Deurbraak ná gruvonds by stadion

Argieffoto: Kent Williamson

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Marks Rambau (48), adjunkdirekteur van Limpopo se departement van vervoer.

Rambau se deels verkoolde liggaam is op 15 Januarie langs die Peter Mokaba-stadion in Polokwane gevind. ʼn Man en ʼn vrou wat met ʼn blou Volkswagen Polo gery het, het na bewering die liggaam by die stadion afgelaai. Die polisie het op sy oorskot afgekom toe ʼn veiligheidswag van die munisipale kantoor langs die stadion, hulle van die vonds in kennis gestel het.

Die polisie was op soek na Rambau se twee voertuie, wat verdwyn het ná sy moord – ʼn beige Jeep Wrangler ʼn blou Volkswagen Polo.

“ʼn 24-jarige vrou van Seshego, Mmotong, is Vrydagaand omstreeks 20:00 by ʼn hotel in Polokwane in hegtenis geneem,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn 27-jarige man van Nigerië is Saterdagoggend omstreeks 04:00 by sy huurhuis in Florapark, Polokwane, in hegtenis geneem.”

Beamptes het Rambau se twee voertuie op twee verskillende plekke in Polokwane en ʼn selfoon gevind.

Rambau is vermoedelik op 15 Januarie in Florapark vermoor.

Die ondersoek sal ook bepaal of die twee verdagtes met ander misdade verbind kan word.

Die verdagtes sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag van moord, motorkaping, huisbraak en diefstal en dwarsboming van die gereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karolis ·

Lyk my die nigeriers is aktief in menigte kriminele fasette.

SjN ·

Dwelms. Groot geld. Transaksie het skeef geloop. Reverse gear.

Michelle ·

Die regering moet pa staan vir die moorde hulle het die grensposte oop gegooi helfte het nie eers wettige dokumente om hier te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.