Deurbraak ná vlaag inbrake in Pta-Oos

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Garsfontein-polisie in die ooste van Pretoria het ʼn deurbraak gemaak nadat inbrekers wat vermoedelik by ʼn vlaag inbrake in die omgewing betrokke was, aangekeer is.

Kol. Andrew Lesch, stasiebevelvoerder, het Dinsdag gesê drie verdagtes is Vrydagoggend in Die Wilgers aangekeer nadat beamptes van die stasie se misdaadvoorkomingseenheid ʼn verdagte motor in Rubidastraat opgemerk het.

Die motor is afgetrek en deursoek. “Gereedskap om mee in te breek is in die mans se besit gevind asook vermeende gesteelde elektroniese ware,” het Lesch gesê. By verdere ondersoek het dit geblyk dat die motor waarin die verdagtes gery het, vroeër in die weste van Pretoria gekaap is.

“Die gebied gaan veral die afgelope twee weke gebuk onder ʼn toename in huisbrake en polisiëring is opgeskerp. Ons ondersoek die moontlikheid of die verdagtes met verskeie ander inbrake in Die Wilgers- en Lynnwood Glen-omgewing verbind kan word.”

Lesch het gesê nog ʼn verdagte is Saterdag deur lede van die gemeenskap in hegtenis geneem ná ʼn huisbraak in Fairie Glen.

Hy het gesê die polisie werk nou saam met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en veiligheidsmaatskappye om die omgewing te beveilig. Lesch het inwoners versoek om by hul GPF betrokke te raak om sodoende misdaad te bestry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oupa Hen ·

Welgedaan maar ek sou dit nie as ń “deurbraak” kwalifiseer nie. Daar is nog baie ander sulke bendes wat roof, moor ens. ens

Deurbraak ..wat wou ·

Ek stem saam die plek is besaai met kriminele elemente na die eerste 50 kriminele gearresteer is sal ek sê is’n deurbraak gemaak.

Lance ·

Halloooo dit behoort die algemene norm te wees ….dat ons nou al opgewonde raak oor so iets .. .net n bewys hoe verdomp swak dit eintlik is man

KP ·

Polisie is nikswerd, wanneer publiek n arrestasie maak is hulle gou om die eer daarvoor te vat.

Xa ·

Pretoria en die res van die land moet leer by daardie woongebied in kaapstad wat nommerplaat erkenning tegnologie gebruik om die gemeenskapsforum en polisie van vreemde en gesteelde karre in te lig. Dit het tot n dramatiese afname in misdaad gelei want by verre meeste misdadigers gebruik karre op een of ander manier. Ongelukkig onthou ek nie die details nie maar het dit op crate blanch gesien.

Willie ·

Geen prestasie, dis hulle werk.. om te voorkom, beheer en te arresteer… Waar is goeie polisieering.. deeglikke patollies en bekamping…. Ons ander werkers doen doelgerig elke dag ons werk! Dis nie n deurbraak nie, dis waarvoor ons betaal word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.