Deurbraak in ontvoering van Oos-Kaapse sakeman

Schalk van der Merwe (Foto: Facebook)

Die 30-jarige man wat gister ingeneem is vir ondervraging in verband met die ontvoering van ʼn Oos-Kaapse sakeman, is intussen in hegtenis geneem.

Die polisie het Sondag gesê die man kan wel nou verbind word met Schalk van der Merwe se ontvoering. Van der Merwe (33) is Donderdag voor sy werkswinkel in Butterworth deur ʼn groep gewapende mans in sy motor gedwing. Lede van die polisie het Van der Merwe Saterdag in Ngqamakhwe naby Butterworth gevind, waar hy in die strate van die Mtebele- informele nedersetting rondgeloop het.

Die 30-jarige man is nadat Van der Merwe gevind is vir ondervraging ingeneem, hoewel hy in daardie stadium nog nie van die ontvoering verdink is nie.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het gesê niemand anders is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie, maar dat die saak nog ondersoek word.

Die verdagte word aangekla van ontvoering en sal Maandag in die landdroshof in Butterworth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Die verdagte sal waarskynlik aangekla word van menseroof. In regsterme het “ontvoering” heeltemaal ‘n ander definisie. Dit is een aspek waar gewone spreektaal en regstaal hemelsbreed verskil.

Casper ·

Ek aanvaar hulle moes sy kar gevat het as die polisie hom gevind ronddwaal het.Ek aanvaar ook hulle het sy selfoon gevat anders sou hy iemand geskakel het of wat steek agter die ontvoering.Dit is uiters snaaks dat hy nie vermoor is nie want dit is selde indien ooit dat ontvoerders die slagoffer lewend laat gaan.

LD ·

Dis vreemd dat hulle hom gekry het waar hy in die strate ronddwaal, was hy dan nie by sy volle positiewe nie? As hy was sou hy mos na ñ plek gaan wat bekend is aan hom of iemand vra of hy hul selfoon kan leen om iemand te bel vir hulp…… Hulle het hom dan sekerlik gepomp met dwelems ens vir hom om net so rond te loop en nie om hulp gesoek het nie want hys was tien teen een so op ñ trip dat hy nie eers geweet waar hy was of wat gebeur het nie

Jakez ·

Die berig is baie onduidelik – het die polisie vir Schalk gekry ronddwaal, of die verdagte wat hul in hegtenis geneem het?

Megan Swart ·

Dagsê Jakez
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.