DG by binnelandse sake bedank

Mkuseli Apleni (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het bedank ná byna tien jaar by die departement.

Apleni het sy bedanking Maandag tydens ʼn mediakonferensie saam met Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, bevestig. Hy het gesê hy gaan hom by die private sektor aansluit.

Apleni is verlede jaar weer in sy pos aangestel nadat hy die destydse minister, Hlengiwe Mkhize, se besluit om hom te skors in die hof betwis het.

Mkhize het destyds geen redes verskaf toe sy Apleni geskors het nie. Apleni het aangevoer die minister wou hom uit die pad gehad het sodat die departement ʼn hofsaak vir miljoene rande kon skik, en hy geweier het om dit te doen.

Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat die minister nie die gesag gehad het om Apleni te skors nie en die skorsing dus “ongrondwetlik” was. Die hof het ook die minister beveel om die koste van die aansoek te betaal.

Op ʼn vraag Maandag oor sy termyn by binnelandse sake, het Apleni gesê: “Die lewe is nie ʼn bed vol rose nie, maar wat belangrik is, is om vorentoe te kyk. Ek is deur almal ondersteun.”

Gigaba het gesê dit is jammer dat die departement ʼn toegewyde staatsamptenaar verloor. “Dit is betreurenswaardig dat ons ʼn staatsamptenaar van sy gehalte verloor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Alex ·

Dit is net jammer daar is geen gehalte by binnelandse sake nie.

magda ·

ek gaan jou mis Mnr Apleni, jy was werklik n man om na op te kyk en Mnr het almal met soveel respek behandel ek is trots om u te ken .. Mnr het soveel stormwaters getrotseer en nooit sou Mnr , mnr se “cool” verloor nie … Die dag toe Mnr by die Dept begin werk het was Mnr se woorde ‘hierdie is nie my werk nie, hierdie is my roeping”. ek vat hierdie woorde saam my waar ek ook sal gaan want elke dag as dinge te veel raak dink ek aan ‘n fenominale man wat nooit sou opgee sonder n ‘fight’ nie, dankie vir die voorreg Mnr dat u vir 10 jaar deel was van my lewe.

gaan U geweldig mis en mag dit met U goed gaan en altyd aan ons sal dink

baie baie liefde

kas ·

Alex,as ek jou kommentaar lees neem ek aan jy het geen geboortesertifikaat geen identiteitsdoikument geen huwelikssertifikaat en as jy kinders het het hulle ook nie hierdie dokumentasie nie want Binnelandse sake lewer geen gehalte diens nie.Ons is die enigste departement wat met elke burger die pad stap,van geboorte tot afsterwe.Oor twee maande gaan ek met pension en na 37 jaar is ek nog nooit spyt ek het vir die dinamiese departement gewerk nie.

belinda ·

stem 100% saam met jou magda, hy is ‘n dierbare mens, gaan hom baie mis, hy sal niemand leed aandoen nie, sal uit sy pad gaan om mense by te staan.

zoom zoom ·

Pleks maak hulle hom hoof van binnelandsesake en dank Gigaba af wat net vir hom en sy zuptas gesorg het.

Tik tok tik tok ·

Mmmmm dalk hou hy nie van iets wat Gigaba mee besig is nie Klink my die werkers het hom gelike Jammer julle die beste loop mos vanself Hoop jul kry weer iemand wat kan opstaan teen euwels

Griet ·

@Kas. Ek het nog altyd goeie diens gekry by binnelandse Sake. Moontlik omdat ek di werkers met dieselfde respek behandel waarmee ek behandel wil word. Ek al gehoor hoe daar met di werkers gepraat word. Soveel so dat ek agterna verskoning daarvoor gemaak het.

Elred Ferreira ·

Dis duidelik dat Kas nog nooit in sy lewe in n tou by Binnelandse sake moes sit vir 6 ure nie….ek aanvaar sy DINAMIESE STAATSDEPARTEMENT is n April grap in Julie!!!

Mariette ·

Mnr Apleni, wat ‘n voorreg om saam met u te kon werk. Hy het homself nooit beter geag as ons nie, en altyd hand in hand saam ons gewerk. Ons het so baie van hom geleer en die leiding wat hy in ons afdeling gegee het was fenominaal. Ons verloor ‘n briljante man maar iemand anders kry ‘n stukkie goud by in hulle maatskappy.

Dankie Mnr Apleni dat ek deel kon wees van jou wenspan. Gaan jou leiding en bystand baie mis.

Alle voorspoed word u toegewens

kas ·

Elred,ek werk vir die departement en ja ek het nog nooit in ‘n ry gewag nie maar ek was al by ander departemente waar ek die volgende dag moes teruggaan vir hulp.Oral waar jy gaam moet jy jou beurt afwag nie net by Binnelandse sake nie en o ja dit is nie ‘n April grap nie dit is realiteit.

marco polo ·

Lyk my julle meneer het ook n groot hand gehad in die Gupta saak.

kas ·

Marco gaan lees gerus weer paragraaf vier van die artikel.Ek kan jou verseker Mnr.Apleni het hom nie opgehou met twak nie.Wat die guptas aanbetref nee hy was nie betrokke nie.Hy is sekerlik iemand op wie ek kon trots wees.Die opgraderings by ons kantore,die kragopwekkers vir beurtkrag en vele ander verbeterings kan aan sy toedoen toegeskryf word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.