Derduisende staatsamptenare ly aan geestesafwykings

Argieffoto: http://www.empowermagazine.com/

Argieffoto: http://www.empowermagazine.com/

Tienduisende staatsamptenare ly aan chroniese geestestoestande, waaronder depressie, skisofrenie en bipolêre afwykings, maar is huiwerig om hul toestand bekend te maak.

Lede van die parlement is Woensdag deur die departement van openbare dienste en administrasie (DPSA) oor die jongste statistieke en uitkoms van ʼn evalueringsverslag ingelig. Die komitee oor openbare dienste en administrasie het veral die kwessie bespreek van die stigma verbonde aan hierdie toestande wat deur die DPSA as “gestremdhede” beskou word.

Die DPSA het gesê die omvattende verslag het getoon dat die departement ʼn werksmag van 50% vroue en 2% gestremdes het.

Volgens statistieke van die mediese skema vir staatswerkers (Gems) wat Woensdag bekendgestel is, ly 32 069 staatsamptenare aan chroniese depressie. Altesaam 5 837 werknemers is met bipolêre versteuring gediagnoseer en 727 werknemers ly aan skisofrenie. Die komitee is ingelig dat die persone wat met geestesafwykings gediagnoseer is, huiwerig is om dit te verklaar omdat dit as ʼn “gestremdheid” geklassifiseer word.

Peace Mabe, voorsitter van die komitee, het gesê die getal werknemers wat met geestesafwykings gediagnoseer is, is kommerwekkend. “Ek moet eerlik wees, dit is ʼn groot getal om in ag te neem, veral as ons mense in die openbare diens het wat chroniese medikasie vir geestesiektes gebruik. Dit is beslis ʼn kommerwekkende getal. Dit is nog erger dat hulle nie [die afwykings] onthul nie.”

Sy het gesê die komitee sal die departement moet ontbied om die parlement in te lig watter personeel-ondersteuningsprogramme veronderstel is om in elke departement in plek te wees.

Mashwahle Diphofa, die direkteur-generaal, het gesê Gems is op die been gebring om te verseker dat regeringsamptenare nie buite ʼn mediese skema val en derhalwe nie korrek gediagnoseer word nie. Hy het gesê die kwessie van depressie en die statistieke dui op die “probleem van onthulling”.

“Die getalle weerspieël nie noodwendig die volle prentjie nie,” het Diphofa gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Liewe lulu ·

Wie gaan nou die blaam daarvoor kry? Jan van Riebeeck of apartheid? Ek wag in spanning om te hoor

Landie ·

Ek dink dit is deesdae net heeltemal te maklik om iemand te diagnoseer met depressive!! Regtig, jy werk vir die staat en jy is depressief!!! Jy werk jou nie eers dood daar nie. Ek dink dis sommer ‘n strooi-storie!!!

Hansie ·

Ek glo nie daar is iets waaraan Zuma nie ly nie…of lui nie..skies, ek kan nie so lekker spel nie!!

CHRISTA ·

Ek dink Zuma het sy eie unieke variasie van geestesversteurdheid!!!

alida ·

Liewe hemel mense wat verwag julle? Die grootste nar is aan die stuur!!!!! Dit gaan egter my verstand te bowe dat die Ministers en kabitnetslede wat nog bietjie “normaal” is nie ingryp en die nar van sy pos verwyder nie. Waar is Trevor Manuel tog? Help ons net uit hierdie gemors!! Bennie Boekwurm het meer verstand en sou ‘n beter “job” gedoen het.

Peet Schabort ·

Trevor Manual alida ? Nee-wat jong !! Hy kon nie mooi uitmaak wat Deon Basson in briewe aan hom wou sê aangaande Sharemax. Gaan kyk gerus op die internet. Hy het jammerlik gefaal.

Dave ·

Jammerlik gefaal sê jy – beslis nie toe hy kar gekoop het nie!

Sue Theron ·

Nie alle staatsamptenare verdien klomp geld nie. Ons wat die werklike werk doen en nog oorlaai word kan aan stres ly. Ons werk baie hard en word oor die selfde kam geskeer as die nie werkende staatsamptenare. Glo my nie alle staatsamptenare sit heel dag en niks doen nie van ons moet die werk doen van die amptenare wat lekker werk in die staatsdiens.

Hansie ·

Sue, ons is deeglik bewus van die paar wat hul dood werk om die ander te dra!! Ons voel net gegrief dat van daai ander wat niks doen nie, meer verdien as die wat hul dood werk!!

Ghost ·

Sue stem met jou saam. Hulle wil so min as moontlik doen maar soek dieselfde geld as die bietjie wat alles doen. Ek sien dit daagliks. Kom elke ogend laat by die werk, sit heeldag en soliter speel op rekennaar, maar soek dan n goeie verslag vir bonus. Ek sit gereeld met my baas vas omdat sy eenvoudige oplosings nie eers kan verstaan nie, maar opdragte wil gee. So op die ou end doen ek die helfte van haar werk ook en die ander beampte sin want hy kom nie by als uit nie. Dink eerder ek moet afgeboek word vir stres.

Thomas ·

maak 100% sin. As mense aangestel word in werke waarvoor hulle nie gekwalifiseerd is nie, geen ervaring het nie en nie die kwlalifikasies nie moet iets oppak. Ons kan die resultate daarvan elke dag sien in die diesnslewering en korrupsie. So n persoon sal steel so vinnig en so veel hy kan omdat hy weet hy kan nie te lank in die werk bly waar hy nie die week kan doen nie… So eenvoudig as dit!

Gerhard Bezuidenhout ·

Behalwe vir n klompie hardwerkende staatsamptenare ly die groot meerderheid aan n nuwe gevaarlike siekte wat sedert 1994 die land getref het nl. gevreksiekte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.