Deurbraak in soektog na rondloperleeu

Argieffoto. Foto: SANParks

Die soekgeselskap op die spoor van ʼn rondloperleeu wat Vrydag uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het, het Maandag laatmiddag ʼn deurbraak in hul soektog gemaak.

Volgens Nico van der Walt, bestuurder van die Karoo Nasionale Park, het die soektog om 16:30 vrugte afgewerp toe spoorsnyers op ʼn leeuspoor op ʼn plaas, sowat 7 km van die park se noord-oostelike grens, afgekom het.

“Hoewel dit moeilik is om te sê hoe vars dié spoor is, is dit ten minste ʼn positiewe deurbraak in die soektog,” sê Van der Walt.

Maroela Media het vroeër berig ʼn leeu het Vrydag onder deur ʼn heining van die park ontsnap nadat swaar reënval veroorsaak het dat grond onder die heining weggespoel het. ʼn Eskomwerker het die dier in die Molteno-pas gewaar waarna ʼn soektog binne ʼn radius van 40 km in ʼn oostelike rigting vanaf die park begin is.

Van der Walt het gesê die soekgeselskap het Maandag tot donker spoorgesny waarna die soektog vanoggend om dagbreek hervat is.

Bedrywighede in die distrik gaan voort soos normaal ten spyte daarvan dat die rondloperleeu steeds op vrye voet is.

Die Beaufort-Wes Kanniedood Marathon se roete deur die park buite die dorp het oor die naweek glad verloop, sonder enige teken van dié wilde dier.

Selma Murray, organiseerder van die marathon, het aan Maroela Media gesê dat die marathon se roete van 42 km gedeeltelik deur die park geloop het. Sy ontken dat die marathon se roete verander moes word soos sommige media berig. “Alles het soos normaal voortgegaan. Ek dink nie die deelnemers was eers bewus van die leeu nie,” sê sy.

Volgens Murray het Van der Walt wel meer veldwagters langs die roete geplaas om ʼn oog oor deelnemers te hou.

Die soektog na die rondloperleeu duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Heksie ·

ek hoop nou net nie die leeu gaan dood geskiet word as hy gekry word nie! Dis nie sy skuld dat die heining mee gegee het agv die reen nie.

Tino ·

Natuurlik gaan hulle hom skiet!

Hoe het jy gedink?

Sal seker ‘n dart wees soos met Sylvester…

jean ·

Sekerlik banger vir ons as ons vir hom…. Mag hulle besluit om net te “dart” ..Ons wag in spanning.

Soos met Sylvester glo ek ook dat veediefstal sal afneem sou daar plase naby wees..

Justice ·

Ek is seker dat al die spoed rekords op daardie marathon gespat het.

tg ·

Hier kuier n regte boesman seun vir my vir n week , se net, hy kan spoorsny.
Hy is besig met sy finale n6 , n wonderkind

Miekie ·

LOL: Kietsie , Kietse – Sarkasme is die eerste teken van ‘n verrotte brein.
Al van verdowings pyle gehoor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

VanAfrika ·

Moet hom net nie dood skiet nie. Dis net n jagdier en hy weet nie van beter nie.

JoeMoer ·

hasta la vista baby……phew! Daar skiet hul die verkeerde dier…Die Blou Bul!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.