Deurbraak ná diefstal by megaskool

Menzi Primary School. Foto: Gautengse regering

Gauteng se polisiebestuur is in hul noppies met die inhegtenisneming van vier verdagtes ná ʼn inbraak by ʼn splinternuwe skool in Brakpan aan die Oos-Rand wat meer as R100 miljoen gekos het.

Polisielede het op inligting gereageer ná die inbraak by Menzi Primary School in Tsakane vroeg Maandagoggend, sê kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder. Die vier verdagtes (tussen 23 en 38) is in Johannesburg se middestad deur speurders van die Ekurhuleni-Oos-polisiegroepering en die Trio-taakspan in hegtenis geneem.

Tydens hul inhegtenisneming is 22 tablette en drie skootrekenaars teruggevind wat blykbaar tydens die inbraak gesteel is. Dis ʼn breukdeel van die toerusting wat gesteel is, onder meer 185 tablette vir leerders, agt skootrekenaars vir onderwysers, twee dataprojektors, drie lessenaarrekenaars, ʼn plasma-TV, kleinkaskontant van minder as R500 en ʼn digitale video-opnemer.

Die vier bly in polisieaanhouding tot hulle na verwagting Maandag in Tsakane se landdroshof sal voorkom.

Makhubele sê hul ondersoek duur voort en nog verdagtes kan moontlik aangekeer word. “Die polisie soek ook na die oorblywende gesteelde toerusting en vra dus die gemeenskap om inligting te verskaf.”

Enigiemand met inligting kan Tsakane se polisiestasie by 011 363 5347 of Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koosamon ·

R100 miljoen bou een MEGA skool … en R250 mijoen is genoeg vir aanbouings aan Nkandla. Maak mens siek om te dink hoe belasting geld verkwis word deur ANC regering.

Ig ·

Hoop iemand het fotos van die nuwe skool geneem sodat daar teen die einde van die jaar gesien kan word hou vinnig 100 miljoen deurgetrek kan word

Alida ·

R100m is mos nie baie nie of hoe. Hulle praat deesdae van miljarjarde. Miljoene is small change.

Trol ·

Hoeveel kos skoolfonds in die megaskool? Heng, dis mos n township skool. Gratis en mahala. Hulle word mos nie vir apartheid gestraf nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Net R100 miljoen? Tenderpreneurs klim nie uit die bed uit vir R100 miljoen nie….wat het fout gegaan? Was die R100 miljoen nie net die “contractor” se wins nie?

Elize vdWal ·

Dit is jammer dat kriminele nie eers hulle eie kinders se opvoeding in ag neem nie. Weet iemand wie die moou skool gebou het? Indien die Onderwysdepartement of Regering, gaan hulle in ander stede dit ook doen? of is Gauteng gepriviligerrd?

Elize vd Wal ·

Gaan ons ander provinsies ook sulje mooi skole jry van die Onderwysdepartement!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.