Desmond Tutu in hospitaal opgeneem

Desmond Tutu (Julie 2018) Foto: Ayanda Ndamane/ANA

Nobelprys vir Vrede-wenner emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is in ʼn hospitaal in Kaapstad opgeneem vir ʼn reeks toetse.

Sy kantoor het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy is in ʼn goeie luim. “Hy hoop om oor ʼn paar dae ontslaan te word.”

Geen verdere besonderhede is verskaf nie.

Die 86-jarige Tutu stry al byna twee dekades teen prostaatkanker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elzaan ·

Ja asb word gou gesond. Hoop die Liewe Vader spaar him nog lank!

Gemaskerde Sopbeen ·

Waarom Elzaan? Voor 1990 was hy die voorbok om die wêreld om te praat om sanksies en nogmaals sanksies teen die “apartheidsregering” in te stel……maar na 1990, terwyl SA brand, ekonomie in sy kanon is, meer boere sterf as ooit tevore, infrastruktuur ten gronde gaan, miljarde Rande net eenvoudig in politici en hulle tjomme se sakke verdwyn………….piep hy nie ‘n woord nie? Hoekom vra hy nie nou die wêreld om sanksies in te stel teen ‘n regering wat sy eie mense daagliks versaak nie? Nee wat, hy kan maar gaan…

Wat weet jy ·

Gemaskerde sopbeen jy sou net kopbeen gewees het as Bishop Tutu nie vir versoening gestaan het nie. Verkraamptes soos jy kan Desmond Tutu se voete gaan soen . Dinge kon lelik skeef in die land geloop en mense soos jy sou sleg laaste gekom. Desmond Tutu het hom klaar uitgespreek teen oor die regering. Miskien moet jy meer nuus kyk so dat jy ingeligte komentaar kan lewer . Dus dwase soos jy wat dit vir goeie mense in die land swaar maak. Viva Tutu Viva raak gou beter.

Stefaans ·

Tydens die WVK het hy verseker baie selektief gehuil – sal nie trane oor hom stort nie.

Piet ·

In die 1980’s het Tutu aan ‘n joernalis verduidelik: “Imagine every back servant in a South African household adds a bit of poison to the food of his master on a particular day”. Hierdie frase (wat dalk effens anders bewoord was) het baie na n oproep geklink om geweld teen onskuldige mense aan te wakker. Dit was ook so en in die waarheids en versoennings “klug” het baie geweldenaars vrywaring gekry. n Paar jaar gelede is ‘n vrou in Tzaneen oorlede toe sy giftige lemoene by ‘n straatsmous gekoop het. Die katolike kerk se geskiedelis is vol geweld en sameswerings om sexmisdade te vedoessel. Geen wonder die biskop was so tuis by hulle nie.

jaco ·

regstellings:
Winnie Mandela het die gif-uitspraak gemaak.
Tutu is nie Rooms-Katoliek nie. Hy is in die Anglican Church of Southern Africa. Hulle priesters mag trou en daars baie minder seksskandale daar.

Pvt ·

Mense almal word oud.
God is dieselfde gister vandag en môre.
Hopelik onthou die familie dit.

Piet ·

Baie dankie vir die teregwysing. Ek sal mooi moet gaan lees wat die verskil is, ek staan egter nogal skepties dat ek sal hou van wat ek sien. Dank God (sonder grappies) dat ek nog nooit vertel het hoe slim ek is nie! Groetnis Piet

Aan Piet ·

Piet: Aartsbiskop Tutu was NIE by die Katolike Kerk maar by die Anglikaanse kerk betrokke. Sterkte ou grote, jy stry al jarelank ‘n dapper stryd.

Pvt ·

Dien die Here nie kerk of man nie.
Nog deurmekaar familie en kerk kon hulle nie “red” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.