Nóg ʼn deurbraak ná Mooinooi-vroue se verdwyning

Joey van Niekerk en Anisha van Niekerk. Foto: Via Facebook

Nóg twee verdagtes, ʼn man en ʼn vrou, is in hegtenis geneem in verband met die raaiselagte verdwyning van Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi in Noordwes.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê ʼn 18-jarige meisie en ʼn 29-jarige man is Vrydag in Rustenburg in hegtenis geneem omdat hulle moontlik met Joey (32) en Anisha (30) se verdwyning en moontlike moord verbind kan word.

“Ons is steeds op soek na die twee vermiste persone. Ons is vol hoop dat die inhegtenisnemings van dié twee verdagtes ons die nodige antwoorde sal bring,” het Talane gesê.

Maroela Media het verneem die verdagtes is glo na aan Koos Strydom (53), een van die vyf verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is ná Joey en Anisha se verdwyning. Strydom bedryf ʼn paneelkloponderneming op die kleinhoewe waar Joey en Anisha woon.

Die twee verdagtes, wie se name nie genoem mag word voordat hulle in die hof verskyn het nie, moet Dinsdag in die hof verskyn voordat hulle na verwagting Vrydag saam met die res van die verdagtes in die Brits-landdroshof gaan verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.

Wynand van Niekerk (34), Anisha se broer, het die inhegtenisnemings verwelkom. Hy het ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die familie Vrydagoggend by die Brits-landdroshof by te staan om teen die verdagtes se borgtogaansoeke te betoog.

Intussen het die vyfde verdagte, Moses Rakubu (33), Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn ná sy inhegtenisneming op 22 Desember. Die saak is uitgestel en Rakubu sal ook Vrydag saam met die ander verdagtes verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Strydom, Aaron Sithole (23), Alex Mudau (36) en ʼn vierde verdagte het reeds in die hof verskyn nadat hulle vroeër in Desember in hegtenis geneem is. Die vierde verdagte se naam word weerhou omdat daar onsekerheid is of hy minderjarig is of nie.

Die verdagtes word aangekla in verband met die verdwyning van Joey en Anisha wat op 10 Desember omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien is waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie en is sedertdien nie weer gesien nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Daar was egter geen teken van die vroue nie en die soektog na hulle duur voort. Persoonlike besittings, waaronder die vroue se bankkaarte, is in van die verdagtes se besit gevind toe hulle in hegtenis geneem is.

Lees die vorige berigte oor Joey en Anisha van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Cherokee ·

Die onsekerheid of een van die skelms minderjarig is of nie duur lank.

Chris Ws ·

Cherkee ek stem saam!Sy verdediging soek seker na ‘n manier om die hof sonder konkrete bewyse te oortuig dat hy minderjarig is.
Soos my vrou wat wag dat die meester van die hof ( ene Ndlovo) die hofbevel moet teken wat haar onbevoeg verklaar om haar derdeparty geld self te bestuur na sy ‘n erge brein besering in ‘n motor ongeluk opgedoen het.Daarna moet hy die Hofdokument deurstuur na Std bank waar haar geldjie tans bele is waarna dit aan ‘n trust prokureersfirma oorbetaal sal word wat dit weer gaan bele namens haar.Sy wag nou bykans 9 maande net vir dit!Waarom?

Speedguard ·

Chris ws ,Ek verstaan nie jou kommentaar nie, wat het dit met die saak te doen, meskien moet jy bietjie vuur maak onder die prokureur wat jou saak hanteer het, sonie die prokureur wat aangestel is as die kurator……………kry vir jou ‘n ordentlike prokureur of nader die hof self, ek is seker u het die fooie nodig om om te sien na jou vrou se behoeftes……. sterkte!

Daan ·

Dit lyk of die polisie almal in die distrik wil arresteer en sodoende miskien met baie geluk die regte persoon per toeval sal vang .

Blommie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat 5 mense al hoe lank in aanhouding is en nog niemand weet waar daai 2 vroue is nie????? Hie is dit moontlik??? Is hulle al ooit enigsins gevra waar die vrouens is en of hulle nog lewe??? Is ek die enigste een wat hieroor wonder?

Peet J ·

As ek reg tel is daar nou sewe verdagtes betrokke; Wonder hoeveel ander verdagtes gaan nog deel word van die aangeleentheid.Geen positiewe inligting is tot datum aan die publiek beskikbaar gestel nie m.a.w.geen hofverrigtinge uitsprake, word met die publiek gedeel nie, nogal snaaks nê.?
Ek dink nie die gevanginisse, kriminele wat by hierdie saak betrokke is het werklik deel aan die verdwyning van die vrouens, nie .

Lientjie ·

Hierdie 7 verdagtes is seker doof ,stom en blind, want die hemel weet dat niemand nog kon praat nie laat my stom!!! Hier is iets anders fout.

Willie ·

Lientjie, ek voel ook diep binne dat hier iets anders aan die gang is. Dit sal interessant wees as alles geopenbaar word. Hoop nog steeds dat hierdie vroue nog lewe.

Hoopvol ·

Dankie aan die polisie! Gee mens hoop vir die toekoms om te sien daar is nog mense wat weet wat hul doen!

honourable member ·

Hierdie is iets baie interessant aan die gang. Lyk kankal nie meer soos n gewone roof nie.

PJC ·

Miskien moet die ondersoekers net die regte ondervragingsmetodes gebruik om hierdie ouens te oortuig om te sê waar die vermistes is.

Niklaas ·

Daar moet tog maniere wees om hierdie groot spul verdagtes afsonderlik van mekaar te hou en te laat praat. Hul is dan tog in aanhouding oor die dames se verdwyning. Dekade of twee gelede sou die vedagtes gougou soos kanaries gesing het binne enkele ure. Dis onverklaarbaar dat die vroue soos mis voor die son net kan wegraak en dat arrestasies volg. Moontlik word die ware feite van die publiek weerhou , maar eendag hoop ek, word als gou duidelik

Charmaine ·

Lyk al vir my asof ou Koos die man agter die storie is..die polisie moet hom in n hoek druk.

Nell ·

Dis vir my baie vreemd dat daar al soveel arrestasies is, maar geen nuus oor waar die vroue is nie. En hoe lank neem dit om vas te stel of iemand minderjarig is? Dit moet vir hulle familie en vriende ontsettend ontstellend wees.

andrea van vuren ·

Hierdie saak loop nou dieselfde pad as die destydse pedofiel, Gert van Rooyen, saak. Kinders nooit gevind nie.

Kaptein ·

Ons almal weet die goeie polisielede in die polisie moet veg teen misdadigers en teen elemente binne-in die polisie.
Dit is vir my veragtelik en belaglik dat soveel kommentare hier nie in ag neem dat die polisie nie net op een saak fokus nie, dat hulle nie onbeperkte hulpbronne het nie, en ook nie dat in ‘n Desember maand dinge dalk so bietjie stadiger gaan as gewoonlik nie. Hoeveel van julle het kommentaar gelewer terwyl julle op vakansie is?
En wie hier het die reg om die aantal verdagtes te kritiseer sonder kennis van die saak?
Kom ons ondersteun ons polisielede – hulle kan wragtig doen daarmee.

Sup ·

Ja Kaptein….dis maar tiperend van ons ou volkie. Altyd aan die kla.

Daan ·

Het julle al daaraan gedink dat die publiek nie verniet kla nie .Die misdaad is buite beheer.Die selfde polisie gee n R100 000 rand beloning vir die Benson saak, ook in Mooi nooi maar bied nie n sent aan vir inligting oor die twee vrouens nie.Die mense van Namibië prys Nampol gereeld en vir goeie rede kan die SAPD dieselde verwag.nee en ook vir goeie rede so doen julle werk en hou op die belasting geld mors.

Carisma ·

My sus amper 5 jaar terug verkrag en vermoor en tot vandag toe het niks van haar saak gekom nie. Kaptein weet jy hoe is ek behandel toe ek gaan vra het oor haar saak se vordering. Die speurder het vir my gevra of ek nie net seksueel frustreerd is nie en nie net seks nodig het nie. So ja kom ons wees ook maar eerlik daar is baie baie goeie polisiemanne daarbuite en dan is daar die vrot appels en dis hulle wat maak dat n mens in die polisie twyfel. Ek kry die vrouens se familie so jammer want ons het minder as 24 uur na my sus gesoek en dit was hel gewees so waardeur hulle reg nou gaan moet soveel erger wees.

Deon ·

Die verdagtes is nou al hóé lank in aanhouding maar steeds geen inligting oor waar die vroue is of wat met hul gebeur het??! Ek vermoed owerhede weerhou inligting tot en met hul self al die feite het. Maar een ding is seker, hier is verseker iets snaaks aan die gang.

Bossie ·

Dankie aan Santie se broer en die hele span wat onverpoosd werk om die saak op te los. Dankie vir dit wat jul agter die skerms doen waarvan ons niks weet nie. Van ons weet jul sal die saak in die wiele ry indien jul alles aan die publiek uitblaker. Myns insiens is julle bevoeg en het reeds antwoorde. Jul sal die saak oplos. Jammer oor die publiek se ongeduld. Hulle is maar net jammer vir die familie en gee werklik net om…

LV ·

Daar sal baie minder kritiek op die ondersoek wees as die kommunikasie afdeling vd SAPD die publiek behoorlik ingelig hou. Hierdie voorval het bykans n maand gelede plaasgevind en ek het nog nie een amptelike persverkaring deur die SAPD gesien nie. Hulle het nie nodig om sensitiewe inligting te openbaar nie,maar die publiek is daarop geregtig om ingelig te word.

KG ·

Alhoewel ek saam met jou stem, glo ek daar is dalk ‘n goeie rede hoekom die Polisie nie tans meer inligting deurgee nie. Ek dink nie ons as publiek besef altyd wat agter die skerms gebeur nie. Daar is nog polisie lede wat hul week ernstig opneem. Ek hoop wel van harte dat vir hulle geliefdes se onthalwe daar vinnig antwoorde gaan kom.

Anoniem ·

Hoekom? Uit pure nuuskierigheid? Die polisie het geen verpligting om inligting aan die algemene publiek bekend te maak nie, dis aan die familie en vriende teenoor wie hulle die inligting bekend maak. Baie mense wat hier so ongevoelig kommentaar lewer doen dit slegs uit nuuskierigheid en geen ware belang stelling of omgee vir die arme twee vrouens of hul familie nie.

Ada ·

Dankie vir alles probeer om die dames op te spoor.Dalk mensehandel? Hoop nog steeds hulle word lewend gevind.

LV ·

Anoniem,ons leef nie meer in die tyd voor 1994 nie,toe het die polisie op hul eie gefunkioneer,nou is daar deursigtigheid,en natuurlik is die polisie aan ons as belastingbetalers verantwoordbaar.

Mynkie ·

As ons al die berigte lees se dit duidelik die klomp mense word aan gekla van moord so daar is glad nie meer n kans om te se dat hulle lewend gevind sou of sal word nie want dan sou daar gestaan het hulle word aangekla weens ontvoering dis net traagies dat so iets kon gebeur het n so klein plekkie. Wys net hoe min iemand se lewe vandag werd is niks en niemand is meer veillig nie.

Annoniem ·

Annoniem.Ek stem saam .As n saak openbaar gemaak word wek dit die belangstelling van die publiek en dan moet inligtigting nie weerhou word nie.Die van Breda saak dieselfde.Lyk nie of hulle by die werklikheid kan uitkom nie.

Nommer xxx ·

Daar is wel mense wat hul bes doen – maar niks van ons regstelsel verbaas my meer nie. Dis allesbehalwe effektief vir enigiemand anders as die beskuldigdes. Ek het baie dae die afglope 4 jr in magistraatshof deurgebring om beskermingsbevel, onderhoud en skeisaak afgehandel te kry. Na 18 mnde en meeste van die werk myself doen, kon ek darem die beskermingsbevel kry. Onderhoud is nou kriminele saak en kom steeds nerens, terwyl ek al die ander party se inligting vir die hof en legal aid gegee het. Skeisaak is steeds nerens. Ek het sit en kyk hoe alle sake van aanranding tot dronkbestuur ens, keer op keer op keer uitgestel word met flou verskonings. Jy gaan sit daar, wag ure tot iemand opdaag, wys jou gesig. As die ander party (meestal aspris of met ooglopende leuens) nie opdaag nie of iets, word dit net weer en weer en weer uitgestel. Nou verstaan ek baie duidelik hoekom die regstelsel in die toestand is wat dit is. Die klerke in die verskillende departemente is meestal swak opgelei, oorwerk en boonop of nie lus om te werk nie of arrogant of albei. Of jy nou daar is vir mishandeling, diefstal, aanranding of wat ookal – jy loop dieselfde paadjie en bereik bitter selde iets positiefs. Kan my net voorstel dat in die ander howe gaan dit nie veel beter nie.

Speedguard ·

Aan al die meeste mede deelnemers aan die kommentaar, Julle onkunde is duidelik dat jul GEEN benul het hoe so saak ondersoek moet word om te verseker dat ALLES in orde is vir die verskeining en om ander moontlike meedepligtigis vas te trek nie, MM kan net publiseer wat tot hul beskikking is , een glipsie en hulle loop !! Onthou asb jy moet die betrokkenis se skuld bo redelike twyfel bewys anders stap die mense en word almal weer beskuldig dat die ondersoekers nie hul werk behoorlik gedoen het nie, die mense word aangehou , so waarom die haas , ek weet die dames moet gekry word, dink jul vir een oomblik hul sal dit weerhou indien hul reeds opgespoor was, vir die geliefdes wil ek net se, sterkte en is julle pyn onbeskryflik ,die onsekerheid maak ‘n mens mal , sterkte en hoop en bid ek dat die uitkoms spoedig kom vir julle !!

Muffin ·

Ek stem saam met julle almal. Ek dink die SAP weet baie meer as wat ons dink en is hulle besig om n groot sindikaat te prbeer vaspen. Met tyd sal ons leer. Inige simpatie met familie en vriende. Carisma ons dink aan jou ook en moenie die saak net so los nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.