Desember-skoolvakansie kortgeknip

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Omsendbrief van die departement van basiese onderwys wat daarop dui dat vanjaar se Desember-vakansie aansienlik korter gaan wees, het ʼn herrie onder ouers en onderwysers veroorsaak.

Mathanzima Hubert Mweli, direkteur-generaal van basiese onderwys, het in die omsendbrief gesê alle openbare Suid-Afrikaanse skole sal op 12 Desember 2018 sluit en op 9 Januarie 2019 heropen, terwyl die laaste dag vir onderwysers 14 Desember sal wees en dat hulle weer op 7 Januarie 2019 by skole terug verwag word. Die brief is op 13 April aan die hoofde van al die provinsiale onderwysdepartemente, die departement van toerisme en vervoer, onderwysersunies en beheerliggaamverengings gestuur.

Volgens dié omsendbrief beteken dit dat die 2018-somervakansie 16 dae lank sal wees sonder openbare vakansiedae vir leerders en onderwysers sal 12 werkdae af kry in dié vakansie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement van basiese onderwys, het bevestig dat die Desember-skoolvakansie wel verkort is. “[Die brief] was om almal aan die situasie te herinner – die skoolkalender is eintlik al 18 maande gelede in die Staatskoerant gepubliseer.

“Ek dink die saak kry nou soveel aandag omdat dié Desember-skoolvakansie soveel nader is,” het Mhlanga gesê.

“Hierdie is egter ʼn eenmalige gebeurtenis. Ons het besluit om die skoolkalender vir 2018 aan te pas om te verseker dat daar genoeg tyd vir alles is. So wen ons ʼn week in 2019 en dit sal onderwysers meer tyd gee om onder meer matriekvraestelle na te sien.”

Mhlanga het gesê die reëlings geld vir openbare skole aan die kus sowel as dié in die binneland. “Ouers wat reeds hulle verblyf vir die Desember-vakansie bespreek het met die aanname dat skole eers in die derde week van Januarie 2019 open, sal ongelukkig hul planne moet aanpas.”

So lyk die 2019-skooljaar:

  • Eerste kwartaal: Skole open op 9 Januarie en sluit op 15 Maart.
  • Tweede kwartaal: Skole begin op 2 April en sluit op 14 Junie.
  • Derde kwartaal: Skole open op 9 Julie en sluit op 20 September.
  • Vierde kwartaal: Skole open op 1 Oktober en sluit vir dié jaar op 4 Desember.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gertryda ·

Haha kyk hoe haal die onderwysers hul latte uit.
Gelukkig vir die ouers wat sê die vakansies is te lank. Ja nee dit moes kom nou kry kinders n ordentelike jaar se leer in

Cb ·

Absoluut! Ek sien geen skade in ń korter vakansie nie.
Ek is inteendeel dankbaar want daar is baie ouers wat wel werk in Desember en met al die skole en nasorg sentrums wat toe is, weet mense nie wat om te doen nie. Ek stres al van begin Junie af oor wat ek gaan doen en val amper in ń kompleet ‘state of panic’ teen Oktober maand want Desember vakansie is ssssooooo lank! Onderwysers kry meer vakansie as enige ander werkende persoon. En onderwysers wat kla oor hulle werksomstandighede het self die beroep gekies.. (ek leer my kind respek en maniere teenoor Onderwysers en volwassenes – hulle werk is moeilik genoeg).. en natuurlik.. ek dink die ouers kan soms ń grooter pyn in di alie wees as die kind self..
Enjoy the little things in life – enjoy die kort vakansie..

Ronel ·

Nie dat die skole werklik sluit op die datums wat deurgegee word vir die Des vakansie nie! Vandat ek skoolgaande kinders het, het ons nog nooit die laaste skooldag op die gegewe datum gehad nie.

Harambe ·

Ek is bevrees ons het meer as net ‘n ekstra vyf dae nodig om reg te maak wat verkeerd is in die onderwys.

Mons ·

Het die datums van die ander vakansies nou ook geskuif? Nie soos op die internet nie

Pippie Langkous ·

Die datums wat hulle van die 4 termyne gegee het is vir 2019

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Susie

Dankie, die berig is nou gewysig en vertoon die datums vir die 2019-skooljaar soos dit op die departement van basiese onderwys se webblad verskaf word.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Lana ·

Die week wat hulle langer skool nodig het in 2019 is seker om voorsiening te maak vir al die betogings en nonsens wat voorlê.
Kan maar hele jaar skool hou – daar sal altyd die span wees wat onnosel bly!!

Jessica ·

Dit maak nie regtig n verskil nie. Die vakansies is hopelik te lank en te min skooltyd om al die werk in te druk wat vir die kinders gegee word. So dit is nie noodwendig n slegte ding nie.

Geen manier ·

Ek sal beslis nie net die vakansieplanne verander nie.

Marieta ·

As kinders net wil leer en huiswerk doen, kan die departement van onderwys die vakansies baie langer maak.

Petro Jardine ·

Mense as julle op die kalenders kyk sal julle duidelik sien dat die Desember 2018 – Januarie 2019 skoolvakansie aangedui word as volg
Skole suit 13 Desember 2018 en her open op 8 Januarie 2019. So ek weet werklik nie waarvoor almal so opgewonde raak nie

bgj van der westhuizen ·

wel dit is tyd dat hulle meer skool gaan wand as jy sien is hulle op vakansie en die laaste week voor die skole sluit loop die helfte van die skool kinders by die huis rond

Juffrou ·

Ek kan nie oor die hoërskole kommentaar lewer nie, maar by n laerskool kan mens baie duidelik die laaste twee weke van n kwartaal sien dat die kinders moeg en geïrriteerd raak. Kinders wat andersins nooit geïrriteerd voorkom of kortgebaker is nie, se lontjies is dan skielik kort. Veral ons heel klein maats kry swaar as die kwartaal te lank raak. Vanselsprekend bestuur mens die situasie professioneel, maar ek wonder of die slim besluitnemers al ooit een volle dag die praktiese dinamika van leerders (onderling) asook tussen leerder/onderwyser beleef het. Dis vir my n eer en voorreg om daagliks met kinders te kan werk en n verskil te kan maak, maar ons geagte stelsel… o wee …

Anoniem ·

Weet nie waaroor die bohaai gaan nie, want sit was nog al die jare so. Wel dalk sluit 5 Desember en nie 13de nie, maar open was nog altyd vroeg in Januarie. Hierdie jaar was hopeloos te laat.

Jannie ·

As die kinders net skoolgaan en leer tot die einde maar uit ondervinding weet ek dat die kinders twee weke voor die skole sluit al klaar hul laaste eindeksamen vraestel geskryf het en die skole ouers vra waar moontlik om die kinders by die huis te hou a.g.v. ń tekort aan toesig by die skole.
Laat die kinders twee weke later begin eksamen skryf en gebruik die tyd vir hersiening by die skool, daar is geen rede hoekom leerders nie nog op die laaste skooldag ń vraestel kan skryf nie.

Breytie ·

Jannie, die rede is dat die vraestelle nog gemerk moet word en dan moet die totale puntestaat van elke klas en van die skool gefinaliseer word en rapporte moet voltooi word. Die wet bepaal dat daar 200 skooldae in ‘n jaar moet wees. In goeie skoolorganisasie word ‘n deel van daardie dae toegeken aan hersiening en eksamen. Onthou, onderwysers kry nie bykomende verlof nie en al die finale werk moet in die vakansietyd gedoen word.

Is julle moeg vir julle kinders ·

Wow..?skokkend om te sien hoe baie ouers hulle kinder NIE by die huis wil hê nie. Ek is so dankbaar dat ek geseënd is om my kinders te tuisskool. Ek verruil dit vir geen publieke sirkus nie

Yolandi ·

Dit is nie kwessie van ons soek nie ons kinders by die huis nie… Die meerdeheid van ons moet albei ouers werk. En as Des aan die deur klop dan maak my werk nie toe nie…. En dis nie altyd moontlik om 3 weke verlof te neem nie. So dis maklik vir jou om te sê ons is moeg vir ons kinders….

Nee ons is nie ·

Ons is werkende ouers wat vir maatskappye werk wat nie toemaak gedurende Des nie. So hoe langer die skole gesluit is, hoe minder sien ons ons kinders oor Des want ek moet hulle na ouma en oupa toe stuur en dis baie erg vir ons.

So voor jy op jou troontjie sit en ons oordeel, dink waardeur ons moet gaan. Ek sal my voortande gee om in jou posisie te wees!

Bevoorregd ·

Tel jou seeninge …. wees dankbaar jy is in ‘n posie om dit te kan doen …

RE ·

Dis baie duidelik dat jy nog nooit gewerk het nie en nie verstaan hoe moeilik dit vir werkende ouers is om toesig vir kinders te kry gedurende uiters lang skoolvakansies.

Rene ·

Hoekom was die slaagsyfer amper 100% in 1992 nog? Omdat ons nog toets geskryf het op die laaste skooldag. Daar was gehou by die datums. Die skool was net publieke vakansie dae toe, nie nog tussinin ook nie.

Koos ·

Ek kan nie sien wat die probleem is nie, die skole het in ons tyd altyd so vroeg in Januarie begin.

Verné Lombard ·

Ek stem. Hierdie jaar het die skole heeltemal te laat begin. Dis ‘n kopseer vir ouers wat net ‘n week of 2 verlof oor die Desember Januarie het.

En nee ek is nie moeg vir my kinders nie…. Maar ek moet werk. So hoe gemaak???

Ouer ·

Geen probleme met die nuwe 2019 datums – eintlik verheug want die Maart/April vakansie begin nou weer langer raak wat absoluut fantasties is. en soos dit in die ou dae was. want dit is die lekkerste tyd van die jaar om vakansie te gaan hou omdat die weer so heerlik is daardie tyd van die jaar veral in die Wes-Kaap langs die seewaters…

Hansie ·

Tuisskool val altyd baie sag op die oor, maar die kinders leer geen leier eienskappe en interaksie met ander kinders nie. Hulle neem ook nie aan presterende sport en ander aktiwiteite deel nie, wat ek glo later jare dalk n probleem mag wees as hulle in die “groot” wereld moet meeding

Cb ·

Soms is tuisskool nodig vir sekere kinders.. maar andersins is jy reg en ek voel presie dieselfde.
Ek maak my kinders groot vir die sameleweing, nie net vir myself nie.

Sport ondergang ·

Tuisskoolkinders kom mos bymekaar, groepeer. En sport is inelkgeval net die opium vir die massas, dit is as gevolg van sport dat ons nasie ons regte weggegee het en nou ontmagtig is. Akademie kom tweede in baie Afrikaanse skole, hulle kan nou net vinnig weghol van die EFF af, dis al, maar ekonomies / akademies bemagtig nie meer.

NW ·

Hansie
Hoeveel tuisskoolkinders ken jy om so ‘n opmerking te kan maak? Vergelyk asb appels met appels.
Wat die interaksie betref, ‘n gr. 8 kind (vir argumentsonthalwe) spandeer die hele jaar saam met ander gr. 8 kinders… Nie veel verskeidenheid nie.

Louise ·

My kinders is in elk geval by die naskool tot 15 Des. Hierdie jaar het hopeloos te laat begin. Dis moeilik as ‘n werkende Mamma om plan met jou kinders te maak wanneer die skole so lank gesluit is. Ons het net soveel verlof in ‘n jaar.

Lee Vosloo ·

Die 2017/2018 Desember vakansie was heeltemal te lank… hierdie is beter.

Ekstra dae word ingedruk ·

Wat van al die ekstra dae wat ingedruk word waar hulle af is. BV: Vandag, ons Hoërskool het vir die kinders fondsinsameling vorms gegee, dié wat R150 of meer ingevorder het, het vandag afgekry… en dié wat nie het nie kon R150 inbetaal … (REGTIG)! en Maandag is hulle ook af, want Dinsdag is ń vakansie dag.
My eie seun is vandag skool toe want hy het vir Juffrou gevra, “Nou juffrou, ons ouers betaal vir ons om hier te wees en nou moet hulle betaal vir ons om nie hier te wees nie? Juffrou, ek hou skielik baie van skool, sien juffrou Donderdag”.

Nix ·

Wat mense nie besef nie, is dat vakansies nie deur onderwysers bepaal word nie!

Ook besef hulle nie dat die leerders se promosie punte ten minste n week voor die skool sluit, ingestuur moet word na die Onderwys Departement vir moderering. In baie gevalle moet punte aangepas word en BAIE papierwerk moet oor gedoen word of aanvullende dokumentasie moet ingedien word

Die admin werk, statistieke en voorbereiding vir die eerste kwartaal van n nuwe jaar moet ook voor die skool sluit in Des by die onderwys departement ingedien word.

Onderwysers is ook verplig om gedurende skoolvakansies kursusse by te woon en meeste onderwysers wat hulle sout werd is doen beplanning en voorbereiding in skool vakansies.

Onderwysers het ook kinders en sit met dieselfde probleem as ander ouers.

Skole MAG NIE vir ouers en leerders sê of vra om by die huis te bly nie en ouers is volgens wet verplig om hul kinders skool toe te stuur tot die laaste dag van die kwartaal
.
Mense is baie gou om onderwysers te veroordeel maar het nie n idee wat alles van hulle verwag word nie.

Dis beslis nie die halfdag werkie met baie vakansies nie. Niemand sien hoe onderwysers nog lank na die skool uit gekom het, besig is met sport of kultuur oefening nie. Die aande, dae,
naweke wat gesit en merk word nie en nie n sent oortyd betaal word nie.

So kom ons dink mooi voor ons vinger wys en onderwysers veroordeel.

Kwaaitjie ·

Dankie, dankie, dankie. Van ‘n moeë, werk definitief nie halfdag, onderwyser.

RE ·

Die Desember vakansie is buitensporig lank, die kinders kom nie deur die jaar se werk nie en dan moet daar oorloop klasse gegee word voor skool of na skool.
As die Desember vakansie net 4 weke lank is, is daar meer tyd om deur die curriculum te werk.

Elizabeth ·

Wat is met onderwysers verkeerd dat hulle nie vraestelle betyds kan nasien nie? In die jare van die TOD het ons in ons eie vakansie matriekvraestelle nagesien en deur die nag aan ons ander vraestelle gewerk. Punte was betyds in en korrek sonder sakrekenars of excel. Dis hoog tyd dat die vakansiegees in hierdie land eindig. Ons het reeds byna elke maand ‘n openbare vakansiedag wat akademiese tyd mors.

ek sê maar ook ·

Stem saam met Elizabeth en Rene. Toe ek op skool was het jy TOT op die laaste dag iets geskryf – laerskool gewoonlik Bybel (wat nou mos nie meer mag) of opstelle ens. Onnies moes dit merk en jou rapport het jy chop-chop gekry. Hoërskool ook een of ander nie-te-erg-leer-vak soos begripstoets of watookal. En ek wonder ook altyd HOE kom hul deur die curriculum as kinders sommer af dae tussen vakansiedae het – nee wat ons het skoolgegaan en is nie dood of het nie geirriteerd of kortgebaker of sulke nonsens geword nie. Dan kom hul in die werksplek waar hul net een maal per jaar verlof mag neem en wat dan?

Casper Labuschagne ·

Instellings wat op die vakansiemark gerig is, sal erg hierdeur geraak word. Hulle “oestyd” was sowat 45 dae tot in die helfte van Januarie en dit is nou verkort na drie weke. Daar sal allermins ook nie plek wees vir almal wat graag op vakansie wil gaan nie. Weereens tree die wet van onvoorsiene gevolge in: Erger verkeer op die paaie op kritieke dae, hoër pryse vir verblyf in die drie weke waarop vakansie gehou kan word; samedromming; ongerief vir mense wat oorsee wil reis; impak op kersverkope wat oor ‘n langer tydperk sou plaasvind; impak op al die instellings wat vir kinders tydens ‘n langer vakansietyd voorsien het.

Ek vermoed sterk dat die maatreëls bloot is om te vergoed vir die department se eie onbevoegdheid en dat dit nouliks ‘n enkele kind of sal bevoordeel of slimmer sal maak. Inteendeel sal dit net die ervaring van niksbeduidende skoolgaan vir baie kinders vererger.

Kobus Visser ·

Ek wonder maar net of dit nie te doen het met die verkiesing wat voorlê nie. Voorheen was dit al so gedoen om ‘n Junie vakansie te verleng om verkiesing te akkommodeer.

Nie vir my nie dankie ·

Ek haal my hoed vir onserwyser af. Het n paar keer al by my kinders se skool afgelos. Dat hulle nie aan een of ander verslawing ly of berading benodig nie is my deksel. Die gesegde: “skoenmaker hou jou by jou leuse..” is al wat ek kan sê. As almal wat onderwyser so afmaak maar net n dag of twee in hulle skoenne wil gaan staan.
Daar leer jy vinnig geduld en selfbeheersing aan. As mamma betaal ek met liefde daai klein-plasie se bedrag aan skooldonds… Want daai werk is nie vir almal nie. Ek sal van daai kindertjies lewend ophang.!! Aan die kinders se gedrag kry jy n goeie idee van watter soort opvoedding ouers gebruik maak en hoe hulle mekaar behandel. Daai eienste gedrag weerspiël by die skool.

Wil ook se ·

Des vakansie is te kort. En die wat kla dat in Des daar nie Naskool is nie. Wat maak jul dan in die ander Skool vakansies met jul kinners?.Dink aan ons wat wel Des met vakansie wil gaan. En daar is baie kampeerders wat tot 21 dae moet boek (sluit publieke vakansie dae in) en dit in die kort Skool vakansie tydjie? En uitsien na die einde van die jaar se vakansie om te rus. In die ou dae was Des maand die lang skool vakansie. Hul moet weer die vakansie langer maak. En die wat geregtig is op 15dae leave..beplan dit reg dan het jy nie dalk n probleem met nasorg nie.

Tammy ·

Ek het hierdie kommentaar van almal gate uit geniet. Dis nou kommentaar van kundiges..die onderwyser self en die klomp wat ek sommer as dom sal beskryf. Ha Ha hoe kan jy die proses van jare gelede met die huidige vergelyk? Dis skandalig belaglik. Vandag is die kinders minder streng groot gemaak (opgevoed) en dit skep n reuse probleem om hulle te leer want hulle sit met selfone en speel terwyl werk verduidelik word of skryf vir mekaar briefies wanneer hulle moet luister waaroor die huiswerk gaan. Ja, die pa en ma is vinnig om skool toe te hardloop om die onderwyser te kom slegse… dit gee die antwoord hoekom daardie ouer se kind meer tyd nodig het om deur sy werk te kom..hulle is te besig om te baklei by die huis pleks van om die kind maniere te leer! Hy kon eintlik minder tyd gemors het en meer tyd saam met sy ouers gehad het. Omstandigheids getuienis….Ha Ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.