Deurbraak ná moord op Secunda-vrou

Corrienne Tesner. Foto: Facebook

ʼn 32-jarige man het Donderdag in die Secunda-landdroshof verskyn in verband met die moord op en verkragting van Corrienne Tesner (62) in Februarie vanjaar.

Die verdagte staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en huisbraak. Die verdagte is aanvanklik in hegtenis geneem in verband met ʼn huisroof op 11 April en het die dag daarna in die hof verskyn. Die saak is toe uitgestel om die verdagte se adres te bevestig.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, is beamptes na die verdagte se huis om sy adres te bevestig en het daar op eiendom afgekom wat tydens die moord op Tesner gesteel is.

“Die verdagte is aangekla in verband met die moord op Tesner. Tydens ondervraging het hy aan die polisie gesê hy wou inbreek en dat hy gedink het daar is niemand tuis nie.”

Volgens Hlathi het Tesner egter verbete teruggeveg nadat die verdagte ingebreek en sy hom onkant betrap het.

Hlathi het gesê die verdagte het tydens ondervraging erken dat hy Tesner vermoor, verkrag en haar voertuig en ander eiendom gesteel het.

“Hy het verder aan die polisie gesê dat hy ná die misdaad huis toe is en sy broer gaan kry het voordat hulle Limpopo toe is om die voertuig te verkoop.” Die polisie het intussen die inligting opgevolg en die motor opgespoor.

Die verdagte se broer word intussen ook van motordiefstal aangekla en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die hoofverdagte bly egter in aanhouding tot die broers weer op 6 Mei in die hof moet verskyn.

Ridge Times het vroeër berig Tesner het in ʼn tuinwoonstel agter in die erf van haar kinders se huis gewoon. Tesner se dogter het op haar ma se liggaam afgekom ná die moord op 23 Februarie. Daar is destyds berig dat Tesner verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Helena. ·

Dankie tog vir die deur braak. Nou moet hy net kry wat hy verdien. Nie borg nie, tronk straf vir baie jare. Die hond, hy verdien nie n been nie..as ek meer sê deel ek die tronk met hom, so ek bly liewer stil.

willem Botha ·

Mooi so ek wonder of die verdagte dmv n siviele arrestasie of deur sekuriteits beamptes gearresteer is maar een damslang minder.

liefie ·

Die hoofverdagte is in aanhouding, die se broer is op borg.

Johnna ·

En so sal dit aangaan want niks word gedoen nie.Die regering sal nou regtig iets moet begin doen men’s is omtrent nerens meer veilig nie.Doodstraf sal sal n afskrikmiddel wees nee maar die skelm het mense regte net jammer die slagoffer nie.

Wielspore ·

Hierdie oortreding het verswarende omstandighede, die oortreder beweer hy is onkant betrap, toe vermoor hy haar en hy het haar verkrag.
Die swaarste straf is van toepassing!

Donderstorm ·

Watse snert hul hou mense tot 2weke dop omte kyk wat hul roetienes is voor hul iets doen hy het goed geweet sy is oud en dat sy tien teen een aleen tuis is en n sagte teiken is .

willem Botha ·

Die polisie vat tot n maand voor hulle kom vingerafdrukke neem waneer jy n inbraak het ,vir die verklaring kan dit nog langer vat afhangende of die betrokke beampte kan lees en skryf so twee weke klink reg

Johan ·

Was dit nie jare terug so dat jy opgesluit word, saak word onder soek, dan kon jy eers aansoek doen vir borgtog, tot saak voorkom nie

a ·

en sê net die k woord en jy sit. Moord en verkragting is ‘n baie ligter vonnis volgens ons regstelsel.

Pieter du plessis ·

Ons kla of doen niks omtrent dit nie so die regering dink ons is tevrede met die behandeling ,dit het tyd geword om die voorbeeld te volg.

Von ·

Ek het soveel empatie met haar kinders…. baie sterkte met die helingproses

Von ·

Hier is weer en nog n bewys dat dit wat die Woord se waar is………….dit wat jy in die donker doen sal aan die lig kom…..by hook or by crook. Wat my verstand te bowe gaan….. as hy gegaan het om net te roof waarom dan verkrag? Dit is siek verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.