Dewani het oordosis kalmeermiddels gedrink

Anni Dewani Foto: Facebook (Bron: dailymail.co.uk)

Anni Dewani Foto: Facebook (Bron: dailymail.co.uk)

Die moordbeskuldigde Shrien Dewani het ʼn oordosis kalmeermiddels gedrink om sy vrou se dood te probeer verwerk, het die Saturday Star berig.

Hy het glo die pille gedrink omdat hy gesukkel het om te slaap weens terugflitse en nagmerries. Dié inligting is bekend gemaak in ʼn verslag van die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal wat Vrydag by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingehandig is.

Dewani is Vrydag in dieselfde hof bevoeg verklaar om verhoor te word.

Volgens die verslag is daar geen bewyse dat hy aan kliniese depressie ly nie. Hy ontvang ook nie enige medikasie buiten kalmeermiddels om hom te help om te slaap nie.

Hy moet weer op 9 September in die hof verskyn vir die amptelike voorverhoor en sy saak begin op 6 Oktober.

Sy vrou Anni is op 13 November 2010 tydens ʼn vermeende kaping in Gugulethu in Kaapstad doodgeskiet. Sleutelgetuies wat reeds skuldig bevind is aan die misdaad, voer aan Dewani was deel van die aanval. Hy is in April uit Engeland na Suid-Afrika uitgelewer en staan tereg op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en dwarsboming van die gereg.

Lees ook:
Dewani geskik om verhoor te word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kosie ·

Identiteits probleem? Het dit begin warm raak?
Die verlede haal maar mens in!
Is nie so kuis as wat daar voorgegee word nie. Sondes het die geneigdheid om mens in te haal.

‘n Lewensles. Moet nie die krag van elektroniese kommunikasie soos e-pos onderskat nie.

SNEL ·

Skuldige geweet, beslis nie verlang, pyn en smart nie. Hoop hy kry wat hy verdien.

Andre ·

Dit gaan maar so as jy uitgevang word. Indien hy nie gearresteer was nie sou hy geen trauma of slaapprobleme ervaar het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.