Deurbraak in moord op Baaise bejaarde

Die landdroshof in Port Elizabeth. Foto: Raahil Sain / ANA

Twee jaar ná die moord op die 83-jarige Anne Ferreira in Port Elizabeth, kon die polisie daarin slaag om die laaste moordverdagte vas te trek. Die eerste verdagte is reeds die afgelope week gevonnis vir die moord op ʼn ander bejaarde in dieselfde stad.

Ferreira is in Mei 2018 dood in haar huis in Somerstrand in Port Elizabeth gevind, het Maroela Media berig. Sy is vermoedelik verwurg en verkrag. Haar motor is verlate naby Despatch gevind. Ferreira is binne dae na Anne Smith (86), nóg ʼn bejaarde van Port Elizabeth, vermoor. Smith se moordenaars is die afgelope week tot twintig jaar tronkstraf gevonnis. Een van dié moordenaars, Sizwe Jika (28), word ook met Ferreira se dood verbind en is reeds in September 2018 vir haar dood aangekeer. Hy verskyn weer in Julie in die hof vir die moord op Ferreira. Hy dien tans ook ʼn vonnis uit vir ʼn aantal huisbrake wat tussen 2011 en 2018 gepleeg is.

Vrydag is die tweede verdagte in Ferreira se saak in hegtenis geneem by sy tannie se huis in Zwide, naby Bethelsdorp in die Oos-Kaap. Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, is die polisie maande reeds op die verdagte se spoor. Hy word aangekla van moord, verkragting, roof en ontvoering en verskyn môre (Maandag) in die landdroshof in Port Elizabeth.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het gesê sy departement sal nou met die nasionale vervolgingsgesag saamwerk om te verseker dié “gevoellose kriminele” word gestraf vir hul dade.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

Oupa
Is die gereg en die howe besig om te speel 20 jaar gevonnis vir moord, dit is absoluut ‘n klug, kyk, hoe lyk ons oorvol tronke, na 5 jaar kry hulle parool en doen hulle dieselfde. Moord is strafbaar met die dood, doodstraf moet terug gebring word. Kyk wat is die storie met Floyd die Amerikaner se dood.

Michael 1 ·

Nog n geval wat swartmans n bejaarde wit vrou vermoor en geen floyd nagevolge nie ,die media is of gemuilband of moedswillig.

daniel ·

Wat my verbaas en laat wonder is die feit dat die moord aangeklaagtes (veral plaasmoorde) òse redes vir hulle optredes nooit opembare gemaak word nie HOEKOM NIE?.

Antz ·

#WHITELIVESMATTER
Nog ‘n geval waar WIT MENSE DEUR SWARTES VERMOOR WORD!! MAAR niemand luister na ons nie! NOOIT OOIT word daar OOIT ooit in Geskiedenis vir WIT MENSE gedoen wat vir SWART MENSE gedoen word nie!

Jack ·

Die moorde soos plaasmoorde is nie net opportunistiese misdadigers nie. Dit word aangestig deur polities gedrewe agendas en snaaks genoeg die lafaards val net die kwesbares aan. Die moordenaars is soos losloper honde wat net gedurig geleentheid soek om te verskeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.