Deurbraak ná paartjie se moord in gastehuis

Mari Hoon en Jéan Vosloo (Foto: Mari Hoon/Facebook)

Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die saak van ʼn paartjie wat byna ʼn jaar gelede dood aangetref is in ʼn badkamer op ʼn gastehuisplaas naby Kareedouw in die Oos-Kaap.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van die gastehuis is Dinsdag in hegtenis geneem. Kevin Pretorius (47) staan tereg op twee aanklagte van moord en het vlugtig in die Humansdorp-landdroshof verskyn. Hy is vrygelaat op borgtog van R1 000.

“Pretorius se inhegtenisneming volg ná ʼn omvattende ondersoek wat op 26 April 2020 as ʼn geregtelike ondersoek begin het. Die paartjie is in die badkamer van sy Kliphuis-gastehuis op Zuuranys-plaas, sowat 17 km buite Kareedouw, dood aangetref,” het Nkohli gesê.

Mari Hoon (28) en Jéan Vosloo (25) het ʼn langnaweek op Zuuranys-plaas geniet saam met ʼn vriend, wat die Sondagoggend (26 April) op hul liggame afgekom het in die stort.

“Die polisie het ʼn geregtelike ondersoek gedoen om die oorsaak van hul afsterwe te bepaal, want daar was nie enige sigbare beserings nie. ʼn Toksikologieverslag het later onthul die paartjie is dood weens koolstofmonoksied-vergiftiging.”

Die saak is tot 24 Mei uitgestel en word oorgeplaas na die Humansdorp-streekhof.

Nkohli het aan Maroela Media gesê die saak is aanvanklik ondersoek as ʼn geregtelike doodsondersoek en daarna strafbare manslag. “Dit is nie duidelik watter bewyse aan die lig gekom het om ʼn saak van moord teen hom aanhangig te maak nie,” het hy gesê. Verdere besonderhede sal tydens die hofsaak bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Keith ·

A sad and tragic incident. They were apparently overcome by carbon monoxide (CO) from the gas geyser used to heat the water for the shower. CO is odourless and cannot be detected. Gas geyser installations, by law, are supposed to be done by qualified personnel, and the geyser itself is supposed to be installed on the exterior of a building.

Windhond ·

Heeltemal reg Keith, eintlik moet die einaar van Strafbare manslag aangekla word, want dit gaan maar moeilik wees om te bewys hy het hulle met voorbedagde rade vergas, maar dit kan wees dat daar n getuie was – aanklaer kan altyd terugval op Strafbare manslag as moord nie bewys kan word nie

Surfer ·

N Gas geyser aan die buitekant van n gebou, rerig, in hierdie winderige streek van ons?

Keith ·

I also don’t agree with installing a gas geyser externally, for the same reason, but internal installation would require correct installation of a flu to re-direct CO fumes through the wall to the outside of the house. If the geyser fails or becomes faulty, the potential consequences are not good. Anyone with gas geysers should also have them checked by a certified gas installer who will then issue a certificate of compliancy. This certificate is a standard requirement, apparently, and is required by the homeowner in the event of an insurance claim, related to a gas geyser or gas bottle incident. There are also legal standards with regard to the placement of and storage of gas bottles. I’m just mentioning these things as it might help other people.

Daniel ·

Is dit korrek om dit moord te noem?
Het die gastehuiseienaar doelbewus die gaslek veroorsaak of was dit ‘n ongeluk of nalatigheid van die gaste?

Alet ·

As ek die berig mooi verstaan was hulle onder die indruk dat dit ‘n ongeluk was en toe bewys gekry dat dit nie was nie en daarom na moord verander

OW ·

Vorige gaste wat die plek besoek het, het klagtes gelê oa, dat hulle duislig was na die stort gebruik was.Dit het op dowe ore geval.Die eienaar sal moet kan bewys dat hy nie nalatig was nie.

Rosalie ·

Hy was grof nalatig. Hy het nie doelbewus versoen dat dit hulle dood sal veroorsaak nie. Maar ek is bly dat hy tot verantwoording geroep word

Casper ·

Die geyser moes dan verkeerd geinstaleer gewees het en vandaar die gaslek wat tot die dood van die twee mense gelei het.As die staat net 1%nalatigheid man bewys deur die eienaar dan is hy skuldig aan strafbare manslag,maar moord aikena.Dan moet die staat bo redelike twyfel moet kan bewys dat hy die opset gehad het om die mense te vermoor.

Lindi ·

Hierdie berig laat dit klink of die eienaar ASPRIS die gaslek veroorsaak het. Nee heng, daar was dan nog ‘n persoon die naweek saam met die couple in die “chalet”

Blikkies ·

Hoekom moet hy n hele Duisend Rand vir Borg Betaal as ons ander verdagte moordenaars slegs R500
moet opdok?

Benn ·

Vorige gaste het aan die eienaar geraporteer dat daar fout is met die geyser. Hoekom het hy nie die probleem ondersoek en reggemaak nie. Dis moord in my boek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.