Deursigtige ondersoek geëis ná Watson se dood

Gavin Watson. (Foto: Bosasa)

Die afsterwe van Gavin Watson, die uitvoerende hoof van die eertydse Bosasa, kan ʼn groot impak hê op die werk van die Staatskapingkommissie, en dit is dus noodsaaklik dat die SAPD ʼn deeglike en deursigtige ondersoek moet doen as daar net ʼn sweempie is van vuilspel.

Só sê Solly Malatsi, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie ná Watson Maandagoggend verongeluk het.

Watson is dood in ʼn ongeluk op die R21 naby die OR Tambo Internasionale Lughawe. Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het in ʼn kort verklaring bevestig ʼn 73-jarige man het in die ongeluk gesterf. Volgens Mogale het die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn betonpilaar van ʼn brug oor die snelweg gebots. Hy is op die toneel dood. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Papa Leshabane het in ʼn verklaring namens die Watson-familie en African Global Operations (voorheen Bosasa) Watson se afsterwe bevestig. Hy het die publiek en die media versoek om die familie die ruimte te bied om privaat te treur. Die familie sal nie enige onderhoude toestaan nie.

Malatsi het bygevoeg die polisie moet die omstandighede ondersoek rondom die ongeluk van die Bosasa-hoof, wie se maatskappy miljarde rand se tenders van die regering ontvang het en miljoene rande in die koffers van die ANC in die algemeen gekanaliseer en spesifiek die veldtog van pres. Cyril Ramaphosa.

“Die polisie moet ʼn deeglike en deursigtige ondersoek van stapel stuur om seker te maak dat ander getuies nie geïntimideer word deur hierdie voorval nie en dat die Kommissie van ondersoek na staatskaping sy werk sonder vrees of guns kan uitvoer.”

Volgens Malatsi het Angelo Agrizzi se getuienis, en die onthullings deur DA-leier Mmusi Maimane aangedui dat Watson baie te sê sal hê voor die Zondo-kommissie van ondersoek.

“Ons doen ʼn beroep op die polisie om die land in sy vertroue te neem sodra die ondersoek na Watson se afsterwe afgehandel is.

“Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie en geliefdes in hierdie tyd.”

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het die party se skok uitgespreek oor Watson se afsterwe.

“Watson en sy broers, Ronnie, Cheeky en Valence, het al van jongs af hul met die struggle na vryheid vereenselwig en sy aan sy met talle landgenote geveg teen apartheid,” het Mabe bygevoeg.

Die Watson-broers was bekende aktiviste in die United Democratic Front (UDF) en binne die ANC se ondergrondse strukture in daardie stadium.

Die ANC het ook sy meegevoel met die familie, vriende en kollegas van Watson betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

marous ·

Ekskuus? Aktiviste met donder wolke oor die koppe soos al die ander ?

Crimesa ·

En nou is die land bankrot getender en staatskapers weg met belastingbetalers se geld!

Ig ·

Het hy van OR Tambo se kant af gery? Indien wel, kon hy dalk pas teruggekeer het vanaf Dubai en het hy dalk dan by die Guptas koffie gedrink?

Vraagteken ·

Ig, ek dink nie ken OR tambo baie goed nie. Daardie is ‘n vieslike draai wat jy kry sodra jy binne in die geboue van die lughawe ry. Hy was oppad soontoe.

Pim ·

Die polisie moet maar mooi kyk. Sal nie verbaas wees as daar met sy motor gelol is nie.

SêMaarNet ·

Vra maar net vir Twitter #GavinWatson – Hulle weet alles.

aj ·

Disappearing trick?

To some tropical island where he will live in luxury forever?

Pieter ·

Die groot apartheidsvegter en sy anc pelle het dertien miljard van ons belasting geld geblaas en nog steeds leer ons nie ons bly maar net gee en gee ai lyk vir my ons is nou ook nie van die slimste nasies nie

Snuffels ·

Die nuus laat my nou nie juis op n Springbok trui wil opgooi nie…

Linda ·

Ons mag nie oordeel nie, maar tog voel ek dat hy het of selfmoord gepleeg, of soos iemand se, met sy motor was gepeuter. Maar, wie sou tog kon weet dat hy sy BMW by die werk gaan los en die Toyota motor sou vat ? Hierdie ondersoek se uitslag sal baie interessant wees. Iemand wat vanoggend die ongelukstoneel gesien het, het gese daar was vreeslik baie bloed.

Abe ·

Linda,
Daar is geen manier waarop daar met n motor gepeuter kan word sodat dit op n spesifieke tyd n spesifieke defek kan ontwikkel om n ongeluk te veroorsaak en n spesifieke mens se dood te veroorsaak nie.

Johanna Botha ·

Hy het gelde an due anc geskenk en het baie tenders vir Bosasa bekom ….anc gaan hom mis hoor

Melanie ·

It’s a wise choice to right things that are wrong before entering eternity. So many of us think that this life is all there is. But it isnt. Eternity is where things really start to happen. The choice is ours.

Alida ·

Dit is mos die maklikste manier om van iemand ontslae te raak om jou eie bas te red. Hier is n slang in die gras.

Wattie ·

My opinie het hy selfmoord gepleeg. Hy het die Toyota gekies want minder veilig as sy BMW. Hy sou weet dat die transito rowers BMW gebruik om die waens om te slaan want dis veilig. Ek dink hy is gedreig deur ander: of hy gaan of sy familie.

JR ·

Wonder wie gaan nou vir die ANC geld gee die cuptas en watson is nou weg

Magda ·

Dood – of sommer net VERDWYN!! n dag voor sy getuienis voor SARS???

Leon ·

Die mense wat by die geld gebaat het kan nie bekostig dat te veel uitkom nie. Dit is ‘n groot motiveerder.
Die ANC kan ook nie bekostig dat die waarheid uitkom nie, want dan sal die party in ‘n baie slegte lig gestel word. So, die waarheid sal nooit uitkom nie. Soos alle ANC ondersoeke, ‘n stil dood sterf.

Karen ·

Was hy oppad lughawe toe om te ontsnap van die ondersoek? Het hy opsetlik teen pilaar gebots? -selfmoord? Was dit regtig hy self in motor? Sedert 5h geen woord oor die opspraakwekkende wese se heengaan Geen media op toneel? Na hy veilig in lykshuis is – nie SAPS lykshuis en teen 13h het familie reeds lyk geidentifiseer Breek die nuus? Neeeeee iets is nie reg

JJ ·

Onthou net, sy polisse ens sal nie uitbetaal as hy bv sy kop weggeblaas het nie. Laat dit dan lyk soos ‘n ongeluk …

Justice ·

In die kol JJ – die versekeringsmpye sal alles in hul bes doen om te bewys dat hy in sy eie swaard geval het. Dit behoort dalk nie so moeilik te wees nie.

waarheid ·

Gaan hom so nie mis nie – hy was deel van die anc en deel van al die roof en plunder.
Hy sal onthou word as een van die groot skelms van S A.
Soort soek soort – kyk maar wie sy maaatjies is en was.

Wielspore ·

In die onderwêreld word jou bestaan bepaal of jy van waarde is en of jy nie van waarde is.
As jou waarde uitgeloop het, het jou lewe ook uitgeloop.

Ep ·

Kan die kamtige ondersoeke regtig vertou word Met hoedjie cele se manne weet niemand met watse sirkus verrassing kom hulle voorendag! En dit gaan alleen veroorsaak dat daar op die verslag opgegooi gaan word

Realis Thailand ·

JJ het die antwoord vir sy dood
Het twee sulke sake 46 jaar gelede ondersoek
Goeie manier om vir die familie te sorg
Geen verlies vir die wereld maar wel vir sy kinders as hy het
Hulle is altyd die wart swaarkry as pa sterf want hy bly n pa al is hy sleg

Ja swaer ·

Ek stel voor doen DNA toetse om te bepaal of dit werklik hy is. Ek ruik ‘n rot. As dit werklik hy is vlg DNA bewyse, het hy sekerlik selfmoord gepleeg

Gerhard ·

iets maak nie sin nie. Jy ry lughawe toe sonder bagasie, geen paspoort, paar Rand in jou beursie, bestuur ‘n handrat kar alhoewel jy net gewoont is aan outomatiese kar, jy is die CEO vd Mpy, maar bestuur self alhoewel daar talle drywers op kantoor is, jy dra nie jou sitplekgordel nie. Jy tref die pilaar by Lughawe ingang teen hoe spoed waar almal weet dis gevaarlike draai….ek ruik ‘n klomp rotte!

SonjaM ·

en hy verongeluk presies op ‘n plek waar geen kameras is nie …

bosapie ·

Skuus as ek bietjie met toe oë lees, maar waar het dit gestaan dat hy sonder bagasie en goed was?

charmaine ·

Moes hy nog voor die Zondo Kommissie voorgekom het? En nou is hy stil of stil gemaak?

Columbo ·

Mens kan ongelukkig nie anders as om vrae te vra nie – iets lyk nie lekker nie. Ek het nie die antwoorde nie, maar vrae onmiddelik die volgende:
– 05h00 die oggend op pad land-uit? Is meeste vlugte land-uit na nie-Afrika lande nie saans nie? Dalk binnelandse vlug?
– kan nie die presiese plek van ongeluk plaas vanaf foto nie, maar as dit hoe spoed was, was hy seker op pad na die lughawe toe.
– ‘n soektog op al die vlugte in die 06h00-09h00 tydgleuf? Kan dit gedien word om te kyk of sy naam daar is.

Ek glo dit was selfdood met al die verwikkelinge. Dit lyk dan asof hy “op pad was na lughawe” en mislei die ondersoekers. Polisse betaal uit. Ek voel die jammerste vir sy familie wat agterbly. Sterkte.

Trojaanse Donkie ·

Mees logiese verduideliking nog! Tyd sal ons leer wie was reg.

Ronel ·

Dis 2019 en jy ry sonder baggasie, geld, selfoon, paspoort in die goedkoopste mpy motor lughawe toe? iets klop nie…

Deloris ·

Ek verwys na die 2de laaste paragraaf….
Nou se Ek niks meer nie………….
Dit wys jou net……..

Annelize ·

Dit was selfmoord. Hy het nie kans gesien “to face the music” nie, toe kies hy die maklike uitweg.

Adam ·

Die bespiegelings is om van naar te word. Ek het persoonl;ik al vroeg gevlieg op die ingewing van die oomblik om ‘n dag saam met my familie deur te bring en dan het ek ook geen geld, bagasie of paspoort by my gehad nie en soos die wind gejaag om betyds by die lughawe te kom en ek het juis dan van OR Tambo gevlieg. Jy koop bloot jou kaartjie by die lughawe en betaal per kaart. Hoe Watson dood is en wie en wat hy is, is irrelevant: hy was ook ‘n mens met familie en die dood van enige persoon behoort deur opgevoede mense as ‘n tragedie beskou te word.

DIANA BRAND ·

EK STEM SAAM MET ALLES WAT JY SÊ ADAM.STERKTE AAN AL SY NAASBESTAANDES.

SjN ·

Dalk moes hy vir Cheeky op lughawe gaan haal het, n toyota se boot kan meer note vat as n x5.

JG ·

Ek twyfel of ons SAPS opgewasse is vir die taak om n deeglike ondersoek te kan doen…ons lees dan altyd net dat hulle kan “monitor”…

KJ ·

Geen bloed op die toneel nie, eks jammer, maar in so n ongeluk gaan jy erns jouself oopkap of krap. Ek glo nie hy’s dood nie, faked his own death.

Karl ·

Sou baie moeiliker gewees het om jou eie dood te fake in n X5. Baie makliker in n Carola. So toevallig naby private vliegtuie ook ne.

Linda ·

Na al die kommentaar dink ek persoonlik dat Watson n binnelandse vlug Durban of Kaap toe wou neem en sy vlug kaartjie by ontvangs optel soos wat ek ook baie doen, om n vergadering met n klient na te kom, en dat hy nog dieselfde aand sou terug keer. Ek dink nie hier was vuilspel nie. Ek dink omdat Watson reeds binne die lughawe area was dat hy n hartaanval kon gehad het minute voor die ongeluk. Baie sake mense maak nie gebruik van n ‘drywer’ nie. Omdat sy beursie, ID Kaart en Bestuurslisensie in motor gekry was se dit vir my hy was haastig op pad iewers heen in Suid-Afrika. Die rede vir die gebruik van die ander motor is omdat sy eie motor al Sondag meganiese probleme gegee het. Dit is defnitief Watson se liggaam wat by die Germistonse lykshuis le. Watson is nie die tipe man wat selfmoord sou pleeg nie, al was hy op depressie behandeling gewees tydens die ongeluk, hy het baie buitelandse beleggings. Hy sou ‘the music face’ ! Kom ons wag en kyk wat se die nadoodse ondersoek.

JR ·

Vind uit by die lughawe of hy op n vlug bespreek was waar is die speurders

Wonder ook ·

Ek stem, geen briek merke op die pad nie. Was daardie kar nie “gehack” nie? Ook geen selfoon gevind nie? Wie se dis wel hy in die motor? Iets is nie reg nie.

Pieter ·

Daar waar die anc betrokke is kan jy maar net weet ek dink die tyd vir belastingboikot is hier mense praat en kla gaan ons niks help nie

Hanlie ·

Hoekom kry ek die gevoel dat Zumatjie hier ‘n vinger die pie het? Wat hy weet dat Watson hom baie skade sou berokken as hy begin fluit het. As hy voor die Zondo kommissie onder eed kan lieg, is hy tot enige iets in staat. Se maar net.

Pieter ·

Daar waar die anc betrokke is kan jy maar net weet ek dink die tyd vir belastingboikot is hier mense praat en kla gaan ons niks help nie

Rits ·

Pieter dis ook my idee dat dit die enigste manier is om hierdie korrupte anc op hul knieë te dwing. Wanneer gaan Solidariteit/Afriforum hier betrikke raak? Ek meen nie ons moet nie belasting betaal nie, maar nie aan die regering nie. Plaas dit inn trustrekening totdat die regering sy poppies in n reguit lyn kry of hulle boedel oorgee.

Stephen ·

Do not underestimate peoples intelligence. Not used to driving an automatic car.? Please.
The team performing the autopsy should dig deep. They will find a bullet hole or two!

Petro ·

Wonder of daar ooggetuies was. Daai tyd van die oggend is daar redelike verkeer oppad na die lughawe en op die snelweg. As daar was, wil die persone dalk nie betrokke raak nie. As daar nie was nie sou dit darem baie snaaks gewees het behalwe as die pad afgesper was en net die oorledene op die pad was. Watch this space iewers gaan daar weer ‘n video op Youtube veskyn……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.