Deurvoer van NGV het medici, politici én sakelui bekommerd

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Jossué Trejo/pixabay)

ʼn Groep van nege mediese, tandheelkundige en ander gesondheidsorgpraktisynsverenigings wat meer as 25 000 gesondheidsorgwerkers in die private en openbare sektor verteenwoordig, is reeds besig met voorbereiding van ʼn aansoek om die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in ʼn hof te betwis.

Pres. Cyril Ramaphosa sal Woensdag, presies twee weke voor die verkiesing, dié omstrede wetsontwerp onderteken.

Die South African Health Professionals Collaboration (SAHPC) sê hy is diep teleurgesteld – en bekommerd.

Dr. Simon Strachan, woordvoerder van die SAHPC, sê dié groep het ʼn voorlegging aan Ramaphosa gedoen en hom aangemoedig om die wetsontwerp na die parlement terug te verwys omdat dit na hul mening ongrondwetliklik is en nie in die beste belang van pasiënte en landsburgers is nie.

Die organisasie sê sy insette is eenvoudig van die tafel gevee.

“Ons lede het in elke stadium van die wetgewende proses voorleggings gedoen, wat sover terug dateer as die bekendmaking van die groenskrif in 2011. Dit is ontmoedigend om te sien dat ons pogings om by te dra tot ʼn meer robuuste, werkbare en pasiëntgesentreerde gesondheidsorgstelsel geïgnoreer word.”

Die groep glo sy lede se bekommernisse en aanbevelings is deur die hele parlementêre proses sistematies geïgnoreer, wat ernstige vrae skep oor die regverdigheid en doeltreffendheid van die demokratiese proses.

“SAHPC-lede, wat ʼn diverse verskeidenheid gesondheidsorgspesialiste verteenwoordig, het deurgaans gepleit vir beleid wat die welstand van pasiënte prioritiseer en die volhoubaarheid van die land se gesondheidsorgstelsel verseker. Hul teleurstelling spruit nie net uit die verontagsaming van hul kundigheid nie, maar ook uit die potensiële gevolge wat die onwerkbare wetsontwerp vir die gesondheidsorglandskap kan inhou.”

Strachan sê die groep glo die NGV gaan ongetwyfeld in die howe uitgedaag word “en ons ondersoek tans al ons opsies in hierdie verband”.

Everest Wealth het intussen in reaksie op die presidensie se aankondiging gesê dit wil voorkom of die regering – in ʼn desperate poging voor die verkiesing – probeer om so veel as moontlik wetgewing deur te stoomroller ondanks die moontlike gevolge wat dit vir die land kan inhou.

President, Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Thys van Zyl, uitvoerende hoof van dié private belegging-en-welvaartbestuursmaatskappy, sê grondwetlike kwessies soos die reg op die keuse van gesondheidsorg en die invloed wat die moontlike verwydering van mediese fondse hierop sal hê, moet nog oorweeg word.

“Daar is ook herhaaldelik vrae gevra oor die koste en finansiering van die NGV.”

Van Zyl sê daar heers met goeie rede kommer oor die NGV weens die gebrek aan vertroue in die regering en die talle voorbeelde van die grootskaalse mislukking van projekte wat deur die regering aangepak word weens wanbestuur en korrupsie.

“Die land het reeds op die grys lys beland omdat daar nie genoeg gedoen word om korrupsie en geldwassery te voorkom nie. Suid-Afrika word dus as ʼn hoërisikoland vir beleggers beskou. Die NGV kan verdere belegging in die gesondheidsorgstelsel ontmoedig en kan ook lei tot ʼn uittog van vaardighede wat die ekonomie verder sal knou.”

Everest Wealth het reeds vroeër gewaarsku dat die NGV plaaslike en internasionale beleggersentiment en sakevertroue net verdere skade gaan berokken.

“Belastingbetalers betaal reeds om die openbare gesondheidsorgstelsel te finansier, maar moet ook vir private gesondheidsorg betaal omdat die openbare stelsel onvoldoende is. Diegene met mediese fondse verlig dus ook druk op die openbare gesondheidsorgstelsel. Maar wanneer ʼn nasionale gesondheidsversekeringskema ingestel word, sal dit nie net mense se keuses beperk nie maar ook wegdoen met mededinging.

“Belasting sal verhoog moet word om die NGV te finansier, terwyl belastinginkomste afneem. Dit sal die armstes die ergste raak. Die regering wil nou kom en iets wat deur die private sektor opgebou is oorneem, omdat hy daarin misluk het om dit self te doen.”

Business Unity South Africa (Busa) is ook bekommerd, veral gegewe die wetsontwerp se vele substantiewe en prosedurele grondwetlike gebreke. “Ons glo dat die wetgewing, in sy huidige vorm, onuitvoerbaar is en skadelik is vir die land se gesondheidsorgsektor, vir die ekonomie in die breë en vir beleggersvertroue,” sê Cas Coovadia, uitvoerende hoof van Busa.

“Ons ondersteun die doelwit van universele gesondheidsdekking ten volle, maar die NGV-wetsontwerp in sy huidige vorm is onwerkbaar, onbekostigbaar en strook nie met die Grondwet nie.

“Wat veral kommerwekkend is, is dat die president voortgaan met die wetsontwerp ondanks uitgebreide konstruktiewe insette wat deur ʼn wye verskeidenheid belanghebbendes gemaak is, insluitend dokters en gesondheidsorgpersoneel, die burgerlike samelewing, vakbonde in die openbare sektor, akademici en sakeondernemings.

“Die ongelukkige gevolg is dat hierdie weergawe toegang tot kwaliteit gesondheidsorg vir alle burgers in ons land sal belemmer, eerder as bevorder.”

Herman Mashaba, leier van ActionSA, is veral bekommerd oor korrupsie en wanbestuur.

“Die staat het deurgaans bewys dat hy nie geld of komplekse stelsels kan bestuur nie, soos ons by Eskom, Transnet en Sassa gesien het, en die skep van nog ʼn gesondheidsorgstelsel sal dus min doen om gesondheidsorg te verbeter, maar eerder die bedryf oopstel vir staatskaping en -misbruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

snippie60 ·

Okay cool, so nou kan ek my tand laat kroon onder narkose en gaan vir ‘n tummy tuck, en die rekening vir jou stuur, Mnr die President? Volgende vraag – gaan julle ook van dieselfde mediese geriewe (substandaard) gebruik maak as ons, of gaan julle Switzerland toe vir julle epiekonners?

Marinda ·

So, gaan ons mooie land ten gronde agv magsbehepte politieke leiers wat niks omgee vir gewone burgers nie. Narsisme in sy volle glorie!

Jaco ·

Welkom in die nuwe SA, die bietjie wat werk en belasting betaal moet die dra wat nie werk of enige iets inbring vir die land, wat net backhand staan. Darem beindood goed wat die besluite maak

Papsak ·

Ja nee kyk hier kom korrupsie en agterbaksheid weer sterk deur staan op en briek dit maak duk julle stemme mense !!!!!!

koos10 ·

Laat die persone wat stem en dit ondersteun vir die gemors die voorbeeld stel, en dadelik hulle mediese fondse opsê en gebruik maak van staatshospitale.

Martie Smartie ·

Ek kan nie wag om gratis by privaat hospitale behandeling te kry nie. Mediese fondse is skatryk en nes enige ander assuransie maatskappy, gierig en onwillig om te betaal. Wat my betref is die NVG ‘n goeie ding.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Niks ingewikkeld nie: 1) ANC omhels Marxistiese kommunisme waarvolgens alle mag gesentraliseer word en 2) die NGV-chingkrip gaan die ANC/EFF patronaat se voerbak vir dekades wees. Welkom in die ANC/EFF se Mzansibabwe.

CHRISTINE ·

Miskien moet ons net nie hierdie belaglike wette gehoorsaam.

Bolandse Nooi ·

M.a.w. ná 29/05/2024 kan ek ook by Medi-Clinic instap en ‘n dokter sien vir al my skete en kwale en hulle MOET my dus help, sonder dat ek daarvoor betaal. Ek kan dus gaan vir X-strale van my ou artritis-arm en hand en my skewe (pynende) rug. Ek kan ‘n neuroloog gaan sien vir die neuropatie in my voete. En ek kan al my chroniese medikasie sommer-net-so gaan kry. En.Ek.Hoef.Niks.Te.Betaal.Nie. Dankie ANC, VIVA ANC!!!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, Martie Smartie, binne 12 maande is al die privaat hospitale se deure gesluit. Dan gaan ons almal na openbare hospitale.

hpven ·

@Martie Smartie. Ek sou kon saamstem met jou as bevoegde mense dit kon beheer, maar NEE onder die ANC. Die ANC kon in dertig jaar van NIKS ‘n sukses maak nie. So NGV is die volgende ramp wat wag om te gebeur!

domheks ·

Die kaders is honger, maak vol die NGV krip! Hulle wil VREET!!!!

Llady ·

Ek stem saam dat ons mediese hervorming in ons land nodig het. Maar nie ten koste van privaat gesondheidsorg nie! Daar moet beter gesondheidsorg vir die openbare sektor nodig. In plaas van om al hierdie geld na die NGV toe te gooi, hoekom dit nie eerder gebruik om gesondheidsorg in die openbare sektor op te hef nie? Ons het ‘n privaatsektor nodig om die standaard te stel. En dié persone wat privaat gesondheidsorg kan bekostig, kan dan die druk van ‘n reeds oorlaaide en oorweldigde sisteem verminder. Ek is baie benoud oor hierdie NGV…

tweeling ·

Cyril is net ‘n pion van die cANCer, hy het nie die vaagste benul wat hy teken nie

Jacobus ·

Hierdie kommunistiese anc bende gaan nou elke private identiteit privatiseer en vernietig met hulle belaglike besluite, dit wat nog goed gewerk het. So vlug hoogs opgeleide profesionele werksmag landuit.

JohanR ·

Daar is nou net een ding om SA te red, en dit is om jou X nerens naby die ANC sestembrief blokkie op 29 Mei te sit nie!

Euodia ·

Cyril het nie n idee wat in die land aan die gang is nie. Ek gaan na n kliniek wag vir 4ure om dr/suster te sien. Gaan Karl Bremer toe (uitstekende dokters) wag 3-4 ure om dokter te sien by buite pasiënte. Wag never maande vir ‘n galblaasoperasie. Nou kan ek my knievervanging by privaathospitaal.laat doen gratis lekker man lekker. Al Cyril en sy tjommies moet ook staatshospitale toe gaan en klinieke en sien wat daar aangaan.

Anel ·

En so gaan ons nou, sonder keuse sonder ‘n mediesfonds sit want ons medies gaan nie meer voortbestaan nie. Dit was ‘n voordeel met ons indiensneming. Vir jare betaal ons net so baie soos enige iemand vir ons medies. Ek wil nou sien hoeveel polisiemanne en vrou gaan loop agv van hierdie twak? Ons kinders is tydelik in engeland. Ons skoondogter het ‘n lelike hoes sy gaan vir exstrale. Kry uitslae 3 weke later. Gee vir haar net panado! Ons seun kuier hier. Hy keer terug met ‘n hele tas vol medikasie. Jy kty niks oor die toonbank nie. Jy sukkel om staatsdokter te kry, want die staat betaal nie. Dis ‘n eerste wêreld! Wat dink hulle gaan hier gebeur? Ons is nou properlies in ons kanon. Die land kan maar toemaak!!!

Fred ·

Miskien is daar n sielkundige op hierdie rubriek wat kan verduidelik watter persone geen verantwoordeliksheids gevoel het, geen skaamte ,en fanatiek halstarrige koppigheid toon…?

Aai ·

Oor ‘n paar maande is al die privaat hospitale toe en almal werk oorsee of gaan die staat ons erens maak betaal vir die wat net sit en niks doen?

André ·

Ons moet Woensdagmiddag van 2 tot 4 (die seremonie kan dalk laat begin en lank aanhou) hard saambid. Ek glo vas hier gaan niks van die hele “plan” kom nie maar ons moet dit opdra.

kaplyn ·

Die probleem is dat jy nie sommer by enige dokter kan instap vir behandeling nie soos die kommentare hierbo dit stel. NEE, ‘n ANC lakei gaan besluit na watter dokter toe jy moet gaan en daardie dokter (heel moontlik ‘n Kubaan) sal onder die instruksies staan van die ANC lakei. Hulle gaan nie daardie tande kroon of die “tummy tub” vir jou gee nie, en as jy werklik siek is, sal jy heel moontlik ‘n asperien kry, want dit is al medikasie in die staatshospitaal se apteek. So droom voort oor al die “voordele” hier NGV vir jou gaan inhou. Die meeste mense verstaan nie die politiek agter die NGV nie!

Johan ·

@Oosieroos: Mamparras wie al die jare vir hulle stem, het hulle daar laat beland. En dit gaan oor 2 weke weer gebeur… vir nog 5 jaar! (Hoop egter eks verkeerd, maar twyfel). Ek glo egter vas CR gaan nie die volgende 5 jaar as prez oorleef nie. @Llady: mooi gestel en die waarheid.

Fluisterwind ·

Vir almal wat dink jy kan nou net instap en enige mediese behandeling kry, HIER IS NUUS: Die regering gaan besluit of jy dit nodig het al dan nie! Ek sal nie twee mediese uitgawes kan diens nie, totsiens Discovery…. Dit is nou wat ons het van die wonderlike ANC regering.

WynandM ·

@Bolandnooi en Marte Smartie, nes die massas is julle ook baie oningelig, Julle gaan nie net by MediClinic of ander “privaat hospitaal” instap om behandel te word nie. Julle gaan eers by kliniek of hospitaal in ry staan om deur ‘n suster gesien te word, en wanneer julle regtig siek is ‘n dokter. Die staat gaan besluit by watter hospitaal julle gaan behandel word en wanneer julle uiteindelik by MediClinic uitkom sal julle teleurgesteld wees in hul diens want by daardie tyd is hulle getransformeer om soos ‘n staatshospitaal te funksioneer. Julle dink ook net aan julleself kort termyn, maar verstaan nie dat hierdie kommunistiese stelsel enige strewe na uitnemendheid in die mediese sektor gaan wegvat, Mediese peroneel gaan emmigreer ens. NGV is soos kommunisme, klink goed in teorie, maar in praktyk is dit baie baie sleg.

Pieter ·

Sovêr ek weet werk GEMS OK, dis nie perfek nie maar dit werk. Sovêr ek verstaan gaan dit nou wees asof almal so ‘n fonds het en jy gaan daarvoor betaal op jou inkomstebelasting. Mense wat meer verdien betaal meer, en minder minder.

Republikein in die Wes Kaap ·

Pieter, Gems is staatsamptenare se normale mediese fonds. Werk nes MHVS in die ou dae. Die probleem met NHI is dat jy geen beheer het waarheen jy gestuur word vir gevorderde behandeling nie. ‘n Pretorianer wat wel mediese dekking het kan in Sebokeng Hospitaal in die Vaal eindig. Sy huis werker met geen dekking kan in ‘n privaat hospitaal in Pta Oos opgeneem. ‘n Staatsamptenaar sal daai besluit neem, nie jou dokter nie. Bly liewer in Nederland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.