Dewani-moordverhoor: Shrien terug in die hof

shrien-dewani

Shrien Dewani op 6 Oktober 2014 in die Wes-Kaapse hooggeregshof Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA/Pool

Die verhoor van Shrien Dewani, wat van sy vrou Anni se moord beskuldig word tydens hul wittebrood in Kaapstad in 2010, hervat Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die Britse sakeman se prokureur Francois van Zyl het Maandag, op die eerste dag van die verhoor, sy kliënt se pleitverduideliking voorgehou. Dewani het onskuldig gepleit op aanklag van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede, sameswering om hierdie misdade te pleeg en dwarsboming van die gereg.

Dewani het verduidelik hoe hy en Anni slagoffers was van ʼn traumatiese kaping op 13 November 2010. ʼn Bestuurder, Zola Tongo, het die Saterdag met hulle deur Gugulethu gery toe ʼn groep mans die bussie voorgekeer en hul besittings gesteel het. Hulle het Dewani glo uit die voertuig gedwing en met Anni weggery. Haar liggaam is die volgende oggend dood aangetref in die minibus.

Tongo het in sy pleitooreenkoms gesê Dewani het hom R15 000 aangebied om Anni te laat vermoor. Hy is 18 jaar tronkstraf opgelê. Sy medepligtiges, Mziwamadoda Qwabe en Xolile Mngeni, wat Anni doodgeskiet het, is elk 25 jaar tronkstraf en lewenslange tronkstraf opgelê.

Dewani het in sy pleitverduideliking gesê hy het aan posttraumatiese stressindroom gely weens die traumatiese ervaring van die kaping.

Die dokument het ook inligting bevat oor sy persoonlike omstandighede, die verhouding wat hy met Anni gehad het, en bekend gemaak dat hy biseksueel is en seksuele omgang met mans en vroue het.

Klik hier om die verloop van gebeure op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Daar gaan al n film uit wees oor hierdie saga dan sal die saak nog nie afgehandel wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.