Derek Hanekom bedank ook as LP

Derek Hanekom. Foto: Flickr/GovernmentZA

Derek Hanekom, voormalige minister van toerisme, het ook as ANC-LP bedank.

Die kantoor van die ANC se hoofsweep het bevestig dat hy Hanekom se bedankingsbrief ontvang het. Hanekom het vroeër gesê hy is gereed om binnekort met ʼn nuwe hoofstuk te begin, maar dat toerisme sy passie sal bly “ongeag waar ek my in die volgende paar weke bevind”.

Hanekom is tydens Ramaphosa se onlangse kabinetaankondiging met Nkhensani Kubayi-Ngubane as minister van toerisme vervang.

Sy bedanking kom nadat die ANC in die parlement vanoggend bevestig het dat Bathabile Dlamini, voormalige minister van vroue in die presidensie, as parlementslid bedank het.

Jeff Radebe, voormalige minister van energie, en Siyabonga Cwele, voormalige minister van binnelandse sake, het Maandag as LP’s bedank.

Susan Shabangu, oudminister van maatskaplike ontwikkeling, Nomaindia Mfeketo, oudminister van behuising, en Dipuo Letsatsi-Duba, oudminister van staatsveiligheid, het verlede week bedank.

Fikile Masiko het Shabangu vervang, Sfiso Buthelezi het Letsatsi-Duba vervang en Tashoganetso Tongwane het Mfeketo vervang.

Drie ANC-LP’s wat met die verkiesing as parlementslede aangewys is, het nooit hul setels opgeneem nie. Hulle is die voormalige minister van water en sanitasie en oudpremier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, die oudpremier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, en die voormalige omroeper Makhosini Nkosi.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PJ ·

Hierdie ministers bedank almal omdat hulle dan op ministers pensioen voordele aftree sou hulle aanbly as LP’s en dan bedank is die voordele nie so goed as minister nie so lag al die pad bank toe

waarheid ·

Jy is reg, PJ, dis ook duidelik in wie se kamp hulle was- waar dit te lekker gegaan het!!

Dries du Toit ·

Nog n witgesig weg. Is almal nou weg. Maar Gert Oosthuizen klou nog

Gaitsigubib ·

Jawat Anton, ek dink Dries het net verkeerd gespel, hy wou eintlik se “tweegesig”. Derek kan nou vir n aftree joppie nuwe liedjies skryf waar die boere beledig word. Hoewel kill the boer sy gunsteling is, is dit nou al bietjie afgesaag.

Sê ek ·

Ja ou Derek het gedink sy pad is met goud besaai by die ANC….!!
Lekker grootmond gehad voor die verkiesing, toe kry hy ook ‘n skop onder sy allie!

Mille ·

Laat my dink aan die storie van die Gemmerbroodmannetjie. Nou sal jy wegkom, maar slim vang op die einde sy baas!!

Karolis ·

Ek is vol hoop dat dit nou sal beter gaan sonder hierdie uhm… wat sal nou gepas wees?

Gert van Wierdapark ·

Asseblief MM – as daar more dalk nog n voor-malige mini-ster uit die tent tree, moenie weer al die ander se name herhaal nie =ons stel nie werklik in diegene belang wat nou op hul louere gaan Rus nie!

???? leser ·

ooo aaah ee-e, waar hardloop die aaa-ennn-chheee, se mense nou heen, word die wereld te warm vir julle of weet julle iets wat ons vermoed

Johanna Botha ·

Dank vader nou kan hy by ou Carl aansluit en ou Ace en Zuma verdedig …????????????

Wielspore ·

As bedanking beter voordele het as aftrede, sal ek ook die opsie vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.