Derick Hougaard se hartroerende brief aan seuns

Karlien-van-Jaarsveld.jpg

Karlien van Jaarsveld saam met die tweeling, Eliah en Daniël. Foto: Facebook.

Oud-Springbokrugbyspeler Derick Hougaard het in ʼn hartroerende “brief” op Facebook geskryf hoe baie hy na sy tweelingseuns verlang.

“Julle is die rede hoekom ek soggens opstaan, al voel dit ek kan nie,” het hy geskryf. Die brief, wat saam met ʼn foto van die tweeling, Eliah en Daniël, geplaas is, vertel van Hougaard se hartseer oor hy nie meer elke dag sy kinders kan sien nie. Die seuns word in Desember twee jaar oud.

“Maar wat Pappa vang, is dat ek voel ek drop julle. En nie daar is om julle elke keer as julle val op te tel nie. Dat ek nie die laaste gesig is wat julle sien wanneer julle gaan slaap nie. En ook nie die laaste persoon wat julle soen en julle sien voor julle droomland toe gaan, daar waar Jesus julle die mooiste drome laat droom nie,” het hy geskryf.

Die brief lui verder: “Ek wonder wat kon ek meer of minder doen om julle ʼn heel huis te gee. En dat julle my voorbeelde dagin en daguit kan volg. Die goeie natuurlik, nie die slegte nie. Ek hoop jaar van nou kan julle nog steeds lees hoe baie lief ek julle het en altyd julle pa gaan wees. En werk dat julle goed kan ervaar wat julle voorlopers in julle era sal wees. Ek mis alles van julle grootword. Daai pragtige lyfies. Maar moet my droom aanpas. Onselfsugtig wees en julle geluk gun. Want my behoeftes en waardes tel vir nou nul.”

Hougaard is onlangs van die sangeres Karlien van Jaarsveld geskei, skaars 42 dae nadat hulle die egskeiding op sosiale media aangekondig het. In die emosionele brief sê hy: “En aan elke Pa, hou jou gesin heel. Al moet jy alles los wat seer veroorsaak. Kinders red ʼn vrou en ʼn vrou red ʼn man. Die regte vrou is die beste iets wat God ooit gemaak het.”

Hy het ten slotte geskryf: “Julle gaan nog diep spore stap. En ek sal in die agtergrond julle grootste ondersteuner wees. Met trane in my oë. Ek hoop ek los ʼn legacy waarop julle trots sal wees om my julle pa te noem al gebeur wat. Love you guys.”

Lees die volle brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Willie Brits ·

Cry me a river!! Asseblief Hougaard, groei ‘n paar koele! Werk vir jou seuns se respek en hou op met die alewige FB temery.

martie ·

Stem saam. Hy moet onthou n saak het 2 stories. Hy ni so onskuldig ni.

Wouter ·

Jong, ek weet nie. Ek het vir Sus al ‘n paar keer in ‘geselskap’ gesien terwyl hulle nog getroud was.

Dee ·

Willie Brits se beskrywing van ‘n ‘alewige FB temery’ kry die eerste prys van die dag. ‘n Kia Picanto of so iets as daar nog voorraad is. Andersins ‘n dosyn koeksusters of ‘n boks Ouma beskuitjies. Netjies gesê Willie. Dit is nie vir sy seuns geskryf nie maar vir sy ‘fan club’.

Daleen ·

Willie, Derick is ‘n ware mens en ‘n ware heer. Die kinders moes in sy toesig gelaat gewees het!! Ek is van mening dat hy goed is vir sy seuntjies. Derick, die son sal weer skyn en daardie laaities van jou sal groot word en vir hulle self sien wat is wat!! Hou net aan om hulle lief te he!

Willie ·

Daleen ek weet. Maar hy sal uit hierdie gat moet uitkom vir hulle beswil.

Wouter ·

Ek dink in elk geval gaan Willie hulle meer kan leer. Hulle sal nog vir baie ooms “Pa” noem.

Hannelie ·

Derick jy “drop” nie jou seuntjies nie, Karlien is die een wat julle “drop”. Dink baie aan jou, kan ongelukkig nie dieselfde van Karlien sê nie, sy darem “te vinnnig” opgehou om lief te wees vir jou. Sterkte

Muller ·

Ek het ongelukkig ‘n gly gekry in Karlien, as mens getroud is en boonop 2 skattige seuntjies het van nie eens 2 nie, dan is jou plek by jou man en jou kinders. Jou werk en ander plesiere kom daarna. Dalk bietjie minder vertonings / teater opvoerings en was die dansery rerig so nodig. Sou haar kleintjies en Derek dit nie meer waardeer het as sy bietjie meer by die huis was nie, en rerig Karlien om so vinnig te skei?? Sorry al my simpatie le by Derek, sterkte Derek, ons dink aan jou. Baklei vir jou kinders, JY verdien hulle!

Buks ·

Stem saam met Willie flip regtig die ope brief stories kry n Lego stel en bou n brug en kom daaroor.

Suzy ·

Buks julle is seker baie gelukkig getroud !!!!!!! Duidelik ken julle nie die seer en pyn van n egskeiding waar daar kinderjies betrokke is nie . Dit kan enige tyd enige dag met julle ook gebeur . Dan sal julle n ander storie sing .
Dis bitter om jou vrou en kinders vir wie jy bitter lief is te verloor , en nogal te deel met iemand anders . Skielik moet die kindertjies vir a ander man se PA ??? Mens kan mos sien Derick gaan deur Hel sy hart is in stukke .
Ek haat egskeiding dis erger as die dood . Veral as jy die onskulidige party is . Nee man julle dink net aan julle self .
Derick is n opregte mens en n wonderlike Pa , dis hoekom hy die dinge so sleg hanteer . Julle ken duidelik nie die pyn en hartseer waardeer hy gaan nie .
Sterkte Derick dit vat tyd maar met die Here se hulp sal jy wel oor die storie kom . Hou net vas aan JESUS hy sal jou krag gee.
Ek dink Karlien gaan op hierdie stadium van haar aanhangers verloor .

GESKOK ·

As Derik so baie vir sy seuns omgegee het sou hy NIE hulle in die media se simple network ingetrek het nie!! Hy sou hulle wou beskerm het en uit die publieke oog gehou het. Hierdie gaan om sy eie ek.

Marinda ·

Asb mensies as jul ni iets goed kan se ni bly eerder stil ek is ek was en sal Derick hougaard se grootste ondersteuner wees hy gaan deur n rowwe tyd hy love enaanbid dy seuns so los hom hy is heartbrokken. Sy seuns moet weet dat sy pa care v hul al verklaar hy dit v di land dis sy sake!!Derick wees sterk my Hero

Piet ·

Indien Liefling so baie soos jy moet sukkel om homself in verstaanbare taal uit te druk, is dit g’n wonder dat die antie die pad gevat het nie.

Anja ·

Die eerste gedagte wat by my opgekom het na ek die brief gelees het is “dronkverdriet”. So omsamehangend geskryf. Om jou private sake op sosiale media te plaas is uiters goedkoop.

Keelvol ·

Daar is duisende pappa’s wat presies dieselfde voel! Hulle briewe en hartseer word nie so bloot gele nie – Hallo – los die man dat hy treur en nie alles so oopvlek in die media gun hulle priivaatheid – ons wil nie almal lees van sy seer nie – baie kids gaan daar deur en kom anderkant uit (myne het)

Sonja ·

Karlien,
Wat jy doen raak vier mense. Die skade aan jou seuns is onherstelbaar. Nadat jy ‘n eed afgele het en sommer net so gebreek het, het ek my respek vir jou verloor! Derick gee jou seuns soveel as moontlik persoonlike aandag siende dat mamma se aandag so maklik afgetrek word!

Gideon ·

ja ek stem ek en my vrou altwee baie gelukkig vir 18 jaar getroud en deur moeilike tye huwelik sukses kom van altwee se kant en is baie harde werk en opofferinge mans is gewoond om altyd die brood winner te wees maar vandag se lewe is baie modern so is meer harde werk n vrou wat so maklik n man los en haar kinders se harte breek vir roem en rykdom sal vorentoe baie swaer kry want wat jy uitdeel sal jy ontvang alle sterkte Derick

Griki ·

Ai, Maroela, was dit nou nodig om op sy facebook-blad in te gaan en die artikel te plaas? Nou’s daar sommer net weer onmin tussen die lesers en dis onnodig. As ons wil lees wat hy te sê het sal ons self op sy facebook-blad gaan kyk. Nee, wat, daar is genoeg ander (werklike) nuus om met ons te deel – hierdie is NIE nuus nie.

Dee ·

Griki, jy deel die eerste prys met Willie Brits. Toevallig op hierdie oomblik die eerste en laaste kommentare.

Theresa ·

Ek stem saam Griki. Hierdie brief het niks met Maroela uit te waai nie. Los Derriick uit.

alida ·

Hierdie mense moet ASB groot word. Ons is dik vir hulle altwee. Duisende mense skei elke dag. Liewe hemel Derrick kry nou net klaar met jou gekerm. Niemand kry jou jammer nie. Julle het uitgemaak voor julle troue en toe getrou. Wat het jy gedink gaan gebeur !!!

Joe ·

Ek stem saam met jou …. Derick & Karlien is BESLIS NIE ” CELEBS ” nie & ek weet ook nie hoekom daar so ‘n bohaai oor die 2 gemaak word nie !! Hulle HET self hulle eie problem oor hulle gebring & nou verwag hulle simpatie !!!! Karlien IS BESLIS NIE ONSKULDIG nie , nog MINDER is sy ‘n ” oil painting ” …… genade genoeg is genoeg van die Van Jaarsvelds ……

Beatrix Stevens ·

As n mens nie weet wat werklik die 2 mense uitmekaar gedryf het nie??? hoekom nou wil staan en klippe gooi, ja elke saak het 2 kante…. Hul het ook deur n hartseer tyd gegaan deur n Babba te verloor, dit moes hul eintlik nader aan mekaar gebring het??? maar dit het toe nie gebeur… ek dink Derick is n ware man, en as dit sy begeerte is om aan sy 2 seuns te beskryf hoe hy oor hul voel”’ Well Done vir jou…. Die Lewe gaan aan… en Hy sal sy taak as n Pa 100% volstaan… ” GO BOKKE EN GO DERICK….

Dee ·

Ag jimmel Beatrix, word wakker en staan op! Seuntjies van (nog nie eens) 2 kan nie lees nie! Daai inskywing is vir handtekeningjagters soos jy gedoen!

Corrie ·

Ai ai ai,,,ek glo nie een van ons lesers weet wat gebeur het tussen Karlien en Derick nie,al wat ek we’ll weet is dat Karlien beslis nie lief was vir Derick nie. Dalk verlief maar beslis nie lief nie.

Miahm Cola ·

Skryf hulle nou af, die storie van hulle kom eendag terug na jou toe is nonsense, hulle word reg deur hulle kind wees geindokteneer. Vrouens is gewetenloos en neem SO lang termyn wraak.

Estelle Claassens ·

Derick en Karlien se sake is net wat dit sê “Hulle Sake”. Gedra julle tog nou en hou jul Neuse daaruit! Julle wys duidelik wat julle almal is, :” ń Spul Skinderbekke”!

Riaan ·

Kort ope brief aan Derick:

Derick, hou op om jou wasgoed in die media te kom was. Net soos wat Joost en Amor later uitgevind het, maak jy op die ou einde net ‘n krater van jouself.

Jou vrou het jou gelos … reg of verkeerd hanteer dit soos ‘n man in julle privaatheid asb

Joe ·

Jip , ek stem saam met jou Riaan ….. mooi gese !!! Hoop HULLE 2 kry nou die boodskap dat ons lesers nou hopelooos genoeg gehad het van hulle ……

yolandi ·

Sou karlien suksesvol gewees het sonder haar beroemde broer? Derick was loftus se liefling, noudat sy lewe baie hard druk en hy dieper verval in sy donker put nou is hy nie meer “n liefling” nie, ai mense is so voorspelbaar, as dit goed gaan wil almal n vriend wees, noudat dit sleg gaan ken hy sy ware vriende. Derick staan sterk, vergeet van jou “fake supporters” en fokus op wat belangrik is…. jy en jou seuntjies….
Makliker gese as gedaan, maar tyd , geloof en hoop sal jou genees, kyk op na die een Wese wat jou NOOIT sal verlaat nie, Die Almagtige Vader….

yolandi ·

Karlien, leer gerus by jou broer Bobby oor wat n huwelik is, jy kon tog beroemd geraak het deur hom.
Derick, wees dankbaar dat jy nou uit so n huwelik kon stap en bou aan jouself, jy was op die kruin van jou sukses, ons bid dat karlien steeds haar ondersteuners sal he as haar ster begin uitdoof….

Frans ·

Ja ou Hougaard, maar leer eers jou seuntjies lees voordat jy weer vir hulle skryf.

yolandi ·

Karlien, leer by jou broer Bobby waaroor huwelike gaan voordat jy jouself n christen noem.
Derick, good riddens to bad rubbish…

Frans ·

riddens? :-) En noem ‘n Christen iemand anders rubbish? Hê ou Riddance?

Sam ·

Yolandi & Sonja & Hannelie

Romeine 2: (1) Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ‘n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ‘n ander ‘n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge.

So staan julle agter die deur en wil kom verkondig van Christenskap.. Skaam julle! Dwaas sal julle bly

Willie Waps ·

Dieselfde Bybel wat jy aanhaal sê ook: “Weë hom wat vir ‘n ander sê: Jou dwaas.”

Izolde ·

Ek se net ‘n storie het 3 kante. Jou storie my storie en die waarheid. Dis jammer daar word jag gemaak op Derrick op sy Facebook blad maar nou ja hy is en bly die liefling Van Loftus. Depressie is nie ‘n sonde nie en is wetenskaplikes die brains gegee om pilletjies te maak om te help om depressie te verwerk. Ek glo nie Derrick soek ‘n plafon waar hy hom blootstel sodat almal op hom pik nie . Ek dink hy sit die brief op Facebook sodat hy gehoor kan word deur mense naby aan hom wat hy voel hy verloor het. Hy doen dit dalk op Facebook want hy word nerens anders gehoor nie. Maak nie saak wie watse foute in hulle huwelike het nie dit moet opgeklaar word, het sy met professionele hulp of nie. Dit is sooooo maklik om te verklaar ek is ‘n Christen. Is jy regtig en weet jy wat die woordjie ” Christen” behels. Jy moet in alles sterk wees en een daarvan is om te veg vir jou huwelik ten alle koste want wat God saamgevoeg het mag deur niemand onklaar gemaak word nie. My opinie is Karlien is nie ‘n vegter nie en Derrick staan voor ‘n groot gat en is reg om te spring. Gaan iemand hom help of gaan hy ook maar soos baie depressielyers net geignoreer word. Elkeen het tog reg om sy eie lewe te lei so los hom dat hy sy hart uitstort en moet die media nie elke vyf minute op sy Facebook blad krap nie.

Jaycee ·

Ek voel vere vir Derick en Karlien se verhoudingsprobleme. Hulle is volwassenes en moet opneuk as hulle wil – ek hoop en bid net die kinders se belange kom eerste te midde van hierdie vuil wasgoed wat in die openbaar gewas word en dat hulle nie emosioneel of andersins geskaad sal word deur twee grootmense se kinderagtigheid nie.

alida ·

Genoeg! Die ewige gekerm en langlip gesanik bewys net weer waarom hy nou alleen sit en teem. G’n gesonde mens kan dit hou nie. Kry ‘n lewe Hougaard, soos die res van ons.

Lorna ·

Katrien gaan slaap in die kaap dink my vir een oomblik as hy haar geslaan het sou ons nie daarvan geweet het nie dink jou probleem le in jou die verhouding kom by is jou van dalk steenkamp

corrie broodryk ·

Ek stem 100%.
Haar verantwoordelikheid was eerste haar familie. As sy nie meer kan sing nie gaan sy niks wees nie. Ek dink net ons moet ophou kommentaar lewer. Opregte vriende van Derick en met die hulp van die Here sal hy hierdeur kom.Hy moet net daar wees vir sy seuns.

Bloues ·

As die brief skrywery hom so besig kan hou dat hy nie rugby uitsaai nie sal dit wonderlik wees!!!!!!!

Frans ·

Mooi gesê, Bloues. Solank hy dit nie in die ope doen nie kan hy skryf totdat sy ink op raak. Hou hom net weg van enige kommentaar.

Knersus D ·

Net so Bloues!! Verskeie mense het reeds beswaar gemaak met hom as commentator en mede aanbieder van SuperRugby. Hy is onsamehangend en sy kommentaar is vaal.

Christie Joubert ·

Ek gee nie om wie reg of verkeerd is in hierdie geval nie. n Saak het drie kante… Maar los om vadersnaam die alewige gekerm op sosiale media en die pers. Loop was julle stink wasgoed by die huis asseblief! En nee, geen fotos van die wasgoedwassery nie…

Elmarie ·

Gelukkig is ek aan geen kant behalwe as my God my sou lei. Ek bid vir hulle sowel as julle en vertrou dat God sal vergewe en ons sal verlos van die bose. Mag dit met elkeen van julle net goed gaan en ook met Derick, Karlien en die seuns. Amen

Eliza-beth ·

Sê weer: Sosiale media=sosiale euwel. Word MISbruik om verskilende simpele redes deur meeste mense!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.