Dereguleer die petrolprys nóú – Solidariteit

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Solidariteit het Woensdag weer ʼn beroep op die regering gedoen “om sy vingers uit die ekonomie te hou” en burgers toe te laat om hul salarisse op hulself te spandeer, eerder as om dit in die staat se sakke te laat beland.

Die organisasie meen die petrolprys moet “onmiddellik” gedereguleer word, nadat ’n hooflyninflasiekoers van 5% vir September aangekondig is. ʼn Massiewe verhoging in die petrolprys word boonop reeds vir volgende maand voorspel weens die swak wisselkoers en stygende olieprys.

Die inflasiekoers is weereens heelwat hoër is as waaraan verbruikers oor die afgelope paar jaar gewoond geraak het, terwyl die voedselprysinflasie (7%) vir September hoër as die algemene inflasie is.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het die hooflyninflasiekoers op 4,9% in Augustus en 4,6% in Julie gestaan. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se doelwit is om ʼn gemiddel van 4,5% te handhaaf.

Elektrisiteit en ander huishoudelike brandstowwe het boonop die afgelope jaar met ʼn skrikwekkende 14% gestyg, terwyl die voertuigbrandstofinflasie met 19,9% gestyg het.

Solidariteit meen dié styging is die “ergste” en vestig die aandag dan op volgende maand se verwagte reusestyging in die brandstofprys wat Maandag aangekondig is.

“Juis daarom doen ons ʼn beroep op die regering om sy greep op brandstofpryse te laat vaar,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Du Buisson meen dit is van kardinale belang dat die belasting op brandstof onmiddellik verlaag moet word en dat die petrolprys ook gedereguleer moet word soos die dieselprys. Volgens hom sal mededinging in die petrolmark tot almal se voordeel wees.

“Brandstofprysinflasie sypel deur na amper elke ander produk in die inflasiemandjie, en daarom behoort dit die heel eerste plek te wees waar die regering ʼn verskil kan maak. Soos met amper alle regeringsingrype, is sy pogings om die bedryf te reguleer tot nadeel van almal in Suid-Afrika.”

Maroela Media het vroeër berig motoriste kan volgende maand moontlik weer ’n aansienlike styging in die brandstofpryse, van amper R1 in petrol en meer as R1 in diesel en paraffien, verwag.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het dié styging as katastrofies beskryf, veral in die lig van stygings die afgelope maande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tubac ·

Jy slaan die bal ver mis. Dit sal kompetisie bevorder. Ek sal brandstof ingooi by die motorhawe wat die beste prys gee per liter. Word al jare in die VSA gedoen.

Kokerboom ·

Die Staat is besig om die middelklas melkkoei “dood” te bloei net om hul skandalige onbeheersde uitgawerekening te laat klop! Dis net die gierige onbeholpe onbevoegde ANC regering wat so roekeloos kan optree! Vraag is: Hoe lank kan middelman dit nogso sito sito aanvaar?!!!

Kokerboom ·

Verklein die Staatsuitgawelas en verminder so afhanklikheid van brandstofheffings.Laat Sasol as buffer dien teen ekstreme buitelandse verhogings.

Tipper ·

Jy sal met hom niks kan begin nie,en jy sal met hom niks uitvoer nie.

Juffrou ·

Druk hulle vet vingers in ALLES! Sodat nóg meer in hulle sakke kan beland.

Papsak ·

Juffrou ek stem saam met jou hulle kan hulle lang vingers uit niks uit hou nie want hoekom hulle sakke moet vol wees

Annelize ·

Nee genade! Erens sal iets moet laat skiet, want die vet weet, ons begroting klop lankal nie meer nie, dit word net erger en erger.

JohanR ·

Nee Solidariteit hoe kan julle dit nou vra. Die kaders skep en vreet dan soe lekker!

Samuel ·

Besef Solidariteit nie dat hulle teen die wind skreeu nie? Hoe anders gaan die regering se geldsakke vol bly? Die spul binne die cANCer is korrup, verrot.

Snuffelgids ·

My wiskunde laat my in die steek, kan die parlement (nie soos JZ nommers probeer praat) dalk vir ons vertel hoeveel geld hulle reeds kry van brandstof? Dis elke liter van elke voertuig in die hele land, elke dag. Help my met daai wiskunde asb

Pierre ·

The total levies combined in 2021 are expected to deliver around R126 billion to government with around R83 billion coming from the GFL and R43 billion coming from the RAF Levy.

Pieter ·

Die anc kommuniste lag vir julle solidariteit en vir ons. Die sleg anc gee vir die taxis geld dit is hoekom nie n woord se nie. Maar die tyd toe NP aan bewind was en hulle sit die brandstof op het die taxis die tankers aan die beand gesteek. Praat gaan ons niks help nie dit is van al die gepraat dat ons in die gemors is.

Anoniem ·

Daar is 2 maniere hoe die brandstof prys verlaag kan word. Eerstens moet die staat hulle buitensporige heffings verminder en tweedens behoort daar ‘n realistiese minumum en maksimun prys op brandstof te wees wat die publiek in staat sal stel om te besluit wie se brandstof hy/sy gebruik.

Leeuwyfie ·

Kan iemand met kennis my uithelp asb. Indien die dieselprys gedereguleer is, hoekom dan ook die R1 styging. Wat sal deregulasie se voordele en nadele wees?

Wielspore ·

Soos Anton Goosen se liefdjie, Katastrofes.
Katastrofes vir die katte wat doof is, wat wel kan hoor, maar hulle luister nie.
Katastrofes vir die katte wat blind is, wat wel kan sien, maar hulle sien ook nie.
Regte beskrywing van ANC beleid, katastrofes.

Corne123 ·

Asb doen dit weet daar helewat groot koppe wat al lankal daarvoor vra.Mens kan dan ons eie SA vervaardige brandstof goedkooper in buurlande koop as in SA????????

Hardekwas ·

Ek het onlangs na die volgende verwys: die US$ prys per “barrel” is tans om en by 2,7 maal meer as in 1985, terwyl die Suid Afrikaanse petrolprys by die pomp tans sowat 20 maal meer is as wat dit in 1985 was. N absolute skande en skreiende diefstal van ons geld.

Winnie ·

Geluķkige inwoners wat naby die grense woon en brandstof spotgoedkoop daar kan kry. Ek verstaan ook nog nie hoekom die Sasol brandstof opgaan as die prysverhogings gebaseer is op die oliepryse van buite die land nie. Dit maak my kop plat .

Waarnemer ·

As die brandstofprys gedereguleer word,is die regering bankrot en hoe gaan onse presidente en ministers dan hul miljoene in salrisse ontvang…so dit sal nooit gebeur nie.

Michael ·

Die artikel skep die indruk dat die deregulering van die dieselprys ‘n positiewe ding is. Met die dieselprys wat gedereguleer is word die styging in brandstofpryse altyd voorgehou as verskoning vir die styging in alle ander produkte en dienste, terwyl die vervoer van produkte meestal deur dieselvoertuie gedoen word. Watter voordeel het die deregulering van die dieselprys dus ingehou vir die verbruiker? Help asb verduidelik iemand

Patrysie ·

Is die taxes wat ONS reeds Betaal op kos, klere , en’s: nie genoeg nie. Moet hule Nou al die kos uit die mense se monde ook vat?

Anthony ·

Sterkte Soldariteit & dankie, maar moenie hoe verwagtinge he nie. Hul doen niks vir enige iemand anders as hulself nie

Andre ·

Nee wat, Solidariteit. Die kudde het gewoond geraak daaraan. M?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.