Dewani vandag in SA

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Shrien Dewani land Dinsdag omstreeks 11:00 in Kaapstad nadat hy vroeër aan Suid-Afrika uitgelewer is. Hy staan tereg vir die moord op sy vrou Anni.

Hy sal van die lughawe direk na die hooggeregshof in Kaapstad geneem word waar hy omstreeks 11:30 amptelik vir Anni se moord aangekla gaan word. Hy staar aanklagte van sameswering om moord te pleeg en dwarsboming van die gereg in die gesig.

Dewani het vroeër verskeie kere appèl aangeteken teen sy uitlewering, maar dit is telkens van die hand gewys. Die Londense hoër hof het onlangs beslis dat Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer mag word as die Suid-Afrikaanse regering ʼn onderneming kan gee van hoe lank Dewani sonder verhoor in die land gehou sal word. Dewani het teen uitlewering geveg op grond van sy geestesgesondheid.

Hy word beskuldig van die moord op Anni tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010. Hy word daarvan beskuldig dat hy Anni deur huurmoordenaars laat vermoor het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Lees ook:
Dewani gaan uitgelewer word
Dewani verloor weer appél teen uitlewering
SA gee onderneming oor Dewani
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Hoe op aarde het sy in hierdie huwelik beland? As dit gereël was, was sy mos oud en groot genoeg om van haar familie te kon vlug?

Baie vrouens het dit al gedoen en ‘n sukses van hul lewens gemaak.

Ek word sommer weer van voor af woedend!!!

Praetor ·

Gaan als oor ‘$$$$$’. Was Oscar maar n posman op n rooi fiets ( of n griller by die Wimpy )sonder al die glamour & glitz – was n tragedie ( soos die een ) nooit op die spyskaart nie.

Peter Says ·

Daar gaan niks van die saak kom nie, hy gaan hier ook net malkoppie speel en belasting geld verkwis.

Jasper ·

Welkom in S.A. Shrien. Jy gaan sekerlik gebruik maak van ons beste gholfbane en modernste privaat hospitale. Noem n kwaal en ons het vir jou n saal.

Jasper ·

Welkom in S.A. Shrien. Ek hoop jy gaan van ons beste gholfbane besoek en gebruik maak van ons modernste privaat hospitale. Noem n kwaal en ons het n saal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.