Deurbraak ná ma ontvoer, vermoor is

Nosipho Sidabuka (Foto verskaf)

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op ʼn 51-jarige vrou in Qumbu in die Oos-Kaap.

Een van die verdagtes is die vrou, Nosipho Sidabuka (51), se eksman.

Sidabuka se liggaam is op 13 Junie gevind. Sy en haar 22-jarige seun was op dié dag van Tina Falls na Qumbu op pad toe twee persone in ʼn silwerkleurige Polo met die nommerplaat ND 4735 hulle by die Tsitsa-brug naby die N2 voorgekeer het.

Volgens die seun het dit gelyk of die twee persone haar iets vra voordat hulle ʼn vuurwapen op haar gerig en geld geëis het. Een van die verdagtes het ʼn skoot op haar afgevuur en haar handsak gegryp. Hy het haar toe na hul voertuig gesleep.

Die ander verdagte het die seun met ʼn pistool aangerand en hy het borsbeserings opgedoen. Die verdagtes het daarna met Sidabuka van die toneel gevlug. Haar liggaam is twee dae later deur ʼn groep kinders gevind terwyl hulle besig was om skape bymekaar te maak.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is onderskeidelik verlede Donderdag en Vrydag in hegtenis geneem.

Sidabuka se 52-jarige eksman is Vrydag in Zipunzana in hegtenis geneem. Daar is ook twee vroue, wat tussen 30 en 40 jaar oud en susters is, in hegtenis geneem. Die ander verdagtes is ʼn 55-jarige man wat Vrydag in New Brighton in Mthatha in hegtenis geneem is en in besit was van ʼn 9 mm-pistool en ammunisie. ʼn 38-jarige man, glo ʼn buitelander, is ook Vrydagmiddag in Vulindlela Heights in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is ʼn polisiebeampte in Mthatha.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir die deurbraak in die saak.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Qumbu-landdroshof verskyn op aanklag van moord, ontvoering, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Volgens Kinana gaan die ondersoek voort en word nog inhegtenisnemings binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ronel ·

Verbasend hoeveel Polisie deesdae in die media uitgewys word as die kriminele ?

Magda ·

Hulle werk vir n kommunistiese SWART Apartheid regerring – wat het jy anders verwag 99.9% van die regering is korrup.

Arthur ·

Baie akkuraat, plus of minus 0, 001%. Die paroolraad vergader seker al om hulle terug te plaas in die samelewing, om hul plunder- en verwoestingstog voort te sit. Daar is goed gedokumenteerde, eerstehandse inligting en kennis oor die kriminaliteit van die regerende party en hul leierskap….. Mbokodo, Inside MK, a Soldier’s Story… deur Mwezi Twala (oorlede) en Dr Ed Benard – Jonathan Ball Publishers 1994 ( uit druk geforseer en van rakke verwyder deur die ANC…) Daar is nog lewende getuies…

Sarel ·

Alweer lid van die Polisie. Waar kom hulle veldtog vir gewekd teen vrouens en kinders in? Hoekom is Vroueliga so stil

Francois ·

Dis so ironies. Haar aanvallers word binne n week gevang maar plaasaanvalle word nooit opgelos of iemand gou aangekeer nie

TO ·

Ek het regtig simpatie met wat die gebeur het niemand verdien dit maar dis wonderlik hoe vinnig sekere sake opgelos kan word en vir ander sommer net ‘n inquest gehou word, selfs sonder die familie in kennis gestel word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.