Derduisende wil by polisiemag aansluit

Argieffoto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag gesê dat hy in die afgelope drie maande 517 000 aansoeke ontvang het van jong mense wat belangstel om by die polisiemag aan te sluit.

Volgens lt.genl. Bonang Mgwenya, adjunk- nasionale kommissaris vir menslikehulpbronbestuur by die SAPD, het die polisie in Mei vanjaar ʼn werwingsveldtog van stapel gestuur vir die 2018/2019- basiese polisie-leerontwikkelingsprogram. Dié program identifiseer leerlingbeamptes wat in Suid-Afrika se 1 146 polisiestasies reg oor die land geplaas kan word.

Volgens Mgwenya word kandidate wat voldoen aan die basiese vereistes onderwerp aan deeglike siftingsprosesse om hul geskiktheid as mans en vroue in blou te bepaal.

Mgwenya het gesê minstens 63 000 aansoekers het reeds psigometriese toetse afgelê. Diegene wat dié toets slaag, sal dan fiksheidsevaluerings en ʼn finale mediese ondersoek ondergaan.

Mgwenya meen dat die hoë aantal aansoeke wat ontvang is ʼn aanduiding is dat jong mense gereed is om hul rol in die stryd teen misdaad te speel. “Jong mense is gereed om die mense van Suid-Afrika te dien en te beskerm,” het sy gesê.

Mgwenya het gesê dat suksesvolle kandidate in al drie assesserings teen 1 Desember skriftelik en telefonies in kennis gestel sal word. Kandidate word op grond van meriete gekies na aanleiding van hul sukses in die drie assesseringsprosesse. Inskrywings het reeds op 15 Junie gesluit en aansoekers wat nie binne drie maande van dié datum terugvoer ontvang nie, kan aanvaar dat hul aansoeke nie suksesvol was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

koos ·

Om die mense in Suid Afrika te dien en te beskerm, bwahahaha what a joke, jy kry n badge ,gun en bakkie om mee rond te rits en bribes in te palm

Lourens ·

Is daar enige inligting oor hoe die Polisie diens diskrimineer in terme van velkleur? Is dit ‘n bleangrike oorweging of is alle rasse en velkleure welkom om aan te sluit.

Stuiwer ·

Lourens, ek en jy weet wat die antwoord op jou vraag is……

Colleen ·

Elke Jan Rap en sy maat wat nie werk kry nie doen seker aansoek. Vir die meeste gaan dit oor die voordele en nie om hul land en gemeenskap te dien nie.

Aitoggie ·

Netso Colleen. Daars nie ander werk nie, nou doen hulle maar aansoek by die SAPD, nie om die land te dien nie. Hulle sien hoe lekker gaan dit in die SAPD.

Dereck Le Roux ·

Kandidate van voorheen swart benaadeelde gemeenskappe wat kriminele rekords het sal outomaties voorkeur geniet.

Hans ·

Wonder hoeveel van die aansoekers uit die minderheid bevolkingdgroepe sal uiteindelik aangestel word.

Stella ·

Hulle moet net op die toneel van misdaad wees, as ander polisie daar aankom. Dit is soos dit werk in SA nou

Lee ·

Ag asb nog ‘n lot useless aanstellings!! Ons Polisie mag val uitmekaar uit. Die wat reeds daar is sit net en slap en wys mense weg want papierwerk en skryf is nie vir hulle nie. SAPD is ‘n disgrace vir SA!!

Jakalas ·

Het hulle nog geld oor om hierdie manne en dammes in blou te betaal? Hulle gaan nie hulle lewens op die spel sit vir peanuts nie.

Hanna Hoekom ·

Glo my, dit het niks met die bevegting van misdaad of die dien van die gemeenskap te doen nie! SAPS is verrot tot op die been. Staan selfs handjies gevou terwyl grondgrypers hul bose dade pleeg. Dan praat ons nie eens van die verkragters en transito rowers in hul midde nie…

Theresa B ·

Vir al die verkeerde redes ja……………………!!!!

Christine ·

My seun en sy nefie was in dieselfde sessie vir die psigometriese toetse. Albei nie geslaag nie. N vriend van my seun n week daarna ook nie geslaag nie. Wonder hoekom..

Mag ·

Christine jy kan ophou wonder hoekom nie, ons almal weet hoekom ons kinders nie die keuring slaag nie,dit is voor die hand liggend. Jammer vir die seuns hul sou tien teen een wonderlike polisie lede gwewees het.

Kapenaar ·

Wel, dit is seker een van die beste poste tans in SA. Jy sluit aan as krimineel, kry ‘n voertuig en ‘n wapen, en as jy goed genoeg is met jou rooftogte, kry jy ‘n rang ook!

Illa Conradie ·

Is dit nou almal wat nie deur die privaat sekuriteitsfirmas aanvaar is nie? Daar moet hulle darem af en toe iets kan doen.

Petro ·

Doen tog net eers sekerheids klarings voor julle die mense aanstel daar is genoeg kriminele in die polisie mag en hulle gee die eerlike polisiemanne n slegte naam my 2 seun was eers goed geondersoek voor hulle aangestel is ek onthou een van die vrae wat gevra is hou hy van geld en vandag is dit aan die orde van die dag hulle verkoop hulle siele vir geld

Tian ·

Kwaliteit bo kwantiteit asseblief SAPD! Werkloosheid is ‘n groot probleem in Suid Afrika, die werklose mense kyk na die staat vir ‘n uitkoms. Die staat betaal ook baie goed! Dit sou beter wees om werkskepping op ander metodes te bevorder wat ook ‘n inkomste kan genereer soos bv infrastruktuur, fabrieke, ens kyk net wat gaan met transnet aan!

J van Rustenburg ·

Die hoe aansoeke wys net die desperaatheid van mense jong mense om werk te kry As dit regtig op meriete gedoen word kan hulle kies en keur wie hulle aanstel Help my net met 1 vraag Is dit nie so dat wit mense nog steeds nie bevordering kry in Saps nie As dit waar is mors wit mense mos nou hulle tyd om aansoek te doen

Te wit ·

My seun het 3 jaar na mekaar aansoek gedoen om belaglike redes afgekeur Royal Navy in UK hom met ope arms aanvaar

Adri ·

Hi daar
Kan julle my dalk se hoe jou seun te werk gegaan het om by die Royal Navy aansoek te doen. My seun het ook by die Sapd aansoek gedoen sy toes geslaag maar is Afgegooi by die fiksheid agv sy Bmi , wat ons glad nie kan verstaan nie hy is 19 jaar oud hy is fiks en atleties gebou en oefen elke dag van sy lewe….
Dis heel duidelik dat ons hulle nie belang stel in ons kinders nie .
Laat weet asb dit sal hoog op prys gestel word.

Hannatjie ·

My suster se seun het ook nie sy psigometriese toetse geslaag nie. Te Wit, tot op watter ouderdom kan hulle ansoek doen by die Royal Navy in UK?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.