Dewani-uitspraak binnekort bekend

shrien-dewani

Shrien Dewani op 6 Oktober 2014 in die Wes-Kaapse hooggeregshof Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA/Pool

Die Britse sakeman Shrien Dewani sal na verwagting Maandag uitvind of sy aansoek om ontslag ná sy vrou se moord suksesvol was.

Die adjunkregterpresident van die Wes-Kaap, Jeanette Traverso, sal die besluit neem ondanks ‘n petisie vir haar ontrekking.

Dewani se prokureurs het die aansoek verlede maand ingedien kragtens Artikel 174 van die Strafproseswet. Dié aansoek sal tot ʼn ontslag lei indien die hof bevind dat daar nie voldoende geloofwaardigheid bestaan wanneer die staat sy saak afsluit nie.

Dewani staan tereg op aanklag dat hy saam met die taxibestuurder, Zola Tongo en ander beplan het om sy vrou Anni te vermoor terwyl hulle in November 2010 op hul wittebrood in Kaapstad was.

Tongo dien tans tronkstraf van 18 jaar uit.

Lees al die vorige berigte van Shrien Dewani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.