DG bedank te midde van verkragtingsaak

Argieffoto

Argieffoto

Loyiso Mbabane, Oos-Kaapse direkteur-generaal, het bedank nadat hy op aanklag van verkragting in hegtenis geneem is.

“Ek wil graag amptelik bevestig dat dr. Loyiso Mbabane met effek van 31 Januarie 2015 as DG van die provinsie bedank het weens wetlike prosesse teen hom,” het Phumlo Masualle, premier van die Oos-Kaap, gesê.

Masualle het Mbabane geloof omdat hy die belange van die provinsiale regering en die premier se kantoor bo sy eie gestel het. Mahlubandile Qwase sal intussen as DG waarneem.

Times Live het Maandag berig dat Mbabane, wat op 5 Januarie as DG begin werk het, daarvan beskuldig word dat hy in 2005 ʼn familielid verkrag het toe sy net 15 jaar oud was. Hy het haar glo weer op 22 Januarie vanjaar verkrag. Hy is die volgende dag in die parkeerarea van sy werksplek in hegtenis geneem.

Mbabane het verlede week in die Oos-Londen-landdroshof verskyn en is borg geweier. Hy moet weer op 25 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

THEA SWART ·

wel wat verwag jy die president stel dan so ‘n mooi voorbeeld vir al sy kaders – use it or lose it is mos die nuwe spreekwoord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.