Deurbraak ná kleinhoewe-moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in ʼn ondersoek na die moord van ʼn 65-jarige man wat in Desember verlede jaar op ʼn kleinhoewe in Randfontein vermoor is.

Leon Cilliers is op 23 Desember op ʼn kleinhoewe in die Pelzvale-omgewing vermoor. Hy is aan veelvuldige beserings oorlede en verskeie items is uit die huis gesteel.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê danksy die Wesrand Trio-taakspan en lede van die polisie se Wesrand-honde-eenheid is twee verdagtes Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat Cilliers se selfoon in een van die verdagtes se besit gevind is.

“Die twee verdagtes se inhegtenisneming het die span na ʼn selfoonwinkel in Breëstraat in Johannesburg gelei. Daar het lede die winkel deursoek en op talle selfone en rekenaartablette beslag gelê. Daar is op goedere ter waarde van R40 000 beslag gelê,” het Ernst gesê.

Sy het gesê die twee verdagtes word voorlopig van die besit van gesteelde goedere aangekla en ondervra oor hoe Cilliers se selfoon in hul besit gekom het. Intussen gaan die polisieondersoek en die soektog na die moordenaars steeds voort.

Brig. Mashole Manamela, die Randfontein-stasiebevelvoerder, het lt.kol. Gert Kruger en sy span geloof vir hul toewyding om die verdagtes op te spoor.

Mense met meer inligting oor die saak word versoek om die Wesrand Trio-taakspan by 079 496 6288 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annemarie ·

Bravo!!!!!!!! Julle maak ons trots. Ons sal nooit ophou om vir julle mense te bid nie

Wees versigitg ·

Moet nooit selfone by winkels koop wat gebruikte selfone verkoop nie. Daai selfone en skootrekenaars moet van erens af kom en dis 90% van die tyd nie op ‘n wettige manier bekom nie. Ek is oortuig dit hits rooftogte aan ook. Vraag en aanbod.

joe ·

Daar is niks deurbraak nie die moordenaars is nog nie gevang nie!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.