Deurbraak na gru-aanval op ouma, kleindogter

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Een van die drie verdagtes wat geïdentifiseer is in verband met die gru-aanval op ʼn ouma en haar kleindogter, is tydens ʼn huisbraak doodgeskiet.

Die 61-jarige vrou en haar 21-jarige kleindogter is Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis in Dobsonville, Soweto, aangeval.

Een van die gewapende verdagtes het die kleindogter verkrag terwyl ʼn ander verdagte die ouma verkrag en erg aangerand het. Sy is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë kliniek gehaas waar sy aan haar beserings beswyk het.

Die ondersoekspan het inligting opgevolg wat hulle na Mpumalanga gelei het waar ʼn verdagte Woensdagaand in hegtenis geneem is.

“Ons het ook vasgestel en bevestig dat nog ʼn verdagte in die saak die naweek tydens ʼn huisroof in Roodepoort doodgeskiet is,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê. “Ons het intussen ook ʼn derde verdagte geïdentifiseer. Hy is een van die twee mans wat oor die naweek deur gemeenskapslede aangerand is.”

Dié verdagte is intussen ook in hegtenis geneem en is in aanhouding. Die twee verdagtes, onderskeidelik 43 en 50 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn.

Peters het vroeër gesê die verdagtes het toegang toe die huis verkry deur ʼn skuifdeur nadat hulle die diefwering oopgebreek het.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming van die verdagtes verwelkom en die ondersoekspan vir hul toewyding geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Faraway

Hoe verskriklik moes dit nie vir die Ouma en kleindogter gewees het nie!
Wat my wel troos is . . . dit wat vir die boosdoeners wag in die hiernamaals!!!

Harry

Dis verskriklik. Mag ons Liewe Vader julle vrede en vertroosting bied.
Die booswigte……………julle tyd kom.
Gaan maak julle saak reg.

Andre

Noem my ‘n lafaard of onpatrioties maar ek wil nie meer in die land bly nie en kan ook nie emigreer nie. Is dit finaal ontmoontlik om selfbeskikking te verkry want die omstandighede gaan nie verander. Vir die naasbestaandes van die oumatjie en kindjie die vertroosting dat hulle op ‘n beter plek is as hierdie gebroke land

Kokerboom

Dankie SAPD. Roei die brutale ongeregtigheid uit

Landi

Sal interesant wees om te sien of hierdie soort insidente dalk die betrokkenheid van vrygelate tronk voels gedurende lockdown inhou? Ons kriminele syfers en insidente klim en styg met n spoed om van naar te word, nie om eers die vlakke van wreedheid te noem nie.