Deurbraak in saak van vermoorde Oos-Kaapse paartjie

Jacqueline Miller. Foto: Facebook.

Jacqueline Miller. Foto: Facebook.

Speurders van die Oos-Kaap het ʼn deurbraak gemaak in die saak van ʼn jong paartjie, Jacqueline Miller (20) en Carl George (20) van Mthatha wie se liggame Sondag in ʼn dam buite die dorp gevind is.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê drie mans, tussen 19 en 22 jaar oud, is Dinsdag omstreeks 23:30 deur ʼn spesiale taakspan by hul blyplek in hegtenis geneem.

“Die sleutels van die motor wat Maandag in KwaLink opgespoor is, is in die verdagtes se besit gevind. Die motor het aan een van die slagoffers behoort. Een van die slagoffers se klere is ook in die verdagtes se besit gevind,” het Fatyela gesê.

Carl George. Foto: Facebook

Carl George. Foto: Facebook

Die drie verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Maroela Media het Dinsdag berig die Oos-Kaapse polisie volg talle leidrade op nadat die liggame van die jong paartjie gevind is.

Die paartjie het glo Saterdagmiddag vermis geraak. ʼn Plaaslike inwoner het Sondag die polisie ontbied nadat hy die twee se liggame, wat glo naby mekaar in die Mthathadam gestort is, opgespoor het. Polisieduikers van die honde- en soek-en-reddingseenheid het hul liggame omstreeks 18:30 uit die water verwyder.

Daar word vermoed dat die paartjie met ʼn stomp voorwerp geslaan is, aangesien hulle wonde aan hul bolywe opgedoen het. Daar was nie sigbare koeëlwonde aan hul liggame nie. Slegs George se klere en selfoon is vermis.

Die vermoede bestaan dat die paartjie Saterdagmiddag ontvoer en elders vermoor is voordat hul liggame in die dam gestort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannelie ·

‘N LEWE IS NIKS MEER WERD NIE !!! NIE IN DIE NUWE SUID-AFRIKA NIE.

ladybug ·

Wat help dit dié lot is in hegtenis geneem? Die twee kinders is klaar dood!

Mens se lewe is niks werd meer nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.