Deurbraak in Randfontein-moordsaak

Marietjie en Kayla Meyer Foto: Facebook.

Marietjie en Kayla Meyer Foto: Facebook.

Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek ná die liggame van vier mense, onder wie die negejarige Kayla Meyer, op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand gevind is.

“Vier verdagtes is ná ʼn intensiewe ondersoek in hegtenis geneem deur lt.kol. Kruger van die Randfontein-speureenheid en lede van die Wes-Rand Trio-taakspan,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vier persone, Monty McCormack (73), sy seun Kenny McCormack (42), Kenny se meisie Marietjie Meyer (46) en Meyer se dogter, die negejarige Kayla, se liggame is op 10 Maart 2016 gevind nadat hulle wreed vermoor is.

“Die verdagtes het Maandag in die landdroshof in Randfontein verskyn,” het Ernst gesê. “Die saak is uitgestel tot 18 Augustus.”

Brig. Manamela, stasiebevelvoerder van Randfontein, het sy tevredenheid uitgespreek met die inhegtenisnemings. “Hierdie span polisiebeamptes maak ʼn positiewe impak op ernstigemisdaad-ondersoeke.” Hy het Kruger geloof dat hy in dié saak volhard het.

Maroela Media het berig ʼn familievriend het op 10 Maart die polisie ontbied nadat hy gaan ondersoek instel het omdat hy niks van sy vriende gehoor het nie. Die vriend het glo op Monty se bebloede liggaam afgekom in ʼn tydelike huis waar sy seun, Marietjie en Kayla gebly het, terwyl hulle ʼn houthuis op die kleinhoewe laat bou het. Monty het glo uit Brittanje by sy seun kom kuier.

Monty is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Marietjie se liggaam is gevind in die houthuis wat in aanbou was. Sy is na bewering ook met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Kayla se liggaam is in ʼn stoorkamer langs die tydelike woonplek gevind. Sy het nie ooglopende beserings gehad nie en het moontlik versmoor. Kennith se liggaam is die volgende dag ʼn paar meter van die houthuis opgespoor.

Die verdagtes het met die gesin se Mercedes-sportnutsvoertuig gevlug. Die voertuig is later verlate aangetref en die polisie het beslag daarop gelê. Kontant en twee selfone van die slagoffers is glo daarin gevind.

Lees alle vorige berigte oor die Randfontein-moorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Uiltjie ·

En jy dink nie die familie, wat hulle ken, het rede tot kommer nie????

Renate Barnard ·

UITSTEKENDE werk deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Fantasties ·

Fantastiese werk, onersoekspan, voorwaar 4 sinnelose moorde soos al die ander

amanda hunter ·

Baie baie DANKIE aan lt.kol kruger vir sy goeie harde werk op die saak , Ek is trots op jou jy maak n verskil in ons lewe

Veritas ·

Die kans dat die moordenaar/s, aan die familie bekend was, is baie goed. Die kind kon tog nie vir hulle gevaar inhou, tensy sy hulle sou kon identifiseer nie. Heel moontlik ‘n werknemer, kennis of familielid van die gesin.

Johann Marx ·

As die ondersoekbeampte se van met ‘n dubbel-medeklinker begin het, sou daar niks van hierdie saak gekom het nie….maar gelukkig is sy van Kruger.

Theuns ·

Ja Nee, hier kom ‘n paar verassings! Wys jou wat ‘n bekwame speurder kan doen MAAR HOE “CLONE” JY SO MAN DAT DAAR BAIE VAN HULLE KAN WEES? Baie geluk aan Kol. Kruger en sy helpers!

Jeanne ·

Hoekom mag ons nie weet wie is aangekeer nie? Hoekom is dit net altyd verdagtes? Skokkend hoe tot ‘n negejarige kind doodgemaak word en dit nie eers voorbladnuus in SA haal nie .. Maar net NOG ‘n sinnelose moord in SA waarvoor almal hulle koppe wegdraai en stil stil bid “dankie dit was nie ons of ons familie nie” … Dankie dat julle hulle aangekeer het, ek hoop net nie die regstelsel laat julle in die steek nie. Mag hulle vir ewig sit.

Grassie ·

Wel gedaan, ondersoekspan. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien dat daar nog mense soos julle in die Mag is.

Johann Marx ·

Grassie, dit is lankal nie meer ‘n “MAG” nie……Toe die huidige regering aan bewind kom het hulle gesien hoe die destydse CEO van SABrouerye, Meyer Kahn, die besigheid reggeruk het deur “dienslewering” op te grader…en is hy aangestel om van die Polisie Mag ‘n “Polisie Diens” te maak…..sonder om daaraan te dink dat Kriminele ‘n veer voel vir ‘n “diens”, en dat ‘n “diens” net werk as daar gesonde kompetisie is. Nou sit ons met ‘n “MAG”-telose DIENS….wat ‘n veer voel vir die customer, want as jy nie gelukkig is met hulle “diens” nie, kan jy nie van “diensverskaffer” verander nie….daar is nie een nie!!!

WICUS ·

WAAROM KAN ONS NIE ALMAL IN HARMONIE LEWE NIE EN MEKAAR HELP ?

Pendoring ·

@WICUS – JAMMER OM JOU TE MOET Sê, ONS KAN NIE IN HARMONIE LEWE NIE WANT DAAR IS ANDER MENSE IN DIE LEWE RONDOM ONS. WAS SO VAN KAIN EN ABEL SE TYD AF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.