Deurbraak oor rooftogte by selfoonwinkels

Argieffoto

Die polisie het ʼn deurbraak gemaak oor rooftogte by selfoonwinkels in Nelson Mandelabaai.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Donderdagaand met ʼn lasbrief ʼn huis in Dwangustraat, KwaNobuhle, deursoek. Beamptes het inligting ontvang dat gesteelde goedere op die perseel versteek word.

“Beamptes het op die toneel beslag gelê op elf nuwe selfone en drie vuurwapens, waarvan twee speelgoedpistole was,” het Nkohli gesê. “Die vuurwapens was in die slaapkamer versteek. Die polisie het ook ʼn rooi Toyota Corolla geskut vir verdere ondersoek. Drie mans wat in die huis was, is in hegtenis geneem.”

Nkohli het bygevoeg ʼn ondersoek het aan die lig gebring dat die verdagtes verbind word met ʼn sakeroof van ʼn selfoonwinkel in Markstraat, Uitenhage op Woensdag, 28 Maart, waar ʼn hoeveelheid selfone gesteel is.

Die drie mans, tussen 24 en 40 jaar oud, sal Dinsdag in die Uitenhage-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, onder meer sakeroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Volgens Nkohli word die verdagtes vermoedelik ook verbind met die rooftog van nog ʼn selfoonwinkel in Port Elizabeth verlede week.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

En wat word gedoen oor die menseroof en die breek en gryp skelms ., julle prioriteite is verkeerd want een of ander kolonel het seker weer n selfoon winkel wat hy gedurende werkstyd bedryf nou word die klomp se tyd spandeer om te konsentreer op die selfoon diewe.

Conrad ·

Nie net dit ,PE se misdaad ..petty crime.. is buite beheer my broer wat n inwoner is se hy is te bang om brood by die winkel te gaan koop want smaak my die police skitter in hul alwesigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.