DG bedank te midde van Sassa-skandaal

Argieffoto

Argieffoto

Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het bedank.

Dangor het gesê dit is as gevolg van ʼn verhoudingsbreuk tussen hom en minister Bathabile Dlamini en groot verskille oor die betaling van die welsynstoelaes vanaf 1 April.

Dangor se bedanking kom ure nadat die departement en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) verantwoordelikheid aanvaar het vir die probleme met die betaling van welsynstoelaes aan 17 miljoen begunstigdes.

Dlamini het Vrydag die regering se versekering benadruk dat alle begunstigdes wat in aanmerking kom vir welsynstoelaes, betyds hul geld sal ontvang vanaf 1 April.

Sassa en Cash Paymaster Services (CPS) se kontrak, wat reeds in 2014 deur die konstitusionele hof ongeldig verklaar is, verstryk op 31 Maart 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

w ·

Nog weereens n onbevoegde persoon in sy pos angestel. Mos politieke aanstellings. En weereens ly di pupliek onder “incompetence”sies vi die swak mense in posisies wat hul ni kan handle ni

Grassie ·

Daar is beslis ‘n baie groot skroef los in daardie departement. Hulle het drie jaar tyd gehad om die saak op te los, maar het niks gedoen nie. Selfs die mees onbevoegde topbestuur sal nie so treurig wees nie. En Zuma beskerm die betrokke minister, so hy sit waarskynlik agter die hele storie. Ek hoop die man wat nou bedank het begin praat en vertel wat aan die gang is. Ek glo dit sal ‘n mens se hare laat rys. Iewers is iemand besig om die oues, die armes en die ellendiges se karige inkomste te plunder.
Ons wittes behoort om te sien na ons volksgenote en hand by te sit as bv ons oues nie hul pensioen ontvang nie. Ons kerke behoort hier ‘n rol te speel. Maar gaan ons? Het ons nie ook maar net so ongevoelig geword soos die res van die bevolking nie?

Scalla ·

Bedanking gaan nie die probleem oplos nie, kan hul nie besef hul is nie bevoeg vir die verantwoordelikheid nie, fire sommer ook die bee minister en stel gekwalifiseerde mensee aan, nie z se gabbas nie

Polenys ·

Ons weet CPS word betaal vir die diens. Vraag is nou net? Hoeveel word Dlamini betaal om te sorg dat ‘n nuwe diensverskaffer nié aangestel word nie?

Noxthefox ·

R16.88 per persoon. Nou maal die bedrag met 17miljoen en kyk hoeveel gee cps vir eeee dlamini daaruit.

Johannes van Staden ·

O aarde hier kom nou n ding en dis juis die mense wat so staatmaak op die toelaag wat so aanhou om vir die anc te stem. Kry maar waarvoor jy stem ne….maar ons weet mos hulle leer nie maar nou sal hulle dit voel wat dalk ook goed is.

Chris Ws ·

As die mense wat toelaes moet ontvang van SASSA af net met die volgende verkiesing NIE vir die anc sal stem nie . . . maar nou ja – daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie!

quixilver ·

Hulle wil die geld versprei deur kontant waens vir 17m mense. Net ‘n manier om die gelde te roof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.