Deurbraak ʼn jaar ná Pta-tiener se vakansiemoord

Shayleen van Zanten Foto: Facebook

Shayleen van Zanten Foto: Facebook

Byna ʼn jaar nadat Shayleen van Zanten (15), ʼn leerder van Hoërskool Eldoraigne in Centurion, tydens ʼn seevakansie in KwaZulu-Natal vir haar selfoon vermoor is, is ʼn jong man in verband met haar moord in hegtenis geneem.

Maroela Media het destyds berig Shayleen was saam met haar pa en vriende met vakansie in Trafalgar, naby San Lameer, toe sy en ʼn vriendin op 16 Desember verlede jaar omstreeks 18:00 gaan stap het.

Hulle het skaars die strandhuis verlaat, toe hulle ʼn man sien nader stap het. Hulle het besluit om terug te draai na die strandhuis. Die verdagte het hulle voorgekeer voordat hulle die hek kon bereik. Hy het in gebroke Engels op Shayleen se selfoon aangedring, wat in haar rugsak was.

Sy het glo geweier om die selfoon te oorhandig en ʼn stoeiery het ontstaan. Die man het haar met ʼn skerp voorwerp in haar arm, bors en lies gesteek, voordat hy met leë hande op die vlug geslaan het.

Shayleen is ná die aanval na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, waar sy aan haar wonde beswyk het.

Met die hulp van die vriendin kon die polisie ʼn identikit van die verdagte opstel en uitreik.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die Margate-polisie het ʼn deurbraak in haar moordondersoek gemaak, toe hulle die verdagte op 3 Desember vasgetrek het.

Die vriendin het die verdagte, Bheki Mlatha (23), verlede week tydens ʼn uitkenningsparade positief geïdentifiseer.

Mlatha het Maandag vir die tweede keer in die Ramsgate-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is uitgestel tot 5 Januarie vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Lees die vorige berigte oor Shayleen van Zanten op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ekwilibrium ·

Hierdie onopgelosde moord op ‘n pragtige kind was ‘n doring in my vlees sedert ek daarvan bewus was ‘n jaar gelede; ‘n dubbele skok ook omdat ek so lief is vir pragtige Trafalgar. Mag hierdie boosdoener nooit weer vryheid ervaar nie…

Hasie ·

Kan die mense wat so elke dag moord pleeg nie besef dat hulle tog gevang gaan word nie. Nou ruil hy ‘n buitelewe vir ‘n nare tronkstraf. Hoe werk die mense se koppe. Mog hierdie mens in die tronk vrot vir die verlies en hartseer wat hy aan die van Zaaten familie gedoen het.

Chrisjan ·

Die mense het ‘n beter standaard van lewe binne die tronk as daarbuite.

Annie ·

Sluit toe en gooi die sleutel weg. Hy het n pragtig kund haar lewe onrneem .. oog vir n oog

ora ·

Ons wat hier woon is baie dankbaar dat ‘n verdagte aangekeer is. Ons vertrou hy is die moordenaar. Ongelukkig neem die aantal inbrake en wrede aanvalle by ons net toe. 82 sedert Junie vanjaar net ons ons ou klein plekkie. Ja, daar word gearresteer maar môre, oormôre is hul weer op straat om dieselfde te doen.

Speedguard ·

Kudo’s vir die ondersoek span, maak seker van al julle verklarings en getuies dat hy nie deur die krake van die Howe val nie! Doen so voort !

piper ·

baie van die misdade reken ek het n dwelm oorsprong. die mense sal enige ding doen om geld in die hande te kry vir hulle volgende “fix”. dis waarom dwelmhandelaars hard geslaan moet word want hulle verwoes baie mense en hele families. en die meeste dwelmhandelaars is buitelanders. ek weet van kinders jonger as tien jaar oud wat in rehabiliteersentrums is. dis volksmoord.

Marc ·

Doodstraf is al wat gaan help om ons misdaad te verminder. Hy gaan dalk tronk toe as dit gelukkig is, maar die meisie is verewig weg en die hartseer sal verewig met daardie familie bly.

WitBlits ·

Dis fantasties dat haar vriendin kon help om die identikit te laat saamstel en dat sy ‘n jaar later nog die skurk kon uitken – KNAP GEDAAN!!!
Jy verdien definitief erkenning vir jou goeie daad en miskien moet Afriforum dit oorweeg om landsburgers vir sulke heldewerk te vereer met ‘n eie toekenning aan mense wat sulke positiewe bydraes lewer.

Sarel Strydom ·

Knap gedaan aan almal wat betrokke was. Die ou sal sekerlik met nog misdade verbind kan word. Hoop net die Howe handel die saak spoedig af. Ek sal egter graag wil weet wat aangaan met die Tokai moorde? Daar is egter nog dinge wat ek nie verstaan nie,daar is steeds mense wat reken iemand soos daai kan nog geriabiliteer word,ek kan dit nie insien nie.

Pietser ·

Die moordenaar(s) is gevang en die saak is reeds voor die hof.

Anoniem ·

Waar is die lafaard kinder moordenaar se foto? Hulle is vinnig om die #racisminquisition “skuldiges” se gesigte te wys, maar nie mense wat moor nie?

Helen ·

Dis altyd so verligting as hulle iemand vastrek in sulke sake. Skelms dink altyd hulle sal wegkom. Ek hoop nou net dat hy nie daar uitkom nie.

Irene ·

Jy kan nie eens jou handdoek op strand los nie dan word dit gevat wat nog van cell ek gaan nie meer see toe nie te gevaarlik

Willem ·

Haar Pa Arrie is n persoonlike vriend van my en ek het gesien wat die tragedie aan daai man en familie gedoen het!!!! Gee daai gemors vir ons want hy verdien nie om te lewe nie.

Yster74 ·

Bring doodstraf terug.
Baie goeie werk die Polisie wat betrokke is.
Hulle doen enigiets vir paar rand.
My hart gaan weereens uit na familie.

Kobus 4e ·

Yster, ek voel soos jy, bring terug die doodstraf, maar ons moet versigtig wees wat ons vra. As die doodstraf terug gebring word moet dit ‘n verantwoordelike regering en regsbank wees wat dit toepas. Ek het op die punt nie ‘n groot probleem met die regstelsel in sy geheel nie, maar wanneer gaan die regbank net so onverantwoordelik en korrup soos die ANC word? Dan gaan ons weer pleit, vat weg die doodstraf as onskuldige of minder ernstige oortreders die doodstraf opgele word?
Ek se weer, ons moet versigtig wees wat ons vra. Dit is soos die mense wat gedurende die droogte gepleit het dat die hemelse sluise oop gemaak word, (vra vir Noag wat gebeur dan) dan kla hulle as alles verspoel.

Incogniteo ·

Hy het ‘n lewe geneem en daardeur die reg om nie te lewe nie opge-eis. Wat my ook dwars in die krop steek is dat moordenaars gestraf word vir hul oortredinge volgens die wet, maar nie vir die wreedheid wat daarmee gepaard gaan nie.

Liendempers ·

Ek dink die oomblik wat jy 16 is en getegtig is om n ID nommer te kry moet jy n dokument onderteken waarin jy toestemming gee dat indien jy moord pleeg, jy n inspuiting sal ontvang wat jou die ewige slaap in gaan stuur. Indien jy nie toestem daartoe nie, kry jy nie n ID boek nie en verkieslik word jy dan aangewend om erens te gaan sit en groot klippe klein klippe te maak. Dan lewer jy tog nog n bydrae, al is dit net om dir potholes vol te maak. Ek sal bereid wees om maandeliks my bydrae te lewer vir pap vir die klipkappers, juice vir die naalde en hout vir die krematoriums. Ek reken ons gaan miljarde rande spaar.

Danie ·

Waar is die verrotte ANC Vroueliga nou? Omdat dit `n wit engel was is dit mos nie nodig om te reageer of om na die belaglike Mense regte kommissie te hardloop nie. Is Roelf Meyer nog op die kommissie. Narre

Ai ·

Ek is baie bly hy is gevang. Net jammer dit bring nie vir Shayleen terug nie. Nou gaan al die pyn van voor af begin vir haar familie.

Theresa ·

SO bly hy is gevang! Geen borg vir die moordenaar nie. Wonder met hoeveel ander moored en/of aanrandings hy gekoppel kan/gaan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.