Despatch-man lieg glo oor roof by werkplek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 55-jarige man verskyn Vrydag in die Uitenhage-landdroshof in die Oos-Kaap nadat hy glo gelieg het oor ʼn onlangse rooftog by sy werkplek.

Ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn saak van gewapende roof is Maandag 23 Maart by die Despatch-polisie aanhangig gemaak.

“Die man werk by ʼn tweedehandse winkel in Despatch. Volgens die verklaring wat hy gemaak het, is hy met ʼn geweer in die winkel aangehou en van R10 000 beroof,” het Swart gesê. “Die beweerde oortreders het in ʼn voertuig wat buite die winkel was gevlug.”

Die polisie het met verdere ondersoek bepaal dat die winkel nooit beroof is nie. Die man is Donderdag omstreeks 08:45 in hegtenis geneem op aanklagte van meineed en diefstal.

Brig. Phillip Salukazana, hoof van die Uitenhage-kluster, het die beamptes geloof vir hul uitstekende ondersoekvaardighede en het die publiek gewaarsku om nie die polisie se vermoëns te onderskat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maronel ·

Shame, hy is dalk besig om bankrot te speel of het kontant dringend nodig en het gedog hy kan so ‘n vinnige enetjie uit die versekering maak….

CHRISTA ·

Gelukkig kon hulle die man se storie ontrafel en agterkom hy lieg! Gelukkig kry ons nog hier en daar polisie wat wakker en betroubaar is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.