Dewani spoedig amptelik aangekla

dewANI

Shrien en Anni Dewani

Shrien Dewani sal amptelik van die moord op sy vrou, Anni, aangekla word, wanneer hy Dinsdag in Kaapstad aankom nadat hy vroeër aan Suid-Afrika uitgelewer is.

Mthunzi Mhaga, ʼn woordvoerder van die departement van justisie, het Maandag gesê Dewani gaan Maandagaand uit Brittanje vlieg en sal Dinsdag in Kaapstad land. Mhaga het gesê Dewani gaan direk na die hof geneem word en behoort na verwagting om 11:30 aangekla te word. “Die Nasionale Vervolgingsgesag het aangedui dat hy steeds teregstaan op aanklagte van sameswering om moord te pleeg en dwarsboming van die gereg,” het Mhaga gesê​​.

Mhaga het gesê hulle is gereed vir Dewani se aankoms en vir die hofsaak.

Dewani het vroeër verskeie kere appèl aangeteken teen sy uitlewering, maar dit is telkens van die hand gewys. Die Londense hoër hof het onlangs beslis dat Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer mag word as die Suid-Afrikaanse regering ʼn onderneming kan gee van hoe lank Dewani sonder verhoor in die land gehou sal word. Dewani het teen uitlewering geveg op grond van sy geestesgesondheid.

Hy word beskuldig van die moord op Anni tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010. Hy word daarvan beskuldig dat hy Anni deur huurmoordenaars laat vermoor het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Lees ook:
Dewani gaan uitgelewer word
Dewani verloor weer appél teen uitlewering
SA gee onderneming oor Dewani
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

En hier gaan hy ook net verder kom ‘malkoppie’ speel en die belastingbetaler se geld verkwis…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.