Desmond Tutu weer in hospitaal

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Nobelprys vir Vrede-wenner, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, is in ʼn hospitaal in Kaapstad opgeneem.

Die Desmond & Leah Tutu Legacy-stigting het Woensdag in ʼn verklaring gesê Tutu is in die hospitaal opgeneem vir die behandeling van ʼn hardnekkige infeksie.

Luidens die verklaring is die emeritus-aartsbiskop oor die afgelope paar jaar verskeie kere vir die behandeling van ’n soortgelyke toestand in ʼn hospitaal opgeneem.

Geen verdere besonderhede is verskaf nie.

Die 88-jarige Tutu stry al byna twee dekades teen prostaatkanker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Realis Thailand ·

Kan daar maar nie minder nuus wees oor die man nie
Hy kom en gaan deesdae uit die hosp en die meeste mense het geen belang daarby nie
Barry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.