Deurbraak ná moord op Pretoriase dokter

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Drie mans het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die onlangse moord op dr. Erna Britz-Van Zyl en die aanval op haar man, Dries van Zyl.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is voorverlede naweek in hul huis in Erasmusrand in die ooste van die stad oorval en aangerand voor die aanvallers op die vlug geslaan het. Die egpaar se seun het die volgende dag op sy vasgebinde ouers in hul huis afgekom. Erna (73) is op die toneel dood verklaar en Dries (75) is na ’n hospitaal gehaas.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die ondersoekbeampte in die saak het Woensdag ’n deurbraak gemaak toe ’n kredietkaart wat gedurende die aanval gesteel is, by die Big Tree Mall in Moloto, meer as 30 km buite Pretoria, gebruik is.

Die egpaar se Toyota Corolla waarmee die verdagtes van die toneel gevlug het, is ook by die betrokke winkelsentrum opgemerk.

Die eerste inhegtenisneming is Donderdag gedoen. Daar is ook dié dag op die gesteelde motor beslag gelê waarna die tweede verdagte hom Vrydag by die polisie in Kwamhlanga oorgegee het.

Die derde verdagte is Saterdag aangekeer.

Thabo Nkomo (21), Coney Shongwe (22) en Richard Nhlapo (30), al drie van Moloto, staan nou tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, huisroof en motordiefstal.

Die saak teen hulle is tot Maandag uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Androclus

Die saak teen hulle is tot Maandag uitgestel. Hulle bly in aanhouding.Seker om vir borg aansoek te doen.
Verkrampte regstelsel.

Thea

Goeie werk van die polisie, maar dit sal nooit weer vir Dr terugbring nie.

Tipper

Maar net tronk toe, hyt getweet hulle sal hom later vang.

Jakes

Hoop hulle vergaan in die tronk. Die feit dat hulle probeer het om die kredietkaart te gebruik met n van wat nie op hulle van toepassing is nie, getuig van n baie baie beperkte breinfunksie.

Johan

So sinneloos. Moor net om tronk toe te gaan. Dis jong klomp wat nie n toekoms het in die land nie. Hoeveel meer gaan dit doen? Onskuldige mense wat niks gedoen het nie se lewens. My hart gaan uit na die kind wat hul moes ondek het. Ek sal my kop verloor en iets doen. Sterkte vir die familie