Deurbraak ná kind se begraafplaasmoord

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in die Noord-Kaap het ʼn deurbraak gemaak ná die moord op ʼn 15-jarige seun wie se liggaam in ʼn begraafplaas by Barkly-Wes gekry is.

Die kind se liggaam is laat Saterdagaand in die begraafplaas in Mataleng gevind. Hy is vermoedelik met ʼn klip of baksteen teen die kop gegooi.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ʼn 23-jarige man is intussen in verband met die moord op die seun in hegtenis geneem nadat ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur is. Hy verskyn na verwagting later vandag in die landdroshof op die dorp op ʼn aanklag van moord.

Genl.maj. Phiwe Mnguni, waarnemende polisiehoof in die provinsie, het die gemeenskap bedank wat inligting verskaf het wat tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het.

Die motief vir die moord, wat die polisie as grusaam beskryf het, is nog onduidelik.

Die polisie het nie die jong slagoffer se naam bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.