Deurbraak ná ma, seun dood gevind is

Argieffoto: SAPD/Facebook

Nadat ʼn KwaZulu-Natalse vrou en haar seun, wat albei aanvanklik as vermis aangemeld is, se liggame in Januarie vanjaar in ʼn vars graf gevind is, is die vrou se broer Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moorde.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Nyoni-polisie het inligting opgevolg oor waar die verdagte wegkruip en hom gister op ʼn plaas in die Eshowe-gebied in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming volg nadat Zoe Buthelezi (49) en haar seun, Mthunzi Zulu (19), in Januarie vanjaar as vermis aangemeld is. Maroela Media het vroeër berig die twee is die laaste keer lewend gesien toe hulle by ʼn huis van een van hul familielede in ʼn rusie betrokke was.

Nadat lede van die gemeenskap nie weer vir Buthelezi en Zulu gesien het nie, het hulle onraad gemerk en besluit om die polisie te ontbied.

Polisiebeamptes het die twee vermiste mense se familielede by die huis waar die slagoffers die laaste keer gesien is, ondervra, en daar het die beamptes ʼn vars graf opgemerk en agterdogtig geraak.

Die beamptes en lede van die gemeenskap het die graf oopgegrawe en die liggame van Buthelezi en Zulu gevind. Buthelezi se liggaam was in stukke opgekap en in plastiek toegedraai.

Die verdagte sal Vrydag in die Nyoni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Genade..maar die mensdom is grillerig. As hul nie verkrag, martel, moor en verbrand nie kap hul jou nog in stukke ook. Dan is dit ook nogal jou naaste wat die goed aanvang. Wie en waar is jy veilig? Hierdie tipe moorde kom al hoe meer voor. Hierdie land met sy mense is klaar in die afgrond. Hier gaan geen mens oorbly as dit aangaan soos dit aangaan.. Groet jou geliefdes met liefde elke dag want jy weet nie of jy hul weer gaan sien…..

Hannelie ·

Ek stem saam jou Anoniem. Elke dat as ons lees….is dit moord/martel/verkragting en al daai lelike goed wat net wrede mense doen. Ek kan nie dink dalk daar sulke mense op aarde rondloop met soveel haat en wreedheid in hul nie. Die hel is elk geval hul voorland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.