Deurbraak in bekende Upington-vrou se moord

Judith Redelinghuys (Foto: Facebook)

ʼn Man van Louisvaleweg- informele nedersetting is in hegtenis geneem in verband met die moord op die bekende sakevrou Judith Redelinghuys van Upington in die Noord-Kaap.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die georganiseerde misdaad-eenheid en speurders van Upington-polisie het die man Woensdag in hegtenis geneem.

Die 34-jarige man sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Redelinghuys (71) se dogter het op 30 Junie op haar liggaam in die swembad by haar huis afgekom. Haar hande was agter haar rug vasgemaak. Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie.

Redelinghuys was van 1993 tot 2012 eienaar van die Woolworths-franchise op Upington. Van 1972 tot 1989 was sy die mede-eienaar van die Coca-Cola-botteleringsaanleg op die dorp. Sy was ook betrokke by die ontwikkeling van die woonkompleks waar sy tot en met haar dood gewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Hoe se ‘n mens in Engels “picking us off one by one by one!”

Derek ·

Verblydend om te sien dat iets darem nou gedoen word aan misdaad. Dit kan ongelukkig nie die daad omswaai nie, die hartseer bly!

Elmarie ·

Iemand wat ‘n bydrae tot die ekonomie gemaak het, gehelp het met werkskeppng vermoor deur presies die teenoorgestelde… Siek

Tanniepetoors ·

Hierdie formidabele vrou was steeds n aktiewe sakevrou.Dit is heel waarskynlik dat heelwat mense nou hul werk gaan verloor na hierdie sinnelose moord. Daar is geen waarborg dat die nuwe bestuur of eienaars die ondernemings met dieselfde toewyding gaan bestuur nie. Is dit wat die moordenaar/s wou bereik? Meer werkloosheid? Meer ellende?

Amelia ·

Mag haar siel in vrede rus.Dit was wreed,dit was so onnodig en so verkeerd om te doen???????
Eks bly vir vordering in saak.Mag die skuldige/s kry wat hul verdien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.