Deurbraak ná moord op geliefde ‘pannekoektannie’

Anna Herbst, Bloemfontein se geliefde pannekoektannie, is die naweek in haar huis vermoor. (Foto: verskaf)

Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Anna Herbst (61), oftewel Bloemfontein se “pannekoektannie”, soos sy allerweë bekend gestaan het.

Ao. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het bevestig drie mans, tussen 18 en 19 jaar oud, is Woensdagoggend in verband met die moord in hegtenis geneem. Volgens Earle sal die verdagtes Vrydag in die hof verskyn.

Intussen word ʼn verassingsdiens vandag om 11:00 in die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) vir Herbst gehou.

Herbst se liggaam is Saterdagoggend in haar huis op ʼn kleinhoewe by Bloemspruit, aan die buitewyke van die stad, gekry. Sy het alleen daar gewoon nadat haar man vroeër dood is.

Earle het vroeër gesê nooddienswerkers het Herbst se liggaam in die huis gekry nadat bure vlamme gesien en die brandweer ontbied het.

Die nooddienswerkers het agtergekom Herbst se hande is vasgebind toe hulle die liggaam uit die huis verwyder het.

ʼn Moorddossier is geopen en ʼn nadoodse ondersoek is gedoen om die oorsaak van Herbst se dood te bepaal.

In dié stadium lyk dit of net ʼn geldtrommeltjie uit Herbst se voertuig, wat steeds buite die huis gestaan het, vermis word. Haar pannekoekgeld was vermoedelik daarin.

Barend Rossouw, Herbst se skoonseun, het vroeër gesê volgens die polisie is Herbst moontlik in die aanval ook geskiet.

Hy en sy vrou, Anneke, het hulle Saterdag na Herbst se huis gehaas nadat hulle ʼn oproep oor die brand daar gekry het, maar dit was tevergeefs. Die huis is in die brand verwoes.

Herbst was ʼn bekende in die stad waar sy die afgelope ruk op Donderdae, Vrydae en Saterdae pannekoeke voor D&J Vleis verkoop het.

Adri Vorster, wat saam met haar man, Jimmy, D&J Vleis besit, het gesê “tannie Anna en haar pannekoeke” was ʼn instelling voor die deur.

“Dit is vir ons verskriklik sleg. Sy was al deel van die opset hier. Tannie Anna was regtig ‘tough’, sy het nie stilgesit nie,” het Vorster gesê.

“ʼn Mens lees van dié goed, maar dit gebeur nie op jou voorstoep nie. Die tannie het nie ʼn vlieg skade gedoen nie. Die mense was verskriklik lief vir haar,” het Vorster gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Diefie ·

Hoe hartseer is dit nie! Sterkte aan almal wat haar lief het. Mag die 3 kry wat hulle verdien.

Melanie ·

Sterkte aan familie.My vraag waarom word die aanvalle op ons oumense net erger.Die manier wat hulle aangerand word en vermoor word is nie menslik nie.Hoop die 3 sit lewenslank!

Hennie ·

Die nooddienswerkers het verseker ‘n baie nou span van aandag, eers toe hulle die liggaam uit die huis verwyder het, het hulle “agtergekom” dat haar hande vasgebind is. Klink of hulle dit ook maar baie toevallig agtergekom het. Treurigheid se moses!

RINA ·

BLoemspruit is gelee langs nedersettings. Was goeie mooi plotte tot grond ingeneem was. Hennie die huis was reeds aan die brand noodwerkers het dadelik die liggaamverwyder en toe agtergekom haar hande was vasgemaak

Magda ·

18 – 19 jaar oud – In n Nie Apartheids tyd gebore – maar doen seker soos sekere Politieke Parye mos geweld teen Wit mense aanhits – Dankie EFF / BLF julle is mos vir die jonger geslag en hits mos geweld aan.

Gert ·

Hulle gaan seker weer agter hul jeugdigheid wegkruip, siestog!!

Rina Kotze ·

Jeugdige word geklassifiseer tot ouderdom 17 sover ek die reg verstaan.

So, 18 tot 19 word hulle as volwasse gereken.

Maar Ja, ek stem met die meeste saam, dis post apartheid en sekere mense hou mos van opsweep en kom niks oor nie.

Wat het die Tannie tog aan hulle kon doen, behalwe lekker pannekoeke gee?

Jan ·

Hulle is nog jonk. Gaan opgesluit word vir min of meer 15 jaar en as hulle uitkom gaan hulle aan waar hulle opgehou het… Baie hartseer. Hulle is nog nat agter die ore en in staat om so wreed op te tree. Juju… jou jeug maak jou seker trots nê?

Cherokee ·

Hierdie tipe gevalle is die bewys dat die mense wat dit ‘wraakmoorde’ noem, verkeerd is. Die aangeklaagdes was nog nie eens gebore toe die anc oorgeneem het. Hulle ken niks anders as ‘n swart regering wat diskrimineer teenoor wittes.

John ·

Is oumense te hardkoppig of hulle en hul kinders te swak ingelig oor die gevare van alleen te woon op afgeleè plekke? Sommige mense trek nie eens hul gordyne saans toe nie en elke janrap kan hul bewegings dophou. En dan is daar dominees wat aanvalle op boere afmaak as verdiende straf.

Skerpioen ·

Ek het vir tannie Anna geken, nie baie goed nie. Maar ek weet dat sy daar wou bly want dis háár plot, háár tuiste. Ja ons almal het probeer verduidelik dat dit onveilig is vir haar om alleen daar te bly. Hoekom moet ons alles net opgee en weg hardloop vir boosdoeners. As elke boer sy gesin vat en weghardloop van sy plaas af net omdat die onveilig is om op n plaas te bly weens al die plaasaanvalle, het niemand in hierdie land meer kos op hulle tafels nie.

Theresa ·

Hulle moet die doodstraf kry. Sy was weerloos en dit is erg om so ver in ouderdom te vorder en dan so wreed te sterf. Nou gaan sit hul in die tronk en niks doen en ons moet maar net betaal vir die verblyf. ‘n Oog vir ‘n oog. Bring doodstraf terug – julle sal sien dit gaan beter gaan met die sinnelose geweld.

Maljan ·

Skoon suiwer hebsug. Tuinwerk is mos vernederend. Nethwill, ek lig my goed vir jou! 6/7 dae swoeg hy in verskillende tuine. Maar sy kinders is goed grootgemaak.

toy ·

Om te dink 3 mans kom om die (1 vrou) tannie te vermoor. Siek man, maak mens eintlik naar.

ne ·

Hoop daar is genoegsame bewyse, anders is hulle more weer op straat om verder te moor en plunder.

George ·

John, wag eers totdat jy in die selfde bootjie sit, dan praat jy weer oor “hardkoppigheid”

Liekie ·

Verdagtes tussen 18-19 jaar oud.
Maak hulle net dood vir die pret en plesier daarvan ??
Dis baie tragies !!

George ·

John, wag eers totdat jy in dieselfde bootjie sit , dan praat jy weer oor “hardkoppigheid”

Lana ·

MM, as julle vir ons ‘n foto gee van ‘n man wat ‘n rob mishandel het, moet julle beslis foto’s gee van die verdagtes wat ‘n mens vermoor.
Wees konsekwent!!!

Mariné Lourens ·

Dagsê Lana

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat die media volgens wet nie die identiteit van ‘n beskuldigde mag bekend maak voor die persoon nie in die hof verskyn het nie. Die verdagtes hier ter sprake sal eers Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn en daarom mag Maroela Media nie nou al hul name bekendmaak of foto’s van hulle publiseer nie.

Hoop dit gee jou meer duidelikheid.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Penellope Jones ·

Die wreedheidsaspek in moordenaarsbreine is ysigwekkend.
RusInVrede Tannie Anna.

Sakkie ·

Al wat ek wou weet was watter kleur die aanvallers was en toe word dit verwyder!!!

Cherokee ·

Dit is verwyder oor daardie verbeeldinglose rympie van ‘ek vra maar net’.

Lana ·

Foto’s??
Daar is immers ‘n foto geplaas van ‘n man wat ‘n rob mishandel het. Is ‘n Mens se lewe nie veel meer werd nie?
Hoekom nie die FEITE in die oë staar deur foto’s te plaas nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.