Deurbraak ná Glen-moorde verwelkom  

Christo en Christa Morrison. (Foto: Facebook).

Die VF Plus het die inhegtenisneming verwelkom van twee verdagtes wat betrek word by die moord op die Morrison-egpaar van Glen in die Vrystaat.

ʼn Bekommerde buurman het op 4 Mei alarm gemaak toe hy nie vir Christo Morrison (76) en sy vrou, Christa (73), op hul selfone in die hande kon kry nie. By die polisie se aankoms op die toneel het die huis se deure oopgestaan en daar is bloed op die vloer gevind. Christo se liggaam is sowat 300 meter van die plaashuis aangetref. Christa se liggaam is in ʼn septiese tenk op die plaas gevind.

Twee verdagtes is Vrydag in verband met die moord in hegtenis geneem. Sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die provinsiale eenheid teen ernstige geweldsmisdaad het Vrydagmiddag omstreeks 14:00 inligting ontvang oor waar die verdagtes hulle bevind.

“Die span het met Welkom se taktiese reaksie- eenheid saamgewerk en is na ʼn gastehuis in Bloemhof waar twee mans, onderskeidelik 26 en 39 jaar oud, in hegtenis geneem is. Hulle het die twee selfone wat aan die slagoffers behoort het, in hul besit gehad.”

Die twee verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof en twee aanklagte van moord.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, het die polisie bedank vir sy vinnige optrede en die gemeenskap vir hul bydrae wat daartoe gelei het dat die verdagtes aangekeer is.

“Plaasaanvalle en -moorde kan nie as gewone misdaad beskou word nie, veral weens die wreedheid wat daarmee gepaard gaan.”

Die VF Plus dring weer eens daarop aan dié soort misdaad tot ʼn prioriteitmisdaad verklaar word, het Van Niekerk gesê.

“Die party doen ook ʼn beroep op veral landelike gemeenskappe om by hul plaaslike veiligheidstrukture aan te sluit en nie hul waaksaamheid te verslap nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie ·

Goeie werk.Wel die twee mense is dood en niks kan dit verander nie.Wreed vermoor op n plaas.Gaan die twee dieselfde straf kry.STOP PLAASMOORDE NIE N PRORITEIT VIR SAPD EN REGERING.

Papsak ·

Dankie FV + en almal wat saam gewerk het hoop hulle gaan net so swaar straf word soos daai mense dood is bring die doodstraf terug asb dit is heeltemal onaanvaarbaar ????

Bolandse Nooi ·

Daar was ‘n besliste politieke spel agter die nietigmaking van die destydse kommando-stelsel in 2003, onder Thabo Mbeki se presidentskap. Die blanke volksmoord het tóé al begin. As die kommando’s nog in plek was, sou plaasmoorde nie in getal en wreedheid toegeneem het nie. Is ek reg, of is ek verkeerd???

Grassie ·

Baie dankie aan die ondersoekspan met puik werk. Die grusame wyse waarop hierdie misdaad gepleeg is maak dit duidelik dat dit nie bloot ‘n roof was met diefstal van eiendom as motief nie. Dit was berekende optrede aangevuur deur politieke leiers wat selfs liedjies sing dat boere doodgemaak moet word.

Swerwer ·

Dankie aan almal wat gehelp het met die arrestasies. Dit is onmenslik om onskuldige mense te roof en so wreed te vermoor, maak nie saak wie dit is nie. Die Reg moet dieselfde straf aan die skuldiges toedien wat hul aan hul slagoffers gedoen het. Dit is al hoe hierdie duiwelse wesens se onmenslike optredes gestuit sal word.

Vanessa ·

Ons is nie eers bewus van al die moorde wat gepleeg word nie. Suid Afrika was eers ‘n plek waar jy rustig kon leef, geen vrees. Waarom moet ons so leef. Bring die doodstraf terug.

Koen ·

@Venessa. Net ‘n baie klein deel van die SA bevolking kan sonder vrees in die ou SA leef. Het jy vergeet van die grensoorlog waar jong mans (Eintlik nog kinders) moes sorg dat jy vreesloos kon lewe. Het jy vergeet dat ons aangekla is deur die ganse wêreld van misdaad teen die mensdom? Dink voor jy tik.

Delia ·

@Vanessa. Die ou SA was n plek waar sekeres in vrede kon leef. Dink jy regtig alle bevolkingsgroepe kon in die ou SA in vrede leef.
Paswette en pasboeke wat in jou besit moet wees. Anders…..
Nou kry almal swaar onder misdaad.

Martie ·

Delia nou wat se jy eintlik. Jy moet nog steeds ‘n identiteitsboek hê om êrens heen te gaan of in te kom of sake te doen. Die POPI wet is erger as ‘n pasboek, jy kan nie eers jou eie inligting bekom sonder bewyse nie. SA is in so ‘n toestand as gevolg van wetteloosheid wat gekom het na noodsaaklike wette afgeskaf is, soos byvoorbeeld “wat soek jy hier as jy nie ‘n rede het nie”. Almal kan kom en gaan en drentel en leeglê net soos hulle wil en jy as wetsgehoorsame burger het geen regte nie.

lollapot ·

Nogal in n gastehuis? Lui lekker lewe… In lui lekker land!
Baie dankie aan die ondersoek span en almal wat n bydrae gelewer het tot die arrestasies! Mag hulle vrot in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.