Dewani terug na Brittanje

shrien-dewani

Shrien Dewanitydens sy verhoor in die Wes-Kaapse hooggeregshof Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA/Pool

Die Britse sakeman Shrien Dewani keer Dinsdag terug na die Verenigde Koninkryk nadat hy Maandag vrygespreek is op aanklagte dat hy die moord op sy vrou beplan het, berig eNCA.

Dewani se vlug sou om 13:20 van die Kaapstad Internasionale Lughawe vertrek. eNCA het selfoonbeeldmateriaal gewys van Dewani wat deur polisiebeamptes op die lughawe vergesel word.

Adjunkregterpresident Jeanette Traverso het Maandag ʼn aansoek deur Dewani se verdediging dat die aanklagte teen hom teruggetrek moet word, toegestaan. Sy regspan het vroeër ʼn art. 174-aansoek ingevolge die Strafproseswet by die hof ingedien en versoek dat die aanklagte teen hom teruggetrek moet word en dat hy vrygespreek moet word.

Dewani se verhoor het op 6 Oktober begin. Hy is aangekla van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en sameswering om hierdie dade te pleeg. Hy is ook van dwarsboming van die gereg aangekla. Dewani het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Hy is op 8 April na Suid-Afrika uitgelewer om verhoor te word. Hy het verskeie kere appèl aangeteken voor hy uiteindelik uitgelewer is. Dewani is daarvan beskuldig dat hy die moord op Anni, tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010, beplan het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Lees alle vorige berigte oor Shrien Dewani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tammy ·

Verban Dewani uit Suid Afrika. Hy het ons land benadeel deur dit aan die wereld te bewys dat as jy wil misdade pleeg is dit die land van keuse. Hy mag nooit weer sy voete hier sit nie. Sies ek skaam my dat sulke mense hier mag besoek!!!! Jaa die goed ver weg!

AvraD ·

terwyl daar mense uit ons land gejaag moet word, daar is BAIE wat nie hier hoort nie…………….

lillian ·

Hy moes in die eerste plek nie toegelaat gewees het om doerie tyd die land te verlaat nie! Hy moes hier gebly het – maar ja … so maklik om weg te kom met moord in hierdie land! en hy het letterlik.

Pragtige beeld wat dit na buite stuur … kom na SA hier kan jy laat moor want geen haan kraai daarna nie.

SAPS julle het teleurgestel, agv julle nalatigheid is ‘n krimineel op vrye voet! Dis omdat daar die “ou manne” wat die werk ken nie meer welkom was in die polisie nie, hul goed gevat het en gewaai het! Nou sit julle met ‘n klomp onbevoegde lede wat nie hul werk na behore kan of wil doen nie! Dis mos net ‘n salaris, pensioen en medies … passie vir die werk bestaan nie! en die handjie vol wat wel ‘n verskil maak word oorskadu deur die sleg en korruptes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.