Dewani baie vlugtig in die hof

Shrien Dewani op 8 April 2014 in Kaapstad Foto: Leigh-Anne Jansen/eNCA/SAPA

Shrien Dewani op 8 April 2014 in Kaapstad Foto: Leigh-Anne Jansen/eNCA/SAPA

Die moordbeskuldigde Shrien Dewani gaan in die Valkenberg-hospitaal in Kaapstad aangehou word om verdere behandeling vir sy geestestoestand te ontvang, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Maandag gehoor.

Regterpresident John Hlophe het die saak tot 20 Junie uitgestel.

Francois van Zyl, vir Dewani, het tydens die voorverhoorkonferensie gesê sy kliënt het die afgelope maand in die hospitaal sy volle samewerking gegee en sy toestand het verbeter. “Psigiaters wat hom behandel het ons versoek om hom nie langer as 30 minute op ʼn slag te raadpleeg nie,” het Van Zyl gesê.

Hy het gesê Dewani beskik nie oor die vermoë om vir ʼn langer tydperk te konsentreer nie, maar hy is hoopvol dat sy kliënt genoeg vordering sal maak om hulle “behoorlik te raadpleeg”.

Dewani se ouers en ander familielede het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Hlophe was baie streng met die media en het gewaarsku dat niemand foto’s mag neem terwyl die verrigtinge aan die gang is nie. Die hofverrigtinge het skaars vyf minute lank geduur.

Dewani staar vyf aanklagte in die gesig wat verband hou met die moord op sy vrou Anni tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010. Dit was Maandag sy tweede hofverskyning in Suid-Afrika nadat hy aan die land uitgelewer is.

Hy word aangekla van sameswering tot ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg. Hy het nog nie gepleit nie.

Anni is glo ontvoer toe hulle tydens die wittebrood in ʼn minibustaxi in Gugulethu gery het. Dewani is ongedeerd vrygelaat, maar Anni is doodgeskiet.

Staatsaanklaers voer aan Dewani het Xolile Mngeni gehuur om sy vrou te vermoor. Mngeni is intussen skuldig bevind aan die moord en is lewenslange tronkstraf opgelê. Twee ander medepligtiges dien ook reeds tronkstraf uit in verband met die misdaad. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Die Engelse het n goeie beskrywende woord vir die ou. Bu… Sh…r !!

Joey Combrinck ·

So kry hy gratis behandeling terwyl die belastingbetaler buig onder al die finansiele verpligtinge. Sy helpers sit klaar in tronk en hy kry steeds VIP behandeling. Hy het ons land misbruik vir sy eie siek agenda!!!!!

Peter Says ·

En hy speel nog steeds ‘malkoppie’ en hy gaan dit vir altyd doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.