Dewani weer in die hof

Shrien Dewani op 8 April 2014 in Kaapstad Foto: Leigh-Anne Jansen/eNCA/SAPA

Shrien Dewani op 8 April 2014 in Kaapstad Foto: Leigh-Anne Jansen/eNCA/SAPA

Shrien Dewani verskyn Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof en die hof sal na verwagting terugvoer kry oor sy geestesgesondheid.

Dit sal Dewani se derde hofverskyning wees sedert hy na Suid-Afrika uitgelewer is. Hy staan tereg op aanklagte van sameswering om te ontvoer, roof met verswarende omstandighede, moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg.

Die staat beweer dat Dewani met Zola Tongo, Mziwamadoda Qwabe en Xolile Mngeni saamgesweer het om sy vrou, Anni, te vermoor. Dewani beweer hy en Anni is in November 2010 gekaap terwyl hulle deur Gugulethu in Kaapstad gery het. Anni se liggaam is later in die motor gevind. Sy is doodgeskiet. Die egpaar was op hul wittebrood in Kaapstad.

Dewani is nog nie gevra om te pleit nie. Hy het in Mei in die hof verskyn en is daar gelas dat hy voortgaan om behandeling te ontvang in die Valkenberg-hospitaal in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.