Dermiljoene om skade by universiteite te herstel

'n Betoging in 2015 by Universiteit Stellenbsoch. Foto: Twitter

Tydens ‘n betoging in 2015 by Universiteit Stellenbosch. Foto: Twitter

Betogers het verlede jaar skade van meer as R145 miljoen by Suid-Afrikaanse universiteite aangerig. Dit is volgens ʼn verklaring van die departement van hoër onderwys en onderrig.

Khaye Nkwanyana, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media gesê die skadeberaming is volgens die universiteite se eie risikobestuur-prosesse gedoen ná afloop van die 2015-studentebetogings. Hy het beklemtoon slegs skade wat in 2015 aangerig is, is bereken en dat die departement tans besig is om ʼn beraming van die skade te doen wat in 2016 by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus en by die Universiteit van Kaapstad (UK) aangerig is.

Volgens die departement se uiteensetting van die skade het die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) in 2015 die ergste onder betogers deurgeloop en is daar skade van R82 miljoen aangerig. Skade van sowat R46 miljoen is by die Universiteit van Wes-Kaapland aangerig, terwyl die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) skade van meer as R5 miljoen berokken is en die Universiteit van Zoeloeland R4,5 miljoen.

Die UK, die Universiteit van Limpopo en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het elk skade van meer as R1 miljoen, terwyl honderde duisende rande bestee moet word om die skade by NWU, Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van Johannesburg, Rhodes Universiteit, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Walter Sisulu Universiteit te herstel.

“Die netto-effek van hierdie realiteit is dat baie geld nou vir herstelwerk aangewend moet word eerder as om belangrike dele van die stelsel te verbeter of meer hulp aan arm studente in die onderrigstelsel beskikbaar te stel,” het Nkwanyana gesê. “Universiteite is openbare bates wat aan die publiek as geheel behoort. Om hierdie instansies te beskerm is die verantwoordelikheid van die hele samelewing en nie net die regering nie.”

Maroela Media het vroeër berig die skade wat in Februarie vanjaar tydens die studentebetogings op die NWU se Mafikeng-kampus aangerig is, beloop ʼn astronomiese R151 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

TTh ·

Hier is ‘n geleentheid vir Akademia om die geskikte lektore op te raap en vinniger uit te brei vir ‘n eg Afrikaanse nuwe universiteit. Laat die regering maar stik in die as van hulle mense se protes-dade, dit is net jammer dat ons swaar verdiende belastinggeld weer gemors gaan word om die lot on-intelligente spul se gemors op te ruim. Nog ‘n Afrika/ANC/ANCYL/SAKP en en en mislukte poging van sogenaamde transformasie.

Willie ·

Enigste suksesvolle transformasie in RSA is Zuma/Gupta- Zupta. Verder as dit is dit op n pad van vernietiging..

vernon ·

Mense ek eis as ek moet dink dat hierdie brand stigters ons toekomstige land leiers moet wees.

CHRISTA ·

Waarom ys jy? Die lede van die ANC regering het dekades gelede PRESIES dieselfde gedoen!!!

Dan ·

HIERDIE REGERING IS SOOS PROBLEEM OUERS, KAN NIE HUL KINDERS BEHEER NIE.
As jy jou kinders toelaat om te maak soos hulle wil, gebeur sulke dinge. Ek dag hulle het al teen die tyd n plan gesien met Jansen?

m ·

Stuur die rekening vir die EFF. Dis mos die mense wat die storie aangeblaas het.

Gert ·

Maak alle universiteite laekoste behuising en laat almal deur Unisa studeer.As hy dan sy huis afbrand dan is hy op straat waar hul wil wees.

Connie ·

Nee wat van my kry hulle niks. My donasies gaan nou na Akademia en die ander ene????? kry nie nou die naam nie. Daar is plunderaars nie. Die PUK gaan opbou om net weer afgebrand te word. Hulle wil in die veld sit en leer.

Theresa B ·

Los die Universiteite net so. Hulle het dit gedoen – hulle kan dit net so gebruik ook.

CHRISTA ·

Laat hulle deeltydse (naweek) werk soek en met daardie inkomste en hulle eie handearbeid die skade herstel!! Volgende keer sal hulle 3 maal (nie 2 maal nie)dink voordat hulle so onbesonne optree!!!

m ·

Netso Theresa, die afgebreekte universiteite gaan mooi lyk saam met die rommelstatus of is dit nou gemorsstatus wat ons een van die dae gaan kry…

Tina du Toit ·

Hulle breek af en verbrand. Ek sal wragtig nie moeite doen om iets te herstel nie. Hulle kan net so bly. Is mos maklik om skade te rig en iemand anders moet daarvoor betaal. Se blerrie voet man.!!!! Hulle moet self betaal.!!!!

Kort-en-kragtig ·

Solank swart studente wat Engels verkies toenemend universiteite bywoon, sal hulle daarop aandring om nié in Afrikaans onderrig te word nie en sal AfriForum onbepaald voortgaan met hul hofsake sonder om mense in te lig oor die ware oplossing vir hierdie probleme, nl. die totstandkoming van ʼn onafhanklike blanke volkstaat waarbinne universiteite rustig kan voortgaan om studente in hul moedertaal te onderrig.

Rosy ·

Wat van Afrikaanse Universiteit op Orania? Stig ‘n fonds en bydraes kan maandeliks gemaak word. Belê in Afrikaans eerder as in onbenullighede. Grootste probleem is dat ons almal ‘n eier wil lê maar wanneer daad by woord gevoeg moet word verdwyn ons soos mis voor die son. Die rede waarom ons land so lyk kan direk aan onsself gekoppel word! Praat rustig voort…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.