Die direkteur-generaal van die departement van openbare werke en infrastruktuur, adv. Steve Vukela, ontken ten sterkste dat hy betrokke was by betalingsongerymdhede en bedrieglike kontrakbestuur.
Dit nadat ʼn forensiese ondersoek deur PricewaterhouseCoopers (PwC) Vukela geïmpliseer het by ongerymdhede wat verband hou met die staatsbegrafnisse van onder andere Winnie Mandela.
Hy voer nou aan hy is erg geskok oor die bevindings, en dat die forensiese ondersoekers hom nie om sy insette gevra het nie. “Dit is uiters kommerwekkend dat ek in die verslag geïmpliseer word. Ek het nooit eers die verslag gesien voordat dit in die parlement ter tafel gelê is nie.”
Intussen het die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, pres. Cyril Ramaphosa gevra om te oorweeg om Vukela af te dank.
De Lille het aan Skoor uitgewys dat dit buite haar mandaat val om op te tree teen Vukela, omdat alle direkteurs-generaal deur die president aangestel en afgedank word.
Dit is die tweede keer in Vukela se loopbaan dat ʼn minister sy afdanking as direkteur-generaal van openbare werke versoek. Die eerste keer was in 2013, maar hy het teen die afdanking geappelleer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Hoe dan anders?
Natuurlik is hy onskuldig!
ANC Leuse: deny, deny, deny……
Enige ander reaksie sou onvanpas gewees het!
Het enige ANC ampdraer al OOIT skuld erken op enige iets? Al is die getuienis so duidelik soos daglig? Sal hulle ooit?