Deurbraak ná drie bejaardes wreed vermoor is

Jacaranda Lodge-aftreeoord.

ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die wrede moorde op drie bejaardes wat dae uitmekaar by twee ouetehuise in Pietermaritzburg vermoor is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het bevestig die verdagte is Woensdagoggend in hegtenis geneem en dat hy Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof sal verskyn op aanklagte van moord.

Gwala kon nie berigte bevestig dat die verdagte by die Jacaranda Lodge-aftreeoord in hegtenis geneem is nie. Dit is by dié aftreeoord waar die liggaam van Patricia Elizabeth Tugwell (89) Dinsdagoggend in haar woonstel gevind is. Volgens berigte is die verdagte in hegtenis geneem voor hy vermoedelik weer sou toeslaan.

ʼn Verpleegster het glo op Tugwell se liggaam afgekom. Haar keel is glo met ʼn skêr oopgesny. Dit is nog nie duidelik of enigiets tydens die moord gesteel is nie.

Die Kenwyn-aftreeoord.

Die moord op Tugwell het gevolg dae nadat Roland Heathcote (89) in dieselfde aftreeoord, in Pietermaritzstraat, vermoor is. Heathcote se liggaam is op 21 Julie in sy kamer by die aftreeoord gevind. Hy is met ʼn skerp voorwerp in die kop gesteek. Daar is volgens berigte ook ʼn skêr op die moordtoneel gevind. Heathcote, wat nie gebruik van sy bene gehad het nie, het dae voor sy moord sy verjaarsdag gevier.

Net meer as ʼn week voor die moord op Heathcote is Patricia O’Connor (92) in die Kenwyn-aftreeoord, wat in dieselfde straat as die Jacaranda Lodge-aftreeoord is, vermoor. O’Connor se liggaam is op 11 Julie in haar kamer gevind. Sy is verwurg. ʼn Televisie en twee selfone is glo tydens die moord gesteel.

Die drie moorde het vrese laat onstaan dat ʼn reeksmoordenaar bejaardes in die area teiken. Gwala het gesê die verdagte word met al drie moorde verbind en dat daar verdere ondersoek gedoen sal word om vas te stel of die verdagte ook met enige ander misdade in die area verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rika ·

Ek het nie hoop vir bejaardes in hierdie land nie? Ons sit juis met ‘n verouderde bevolking met al die jongmense wat oorsee is.

Denise ·

Dit is SKOKKEND hoe wreed onskuldige mense elke dag vermoor !!!!!

Petro Benade ·

My enigste vraag en bekommernis is hoe kom so n “reeks moordenaar” van ou mense by so ‘n oord in?

Anoniem ·

Nerens maar netens is mense meer veilig nie !!! Nie eers in tuistes vir bejaardes nie hospitale gaan seker ook nog deurloop

Mielie ·

Petro hy het teen die pype/geute opgeklim. My ma het vir amper 20 jaar daar gewoon voor haar afsterwe en sy kon snags net deure toe trek en nie sluit nie. Was altyd baie veilig. Die probleem in Pmb is dat die municipaliteit bangkrot is en bitter min word gedoen. Die dorp het geheel en al agteruit gegaan. Misdaad kom meer voor in alle gebiede, die gegoede buurte loop sleg deur. Die begrafplaas lyk sleg en mense word daar beroof. Met my ma se begrafnis het ons vir sekuriteit moes reel. Dis n skreinende skande vir elke belasting betaler in daai dorp…..Praat hulle met die Da dan se die party die wyk behoort aan die ANC. Die pensionarisse moet additionele kostes aangaan vir sekuriteit. Van hulle was staatsamptenare en was lojaal teenoor die staat…..om sover in jou lewe te kom en dan so te sterf……

LB S ·

Petro, by die plek inkom is een ding, maar hoe kry hulle dit reg om televisies ens. daar uit te kry sonder om gesien te word!

Tiens ·

Die oom van 89 is met ‘n skêr in die kop gesteek al was hy verlam en aan sy bed gekluister. Dit is darem erg wreed.

Lallie ·

Reeksmoordenaar? Dan is daar ook ‘n REEKSMOORDENAAR Besig om plaasboere uit te moor . julle moet gaan ondersoek instel ..

Casper Labuschagne ·

En die ras van die persoon wat aangekeer is, word nie vermeld nie. Hier is weereens een van daardie Suid Afrikaanse absurditeite waar rassistiese vergelding as motiewe by die moord van weerlose bejaardes nouliks op die lappe sal kom.

Mielie ·

Casper volgens berigte n kleurling verslaaf aan dwelms. Hierdie was net maklike targets. kan net nie verstaan hoekom hulle vermoor moes word nie

@casper ·

As dit ‘n wit man was sou daar ‘n foto van hom gewees het.

Wonder ·

Casper, maak die ras saak? Of hy nou pienk, pers of groen is, hy hoort nie in die samelewing nie. Die doodstraf is al wat sal help om hierdie tipe mense uit die samelewing te verwyder.

Pieter ·

Dis omdat dood straf weg is wat jy 3 keer op 1 plek gaan moord pleeg , dit moes in die erste plek nie gebeur het nie .

GM ·

Julle wat so doodstraf skree, het julle die onlangse berig gelees van die man wat vir 10 jaar ONSKULDIG in die tronk was? So wat dink julle gaan gebeur as iemand, iemand anders uit die weg wil ruim?

My innige simpatie aan die naasbestaandes.

Richard ·

die prys wat betaal word deur die een uit honderde wat dalk onskuldig die doodstraf opgele word is nikseggend as na die stabiliserende effek van die doodstraf op die voorkoms van moord en doodslag gekyk word. DINK n bietjie wyer!!

Alida ·

Ek hoop nie hierdie saak word vir jare uitgerek nie. Vonnis hom en verwyder hom vir altyd. Barbaarse optrede.

Theresa ·

Komaan baasspeurders! Ons het briljante speurders in ons land – vang hierdie wreedaard.
Hierdie dinge is waaraan aandag gegee moet word nie waar opswepers mekaar tot raserny oprui en speelgoedgewere aangegee en afgevuur word en dan ‘n rasding wil maak nie. STOP DIE MOORDE!!! Sekerlik tog iets forensies gekry by die 3 mense?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.