Derick Hougaard in ongeluk

Derick Hougaard. Foto: www.eastertimes.co.za

Derick Hougaard. Foto: www.easterntimes.co.za

Die Blou Bul-liefling, Derick Hougaard, was Maandagaand in Johannesburg in ʼn botsing betrokke ná ʼn opname van SuperSport se gewilde program, SuperRugby.

Johnny Burger, Hougaard se vriend en woordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê buiten ʼn geringe sweepslagbesering en ʼn bietjie lyfseer, is hy andersins ongedeerd.

“Hy was op Marlboroweg op pad na die snelweg, toe hy by ʼn rooi verkeerslig agter ʼn voertuig van Netcare 911 stilgehou het,” het Burger gesê. “ʼn Bakkie het hulle glo nie sien stilstaan nie en het met ʼn hoë spoed van agter teen Derick se Toyota Land Cruiser gebots. Die botsing het veroorsaak dat Derick se motor die voertuig van Netcare 911 gering gestamp het.”

Paramedici van Netcare 911 het hom ondersoek en hy het nie hospitalisering nodig gehad nie.

Hougaard het kort ná middernag getwiet: “Dankie Netcare! Was in ʼn groot ongeluk. Julle was amazing. Waardeer opreg. Julle [het] almal harte van goud. Regtig dankbaar! God seën julle.”

Hy het ook ʼn pluimpie vir Toyota gehad en gesê vir dié vervaardiger gaan dit oor meer as net motors verkoop: veiligheid is die eerste prioriteit.

Volgens Burger is die bestuurder van die bakkie in die botsing beseer en hy is met ‘n ambulans van die toneel weggeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Suzy ·

Ek stem saam , hou net moed Derick waar daar n wil is is daar n weg. Elke donker wolkie het n goue randjie .
Ons is baie bly dat jy niks erenstigs oor gekom het nie. Hou vas aan jou geloof die Here doen nog wonders .
Sterkte Derick jy is n wonderlike mens .

Chris ·

Bly om te lees dit is darem nie ernstig nie. Ek lees gereeld Maroela nuus en vind dit aanvaarbaar MAAR, die gedurige herhalling van n Opskrif wat op dieselfde bladsy veskyn raak nou eerlikwaar onnodig.Hoe is dit moontlik dat sulke herhallings altyd moet verskyn en, dit is altyd dieselfde berig. Is daar n rede vir dit wat ons nie van weet nie? Vat nou die berig van Derick twee berigte wat dieselfde is op een bladsy????? Hoe verklaar Maroele dit

Sune van Heerden ·

Dagsê Chris

Dankie vir jou navraag. Ons is nie seker wat jy bedoel nie? Die artikel behoort definitief nie twee keer op dieselfde bladsy te verskyn nie.
Kan jy dalk ‘n skermskoot vir my aanstuur na [email protected] dat ek net kan sien wat loop waar verkeerd?

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Chris

Ons het ondersoek ingestel en ons vermoed die berig wys dalk twee keer op jou nuusblad omdat hy ook as die hoofstorie gemerk is.
Ons vra om verskoning as dit steurend is, maar binne ‘n paar stories behoort die “dubbelstorie” darem ver genoeg ondertoe te skuif!
Dis maar bloot om seker te maak dat iemand nie die hoofberig in die lys nuusartikels sien nie.

Ek hoop dit is ‘n verklaring!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Leeutjie ·

Ruby, lees ek reg? Hoe nou met jou woorde? As ek dit reg lees is jou kommentaar definitief nie aanvaarbaar nie! Ek dink nie Derick verdien dit nie!

Johnny Burger ·

Susan.As die media n storie skryf oor sy lewe het dit niks met hom te doen.Was jou mond em kry jou feite reg.Jy praat goed waarvan jy niks weet.

Leeutjie ·

Ag skies Ruby… Dis blou Dinsdag by my…ek het nou eers gelees dat jy nie lelik was nie! Vergewe my hoor! ‘n Blou oomblik!!!

scalla ·

Sterkte Derick, dankbaar dit was nie ernstig nie, hou net jou kop omhoog, jy sal weer bo uit kom,

Jean-Pierre ·

Wat maak hierdie so nuuswaardig? Daar is belangriker gebeure in ons land soos ń 13 jarige dogter wat al van laasweek Donderdag vermis is.

BullsEye ·

Daar is daagliks baie mense in botsings betrokke regoor die land….rerig is hierdie nou nuuswaardig?

Asjas ·

Hy’s ‘n Blou Bul, hoekom is dit nie op Sky en CNN nie ;-)?!

Henk ·

Ag HEL!! Nou lees ons volgende week WEER in Huisgenoot ekslusief oor DIE voorval…!!!!!

Francois ·

Ja nee..wat is nou so belangrik oor die knap?…Sy vrou verneuk hom , almal verneuk hom…dan berig Maroela nog daaroor…regtig! Is dit nuus???

alida ·

Ag ja nee wat. Hy soek regtig aandag. Ek stem saam met Susan.

alida ·

Kan Maroela asb vir my sê wat doen ek verkeerd dat my kommertare nooit geplaas word nie.

Jade ·

Ek verstaan die regtig glad nie. Jy het die keuse om Maroela Media se nuus te lees of nie, en jy het die keuse om by ‘n artikel in te gaan en dit te lees. As jy nie oor Derick wil lees nie, moet nie op sy berig ingaan nie. Daar word oor hom berig omrede hy bekend is. Dis wat gebeur met bekende mense – als oor hulle is nuus. Deal with it! Al wat julle doen is kla, daar is genoeg negatiewe dinge in die lewe, hoekom onnodige goed ook negatief maak? Nou word sy skoonma ook betrek. Asof ons weet presies wat in hulle huis gebeur het en wat die omstandighede is. Nee man. Before you speak, let your words pass through three gates. Is it true? Is it kind? Is it necessary? Dankie Maroela en Sune vir julle website, en die manier waarop julle dinge hanteer. Ek en talle ander lees graag julle nuus.

Alicia ·

Mooi so Jade – jy verdien ‘n klop op die skouer vir jou kommentaar

Francois ·

Hahaha ek gaan lees net Maroela berigte om te lag oor hoe pateties van hulle is…vir ‘n hele week is dieslefde “ou” storie nog steeds as hoofberig…dis hoekom Jade…… dis skreeu snaaks!

CHRISTA ·

Francois, ek is bly jy vind dit skreeusnaaks! Jy het nou ten minste iets om oor te lag!!!

Ronnie Bezuidenhout ·

Los die arme man. Ek is seker hy het nie met Maroela gekonkel om ‘n berig oor homself te lees nie. Die keuse is eenvoudig: Lees of Los die berig.

Winston ·

Nee wat mense komaan. Maroela kan nie hiervoor kritiseer word nie. Sommige van die lesers wil dit lees en ander nie. Dis jou keuse. Blaai verby of lees jy n koerant van voor tot agter deur? Sterkte Derick. Ons deel dieselfde siening oor daai voertuie!

Chanté ·

Derick is nou maar die stiller een van die twee en is meer uit die kollig oor persoonlike sake in daardie opsig. Dink nie ons moet oordeel nie. Soos hulle in engels se their monkeys their sircus. Kom ons los die oordeel nou maar. As jy nie wil lees oor hulle nie dan lees verby dit. Ek geniet maroela want hulle gee feite en nie verdraaide waarhede nie en soek ook nie sensasie soos huisgenoot nie. Hou so aan Maroela julle is tops!

Liewe land! ·

Die foto van die wit, beskadigde voertuig wat op die webtuiste van Netwerk24 gebruik is, is n verregaande poging deur die betrokke nuusmedium om d.m.v. sensasie, lesers se aandag te trek.

Die voertuig met die verfrommelde masjienkap is die bakkie wat agter teen Hougaard se voertuig vasgery het. Hougaard se voertuig is uiters gering beskadig. Hy is eintlik ook ongedeerd.

Die gebruik van n digby-foto van die erg-beskadigde bakkie is n agterbakse joernalistieke truuk om lesers met die eerste oogopslag te laat dink dat dit Hougaard se voertuig is (en hy dus in n erstige ongeluk betrokke was).

Siek sensasie. Siek joernalistiek. Ek dink Netwerk24 skuld die lesers n verskoning.

CHRISTA ·

Liewe land, kom by! Die foto bewys net dat die motoris wat in Derick vasgery het aan die slaap moes wees of aan dofkopsku gely het!!! Jy behoort te weet dat daar GEEN wet en orde in ons land is nie en NOG MINDER op ons paaie!!!

Liewe land! ·

Ek is heeltemal “by”, dankie Christa! Dit is juis omdat ek heeltemal “by” is, dat ek weet waarvan ek praat. My kommentaar is relevant, billik en sinvol.

Donsie ·

Alida, ter inligting: “The Power of Your Own Words” kan groot skade aanrig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.