‘Deurbraak’ in OTM-rooftogte in Tshwane

Drie van die verdagtes wat Vrydag in hegtenis geneem is. (Foto: SAPD)

Vyf verdagtes wat vermoedelik Vrydag by die opblaas van ʼn kitsbank en roof van ʼn vulstasie in Carousel View, Tshwane betrokke was, is enkele ure later deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is die verdagtes met plofstof in hul besit betrap, asook gevlekte geld wat waarskynlik uit die opgeblaasde OTM gesteel is.

Lede van die polisie se misdaadintelligensie was besig om leidrade oor ʼn vlaag OTM-ontploffings op te volg toe hulle van die voorval by Carousel View ingelig is.

Die polisie is op die toneel ontplooi en na ’n huis in Ga-Rankuwa gelei. Terwyl die polisie dié huis genader het, het verskeie verdagtes op die beamptes losgebrand wat tot ’n oor-en-weer-skietery gelei het.

Die polisie het plofstof in die verdagtes se besit gevind.

Vier verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem terwyl drie ander te voet gevlug het. Een van die vlugtende verdagtes is kort daarna aangekeer. Die polisie het ’n vuurwapen in dié verdagte se besit gevind en daarop beslag gelê. Die gevlekte geld en plofstof is by die huis waar die verdagtes geskuil het, gevind.

Volgens Masondo is die verdagtes se inhegtenisneming ’n deurbraak in die polisie se ondersoek na verdagtes wat OTM’s die afgelope drie maande in die Tshwane-distrik opgeblaas en beroof het.

“Ons glo dat dié verdagtes [daarvoor] verantwoordelik is. Profilering sal gedoen word om te bepaal of hulle met die ander OTM-ontploffings verbind kan word.”

Die verdagtes word deur aanklagte van sakeroof, die besit van plofstof en vermoedelik gesteelde goedere, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die gesig gestaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Goeie werk SAP. Dit laat mens se negetawiteit bietjie lig sien.

Lillian ·

Ek bekyk nou die foto al die heel naweek van alle kante af, want dit lyk of hul bene blou is van een of ander kleurstof, of is dit net die foto?

SjN ·

Te voet gevlug, was seker te vinniger as die beamptes op n 2,4.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.