligtelik opgeneem.
Die huwelik is kosbaar, pas dit op ,dis die moeite werd.

Veronica ·

Ekt ook gesmile toe ek gister in nuusblad van dit lees , my eerste gedagte was . . . . daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie , en verborge wat nie bekend sal word nie ( LUK 12 : 2 ) kom ons bid dat hierdie huwelike die toets sal deurstaan en mense tot insig sal kom en wegdraai daarvan!!!!! Dit is verkeerd en baie van ons WAS of IS skuldig een of ander tyd in jou lewe. Dit bring geen geluk nie, wel n tydelike gevoel van opwinding en genot maar dit hou nooit ! Wie bluf jy eintlik , om grappies te maak oor die saak beteken net een ding . . . . . Jy keer dit goed en vrees GOD nie.

nig ·

Ek dink party mense het nou van skone stres ‘n hele paar kilos verloor!

Pieter dp ·

As daar n tekort is by die huis word dit stilweg aan gevul op die manier. Geen egskydings wat baie lewens totaal verwies nie. Dis los die skelimpies uit en werk eerder aan jou uie hiewelik. Dis dalk jou eie lewens maat wat ook daar op die netwerk hul self adverteer.

nig ·

Marie dan los jy hom! Dit is geen verskoning vir egbreuk nie. Doen die eerlike ding!

johanette ·

Ek kan nie glo dat mense geen waardes meer het nie. Almal dink dit is n groot grap maar
ek sal eerde baie skaam kry as ek besig is met sulke dinge, maar soos ek se hierdie mense het geen waardes nie. Dit is hoekom die Here ons mense so straf omdat hulle met alles wat verkeerd is besig is. Ek is seker as hierdie mense wat deel is van hierdie ding meer aandag aan hulle man of vrou gee en die tyd in hulle eie huwelike insit sal die wereld n beter plek wees. Maar die mense dink mos hulle kan alles van verkeerd is goed praat dan lag almal maar net daaroor. Wat word van ons mensdom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.